‘Mlungu’, toe stel 3 swartes jong blanke paartjie tereg

Deel op

Die huidige vlaag van swart-op-wit moorde in Suid-Afrika is besig om ‘n crescendo te bereik, met ‘n jong paartjie die jongste slagoffers in wat lyk soos ‘n rassehaatmisdaad. Johanco Fleischman (19) en sy vriendin, Jessica Kuhn (21), is wreed doodgeskiet nadat hul voertuig naby ‘n oorwegend swart woongebied oos van Johannesburg weens ‘n gebrek aan brandstof gaan staan het.

Fleischman het sy oom gebel wat op pad was om hom vir hom diesel vir sy Toyota-dubbelkajuitbakkie te bring. Sy oproep is omstreeks 11:00  die oggend gemaak, maar die oom moes ‘n plek op die pad soek om om te draai en kon nie dadelik die plek bereik nie.

Blykbaar het Fleischman buite die voertuig gestaan ​​toe drie swart mans hom genader het, “mlungu” geskreeu het, wapens uitgepluk en hom verskeie kere geskiet het. Agterop die bakkie het twee swart werkers in diens van Fleischman gesit, maar die aanvallers, wat van dieselfde ras was, het hulle nie aangeval nie. Die werkers is deur die afvuur van die wapens verskrik, het van die voertuig afgeklim en weggehardloop.

Ten minste veertien skote is in totaal afgevuur, aangesien dié aantal patroondoppies by die moordtoneel opgetel is. Met Johanco Fleischman wat op die grond doodgebloei het, het die drie swart aanvallers die wit meisie in die kajuit gesien, om die voertuig gestap en haar met ‘n enkele skoot in die kop doodgeskiet. Dit is later bevestig deur Ross Campbell, ‘n woordvoerder vir ER24-ambulansdienste.

Ten einde getuienis te vernietig, het die moordenaars daarna voortgegaan om die voertuig aan die brand te steek. ‘n Inwoner van die nabygeleë Crystalpark het die brand net na 12:00 opgemerk en die nooddienste ontbied. Sy wou nie geïdentifiseer word nie omdat sy bang was dat die lewens van haar familielede bedreig kon word wat saam met haar was toe sy die grutoneel ontdek het.

Johanco Fleischman se oom, wat hom as kind versorg het, is so getraumatiseer deur die ontdekking van sy dooie nefie dat hy Sondagaand steeds besig was om te huil.

Die ooggetuies van Crystalpark het die grutoneel beskryf wat hulle teëgekom het. Alhoewel sy lyf met koeëls deurtrek is, was Johanco Fleischman nog nie dood nie, maar het geroggel vir asem terwyl hy besig was om dood te bloei.

“Die seun het langs die voertuig op sy rug gelê,” het die anonieme vroulike ooggetuie gesê. “Ek weet nie hoeveel keer hy geskiet is nie, maar oral was daar baie bloed.”

“Hy het swaar deur sy mond asemgehaal. Dit was nie ‘n aangename gesig nie, “het sy gesê.

Daar was oral mense wat rondom die moordtoneel gestaan het, maar niemand het ‘n ambulans gebel nie. Die vrou en haar man het ER24 en die polisie ontbied.

Die omstanders het probeer om ander voertuie te laat stilhou en gevra vir brandblussers. Hulle het ook die meisie uit die voertuig gesleep.

“Een van die mans op die toneel het die meisie se pols geneem, maar daar was niks nie,” het die ooggetuie voortgegaan. “Hy het toe haar gesiggie bedek terwyl ons op die nooddienste wag.”

Die passasiersdeur het ‘n koeëlgat vertoon, met nog ‘n gat deur die sitplek. Daar was verdere koeëlgate in die agterdeure, en die patroondoppies het op die grond verstrooi gelê.

Die motief vir die moord was duidelik nie roof nie, aangesien die moordenaars nie die egpaar se juweliersware gebuit het nie, insluitend goue halssnoere en Jessica Kuhn se ring. Maar een van hul selfone is geneem, waarskynlik om te verhoed dat iemand hulp soek.

Foto’s van hul lyke wat deur die goudkleurige materiale van ER24 bedek is, het gou op sosiale media versprei.

Johanco Fleischman en Jessica Kuhn het mekaar net in Februarie vanjaar ontmoet, maar was baie verlief.

Die seun se oupa, Willie Fleischman, het gesê dat Johanco se ma “gebroke” was. Nie net was hy haar jongste kind nie, maar ook haar enigste seun.

“Johanco was een van die mooiste seuns wat iemand kan hê,” het Willie Fleischman gesê. “Hy het nooit kwaad geword nie, nooit met enigiemand baklei nie. Jess was ook ‘n pragtige mens. Baie vriendelik, nooit dikbek nie. Die twee het so goed bymekaar gepas.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.