Dan Roodt: En sê nou ons ignoreer die ANC-verdrukker?

Deel op

Feitlik alle nuus in Suid-Afrika is ANC-nuus. Die regerende terroristebeweging (ek dink die woord “party” is ietwat onvanpas) het soveel beheer oor die hoofstroommedia in ons land dat sy mediaverklarings feitlik klakkeloos as “die waarheid” (prawda!) gepubliseer word. Gister het Nathi Mtetwa die ou dodesel by Pretoria-sentaal besoek om daar hul opgehangde “kameraad”, Solomon Mahlangu, as martelaar op te hemel. Onder andere het hy gesê dat “Jan van Riebeeck vir sy dood verantwoordelik was”. In ‘n koor gee News24, City Press en veral Rapport die stellings van Mthethwa weer.

Die hoofstroommedia skep veral die indruk — presies wat hul ANC-base verlang — dat Solomon Mahlungu “onskuldig deur die wrede apartheidsbewind tereggestel is”. Nêrens word in vandag se mediaberigte vermeld dat Mahlangu medepligtig was aan ‘n terreuraanval op ‘n pakhuis van die John Orr-afdelingswinkel op 13 Junie 1977 nie. In daardie aanval het Mahlangu en sy medeterroris, Monty Motloung, twee onskuldige, ongewapende blanke mans, Rupert Kessner en Kenneth Wolfendale, doodgeskiet en twee ander, Peter Hartogh en Robert Bagg, gewond.

Dit is dalk belangrik om te wys op die leuenagtige propaganda van die ANC-bewind. Of om die groteske korrupsie, diefstal en oneerlikheid aan die kaak te stel waaraan hy en sy kaders hul oor die afgelope 25 jaar van tirannie skuldig gemaak het.

Maar, en dis die punt van dié stuk, eintlik voed ons die ANC se propaganda en opgeblase selfverheerliking deur hoegenaamd aandag daaraan te gee. Die ANC-ministers en -amptenare lieg soos tandetrekkers; wat anders kan ons verwag? Hulle steel soos die legendariese Siciliaanse mafia nooit kon nie; dis tog alles “deel van die pakket”, nie waar nie?

‘n Bejaarde man wat ek eens geken het en ‘n hoë pos in die vorige staatsadministrasie beklee het, het op ‘n keer aan my gesê dat hy sy intekening op Beeld opgesê het want hy kon al die politieke berigte op die voorblad van dié liberale koerant nie meer verdra nie. Nie soseer vanweë die politieke strekking nie, maar omdat dit meesal oor die ANC en sy swart potentate gehandel het. “Dis nie nuus nie. Dis alles net kafferkaskenades,” het hy dit pront gestel. Hy is intussen oorlede, dus kan niemand hom soos Vicki Momberg hof toe sleep vir crimen injuria nie en vir seker keur ek nie sy rassistiese taalgebruik goed nie. Maar die woord “kaskenades” som ons verdrukker en oorheerser, die ANC, se doen en late nogal goed op!

Volgens die HAT, beteken

“kaskenade” ‘n “ondeunde streek, kattekwaad; prettige gedoente: Allerhande kaskenades aanvang, uithaal. As ons die seuns nie keer nie, gaan hul kaskenades handuit ruk. Die kaskenades van Uilspieël. (Uit Frans: gasconnade).

Nou sal die leser seker uitroep: “Maar die ANC se kaskenades het lankal handuit geruk! Meer as handuit, hulle het klaar die land vernietig!”

Goed en wel. Al wat liberale joernalis is, skryf deesdae ‘n boek oor die korrupsie by Eskom. Of Zuma se kaskenades. Of die Guptas s’n. Of Ace Magashule. Of wie ook al.

So pas het RW Johnson, elkeen se gunsteling- liberale Engelsman vandat hy ANC-kritikus geword het, nóg ‘n boek gepubliseer waarin hy ons nog iets vertel wat ons reeds geweet het: Die verrotting het reeds onder Mandela en Mbeki begin. Die boek se naam is blykbaar Fighting for the dream (Jonathan Ball, 2019). En natuurlik publiseer Rapport vandag ‘n lang uittreksel daaruit. Want wat ontnugterde Engelsmanne oor die ANC skryf, is baie belangriker as wat Afrikaners dink.

Vandaar dus my pleidooi: om ons rug te keer op die ANC en sy kaskenades en selfs op RW Johnson. Dis nie belangrik nie. Laat ons nie ons verdrukker en besetter verder met ons kosbare Afrikaneraandag vereer nie.

Wat Afrikaners dink, hoe hulle voel, wat hulle ervaar, hul ekonomiese, veiligheids- en ander probleme, is oneindig belangriker as die jongste een of twee miljoen rand wat ‘n ANC-politikus in ‘n swart plastieksak vir ‘n kontrak of tender ontvang het. Totdat ons van die verdrukker ontslae is, is ek bevrees, gaan korrupsie, geweld en onreg daaglikse voortduur.

Overgezet synde: Ons moet fokus op die oplossing, nie op die probleem nie. Die hoofstroommedia, die alwetende Engelse en die babbelende akademici fokus op die probleem van ANC-kaskenades, nie op hoe ons vir altyd daarvan ontslae kan raak nie.

Ek wil nou nie weer in ‘n rassedebat betrokke raak nie, maar iets wat ek raaksien, is dat die swartman, en veral die swart politikus of “leier” hou van aandag. Selfs: hulle gedy op aandag. Kyk maar vir Malema. Hy dra ‘n baret en ‘n rooi uniform sodat mense hom moet raaksien. Daarteenoor is ons Afrikaners stemmige mense. Meer nog as ons Nederlandse en Vlaamse broers, is ons deur die Engelse beïnvloed om stemmig, selfs stoïsyns, te wees. In dele van Londen sal jy nie ‘n werk kry as jou das te uitspattig van kleur is nie. Ten minste, só sê hulle. In ons ou Weermag en in die ou Afrikaanse skole, was onberispelike netheid en stemmigheid ‘n voorvereiste. Jy het nie in die rye gepraat nie. Of getoitoi nie.

