Suid-Afrikaanse ondergang byna so erg soos oorloggeteisterde lande s’n – verslag

Deel op

‘n Internasionale ekonomiese dinkskrum het bevind dat Suid-Afrika ‘n “buitengewone afgang in ‘n hele reeks aanwysers ondergaan het”. Volgens Claude Baissac, hoofuitvoerendebeampte van Eunomix, “vertel hierdie buitengewone daling vir ons dat dít wat ons reeds weet, wat aan die gang is, wat ons daagliks beleef, waar, verreikend en struktureel is. En ernstig.”

Claude Baissac

‘n Kwarteeu nadat rasse-“bevryding” aangekondig is, is Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer meer as 27 persent. Wat mense onder 35 betref, is die koers ‘n onrusbarende 53 persent — een van die hoogstes ter wêreld.

Die swart ANC-regering maak herhaaldelik beloftes, veral tydens verkiesingsveldtogte, om werk te skep. Maar dis nie in staat om daaraan te voldoen nie. Al wat sedert 1994 gefloreer het, is oop grense, naakte korrupsie en byna geen aanspreeklikheid nie.

Vir die eerste keer sluit die nuwe manifes van die ANC vir die 8 Mei-verkiesings, die party se verbintenis in om die vloed van ongedokumenteerde immigrante oor die landsgrense heen te probeer stuit.

Die party sê dit sal “streng maatreëls neem teen ongedokumenteerde immigrante wat betrokke is by misdadige aktiwiteite in die land of in ‘n oorgrensmisdade, waaronder diegene wat betrokke is by die onwettige handel en verkoop van afgewaterde kos in lokasies en dorpe”.

Tydens  sy toespraak by die Moses Mabhida-stadion in Januarie het president Cyril Ramaphosa gepraat oor die behoefte aan “doeltreffende grensbeheer.”

Die Internasionale Monetêre Fonds het in April Suid-Afrika se geprojekteerde BBP-groeikoers vir 2019 van 1,2 persent verminder, en verwys na beleidsonsekerheid oor grondbesetting, die hoë vlakke van korrupsie en herhaalde kragonderbrekings, asook die benadeling van beleggersvertroue.

Die ANC-bewind se teiken is om werkloosheid met die helfte te verminder, tot sowat 14 persent in 2020, maar dit is “onwaarskynlik dat dit sal plaasvind,” sê die Wêreldbank in ‘n 2018-verslag.

Die massiewe werkloosheidsyfer het apatie onder kiesers aangevuur , met die Verkiesingskommissie ‘n daling van 47 persent in geregistreerde kiesers op die ouderdomme 18 en 19 bemerk. Ongeveer tweederdes van die nege miljoen stemgeregtigdes wat nie die moeite doen om te registreer nie is onder 30 jaar oud.

Met laer toelatingsvereistes, het toegang tot hoër onderwys verhoog, met die aantal gegradueerdes van openbare universiteite wat meer as verdubbel het van 92 874 in 2000 tot 203 076 in 2016.

Ondanks die verhoogde universiteitstoelatings, toon nuwe navorsing deur die Eunomix-dinkskrum vir sake en ekonomie het dat Suid-Afrikaanse aanwysers oor die afgelope 12 jaar die ergste gedaal het van enige land wat nie in oorlog verkeer nie.

Gemeet aan ‘n verskeidenheid van sosiale, ekonomiese en bestuursgegewens, het Suid-Afrika meer versleg as enige ander land wat nie by ‘n internasionale of burgerlike konflik betrokke was nie, volgens Eunomix. Net konflikgeteisterde lande soos Mali, die Oekraïne en Venezuela het oor die afgelope dekade erg as Suid-Afrika agteruit geboer, het Eunomix gesê.

Gemeet aan ‘n indeks van veiligheid-, beheer-, voorspoed-, en welsynsaanwysers het Suid-Afrika verlede jaar gedaal tot nommer 88 uit 178, vergeleke met die 31ste posisie wat die land in 2006 beklee het. Die dinkskrum blameer die afgelope nege jaar van verslegtende korrupsie en beleidsverlamming.

Ramaphosa, wat sy eerste nasionale verkiesing op 8 Mei in die gesig staar, loop “die sterkste moontlikheid om ‘n eentermynpresident te word,” het die hoof van Eunomix, Claude Baissac gesê.

Baissac het teenoor Bloomberg verklaar: “Hy begin met ‘n baie swak ekonomie, die swakste van enige president sedert Mandela. Hy begin met ‘n redelike swak hand vanuit ‘n politieke oogpunt. “Ramaphosa bevorder die idee van grondgryp terwyl Mandela ‘n vooruitstrewende ekonomie van die voormalige apartheidsregering geërf het.

Landbou in die land verkeer in ‘n toestand van skok ná Ramaphosa gedreig het om blanke grond “sonder vergoeding” te onteien.

“Die ontwikkelingstaatsprojek het misluk. Suid-Afrika is nou ‘n brose staat, en sal na verwagting voortgaan om te verswak,” sê Eunomix. “Staatsprestasie het in Suid-Afrika sy hoogtepunt in 2007 bereik, die jaar toe die ekonomie en staatsbestuur op hul beste was. Sedertdien het die staat deurlopende daling in alle kernaanwysers van prestasie ervaar. “

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.