Twintig miljoen Nigeriese immigrante op pad na Suid-Afrika

Deel op

President Cyril Ramaphosa het so pas aangekondig dat 20 miljoen Nigeriese immigrante binne die volgende vyf jaar in Suid-Afrika ontvang sal word. Kanada en ander Statebondslande gaan tot hul reis- en hervestigingskostes bydra.

Die Suid-Afrikaanse president, asook mnr. Justin Trudeau van Kanada en die Nigeriese staatshoof, Muhammadu Buhari, het onlangs ‘n geheime spitsberaad gehou waartydens “groter bewegingsvryheid tussen Afrika- en Statebondslande” bespreek is.

Die premier van Kanada, mnr. Justin Trudeau, tydens die ‘Gay Pride’-parade in Toronto in 2015.

“Sowel Suid-Afrika as Kanada beskik oor aansienlike grondgebied, maar het behoefte aan meer mense,” het mnr. Justin Trudeau gesê. “Nigerië, aan die ander kant, het ‘n bevolking van 200 miljoen maar nie genoeg grond en huisvesting vir al sy mense nie. Daarom het ons besluit dat 40 miljoen Nigeriese emigrante oor die volgende vyf jaar in Kanada en Suid-Afrika verwelkom sal word: 20 miljoen vir Kanada en 20 miljoen vir Suid-Afrika. Kanada, die Verenigde Koninkryk, Australië en Nieu-Seeland sal tot die reis- en hervestigingskostes van die Nigeriërs bydra.”

‘n Meningspname deur Pew Research in 2017 het aangetoon dat 74% van die 200 miljoen burgers van Nigerië “die land sal verlaat indien hulle oor die middele beskik” (sien grafiek in Engels hiernaas).

‘n Nigeriese dame wat Suid-Afrika gereeld besoek en reeds eiendom in die land besit, het aan Praag gesê: “Almal wil Lagos verlaat. Dis hel.”

Volgens president Ramaphosa, gaan die Nigeriese immigrante ‘n “sleutelrol” speel om ons ekonomie te laat groei. “Almal praat van Afrika se demografiese dividend, en dis nodig dat ons ook daarin deel,” het Ramaphosa gesê. “Die Nigeriërs in Suid-Afrika lewer reeds ‘n groot bydrae in sowel die geloofsgemeenskap as die farmaseutiese bedryf. Hulle is ondernemend en skep werksgeleenthede wat weer tot ekonomiese groei lei.”

Kanada sal onmiddellik 30 miljard Kanadese dollar (ongeveer R322 miljard) vir die Nigeriese “groot trek” na Suid-Afrika beskikbaar stel. “Kanada is ‘n land wat afhanklik is van immigrante,” het mnr. Justin Trudeau gesê. “Hulle laat ons ekonomie groei en verryk ons kultuur. Daarom wil ons Suid-Afrika proaktief help om dieselfde sukses met immigrante as Kanada te behaal.”

Nigeriërs wat na Suid-Afrika immigreer sal vir die eerste tien jaar nie belasting hoef te betaal nie. “Ons wil dit vir hulle aantreklik maak om hierheen te kom. Mnr. Tito Mboweni en mnr. Edward Kieswetter (die pas aangestelde hoof van SARS) sal binnekort ‘n aankondiging hieroor maak, sodra die staking by die Inkomstediens beëindig is,” het Ramaphosa gesê.

Die Afrika-Unie steun insgelyks groter bewegingsvryheid op die vasteland. “Soos in die Europese Unie, moet ons mense vrylik van een land na ‘n ander kan beweeg,” het ‘n woordvoerder van die AU in Addis Ababa gesê.

Ook die opposisiepartye om Suid-Afrika het die aankondiging verwelkom. “Dis ‘n geleentheid vir Suid-Afrika,” het Mmusi Maimane, die leier van die DA, gesê. Floyd Sivambu van die EFF meen “dis lankal tyd dat koloniale grense opgehef word en dat Afrika een land en een gemeenskap word. Ons en die Nigeriërs is broers.”

Die Nigeriërs sal hoofsaaklik in Gauteng en die Wes-Kaap hervestig word. Sommige gaan egter ook in Limpopo en in Noordwes plase ontvang waar hulle sal kan boer.

Eskom het by navraag gesê dat “die Nigeriërs die vraag na elektrisiteit sal laat toeneem. Maar ons is vol vertroue dat ons die uitdaging te bowe sal kom,” het ‘n woordvoerder verklaar.

Die enigste kritiek teen die koms van die Nigeriërs is deur mnr. Peter Marais, die VF Plus se premierskandidaat in die Wes-Kaap, uitgespreek. “Ons in die Wes-Kaap het al klaar nie genoeg water nie; wat gaan ons nog met miljoene Nigeriërs maak? Selfs al hervestig Justin Trudeau hulle almal in Kampsbaai en Clifton, gaan hulle nog ons water opdrink. Hier is genoeg dop, maar nie genoeg dam nie. Dit klink vir my soos ‘n slegte Aprilgrap.”

Die Kanadese ambassade in Pretoria is vir hul reaksie op Marais se stellings gevra, maar het tot dusver nie gereageer nie. Hul e-posstelsel het bloot ‘n outomatiese boodskap uitgestuur met die woorde:

“Vandag is ‘n LGBTQ-vakansiedag in Kanada en daarom is ons nie op kantoor nie. Ons waardeer u navraag en sal so gou moontlik by ons terugkeer daarop antwoord.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.