Pieter Mulder het mos op ‘n stadium in ‘n boektitel gevra: “Kan Afrikaners toi-toi?” Ek sou sê: Nee. Ons het nog nooit getoi-toi nie, en ons gaan ook nie begin nie. Op die vlak van buitebande brand en luidrugtig wees, is die swartman ons een voor. Kom ons erken dit maar. Net soos ons op soveel ander vlakke, dié van organisasie, welvaartskepping, eerlikheid, korrupsieloosheid, patriotisme, die ander groepe rondom ons voor is.

Terloops, die woord “toi-toi” verskyn reeds in my leergebonde, 2000-uitgawe van die HAT (die enigste wat ek ooit gebruik aangesien die meer onlangse woordeboeke begin het om Engelse woorde in Afrikaans in te voer) en word só omskryf:

toi-toi ww. (getoi-toi) (waarskynlik uit Xhosa) ook toyi-toyi Militante dans, veral tydens ‘n optog uitgevoer, waardeur die skare opgesweep (kan) raak.

Dog ook die toi-toi verteenwoordig ‘n vorm van ekshibisionistiese kaskenade, van luidrugtig wees, van raakgesien te word. Die korrupte ANC-politikus of Eskom-amptenaar in sy duur Duitse motor en ontwerpersklere vestig insgelyks die aandag op hom- of haarself. Vertoon is waarom dit gaan.

Deur die aandag van die toi-toiende skare of politikus met sy blouligbrigade en gesteelde miljoene te weerhou, is dalk ‘n meer doeltreffende manier om die vyand te bestry as met goed beredeneerde argumente of eindelose beroepe op Westerse sedes en norme, wat in elk geval geïgnoreer gaan word.

Op ‘n manier word Afrikaans en Afrikaners reeds deur die ANC-terroristebewind (en sy Engelse meelopers) geïgnoreer. Ons en ons taal en ons geskiedenis en ons plekname maak nie meer saak nie en het opgehou bestaan. Slegs Engels en ANC-name (soos dié van die mislukte klein terroris, Solomon Mahlangu) is in tel.

Kom ons verhang die bordjies. Al wat saak behoort te maak, is ons eie doen en late, ons eie aktiwiteit en georganiseerde pogings om ons vanuit dié korrupte dwingelandy te bevry.

Laat die vyand en sy potsierlike kaskenades geïgnoreer word. Soos die regter aan die advokaat sonder ‘n toga gesê het: “Ek sien u nie.”

Ons hoef nie die beleefde aanspreekvorm “u” vir die ANC of selfs vir sy hoofnar, Cyril Rampokker self, te gebruik nie. Ons hoef bloot te sê: “Ons sien julle nie.” Julle maak nie meer saak nie. Al steel julle ons geld, al dreig julle ons met volksmoord, ons sien dit nie eens meer raak nie, want ons verwag niks anders van julle nie.”

Aan die ander kant, verdien elke poging om die Afrikanersaak te bevorder, hoe gering ook al, ons aandagtige belangstelling. Dit is nuus! Dáároor moet berig word en rubrieke geskryf word. Gedurig moet ons mekaar aanmoedig om oplossings te bedink vir die vele penaries waarin ons ons bevind: die gebrek aan energie (Eskom), werkloosheid of armoede onder Afrikaners, duur vervoer, die onderdrukking van Afrikaans deur die staat en universiteite, ens.

‘n Boer maak ‘n plan. Dit het ons al oor en oor bewys. Ons het Suid-Afrika uit die barre veld opgebou tot ‘n land wat vele Europese lande met ou, gevestigde beskawings verbygesteek het.

Soos ‘n swart advokaat nou die dag honend reageer op ‘n twiet deur Gustav Venter, is ons moontlik in die laat tagtigerjare en vroeë negentigerjare deur die vyand verslaan of tot oorgawe gedwing:

Kom ons aanvaar dit só: Ons is oorwin en tans word ons land deur die ANC-terreurbeweging wat vanuit Engeland, Oos-Duitsland, Angola, Tanzanië, Zambië en elders opgeruk het, beset. Trouens, alles — die geplunder, die onderdrukking van ons kultuur, die verkragting van ons vroue en meisies — dui op ‘n besetting.

Presies hóé ons die besetter weer oor die grense gaan terugjaag tot in Engeland, Duitsland, Angola, Tanzanië en Zambië is tans nie só belangrik nie. Die groot vraag is of ons steeds oor die wíl daartoe beskik.

Indien wel, kan ons mos nie daarin berus dat die ANC-terroristebewind wat tans ons land van ‘n kant af besteel — iets wat selfs in kleurige terme deur sy liberale pleitbesorgers beskryf word — ‘n wettige en legitieme regering verteenwoordig nie. Hulle is net ‘n spul linkse rampokkers wat ons oorheers en verdruk.

Van nou af aan moet ons hulle ignoreer. Hulle is bloot ‘n plaag wat bestry en nie erken moet word nie.

Ons behoort nie langer hul kaskenades met ons aandag te vereer nie. Los dit maar vir liberale Engelse soos RW Johnson.

Hoeveel Porsches Khulubuse Zuma verongeluk het of hoeveel R500 000’e Andile Ramaphosa in sy rekening van Gavin Watson se Bosasa-maatskappy ontvang het, kan my nie verder skeel nie.

Al wat vir my saak maak, is of ons eie mense vordering maak of nie.

Die res is, soos hulle sê, ou nuus.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.