Dan Roodt: Wet van Transvaal, daarom is ons arm

Deel op

Dis geen wonder ons is so arm nie! Diegene wat ons geld maandeliks vat met buitensporige pryse en fooie:

  1. Selfoondienste.
  2. Internetdienste.
  3. Elektrisiteit vanaf “Shittypowa” (City Power as jy in Johannesburg bly) of Eksdom, nou weer met 10% verhoog!
  4. Eiendomsbelasting (jou R2m-huis waardeer die ANC-munisipaliteit teen R4m).
  5. BTW (onlangs verhoog na 15%).
  6. Brandstof (word volgende week met R1,25 per liter verhoog, waaronder die heffings/belastings).
  7. Bankfooie en rente. Ek het die heel goedkoopste rekening by FNB wat veronderstel is om R5.80 per maand te kos. Wel, verlede maand vra hulle my toe R98 aan bankfooie! Dit word seker aan swart sokker geskenk, as dit nie die sakke van die FNB-bestuur vul nie. Soos daardie Michael Jordaan, vorige hoof van FNB, wat so bly was toe Afrikaans by Tukkies afgeskaf is.
  8. Kospryse. Dit styg aanmekaar, maar ons boere wat dit produseer kry seker een of twee persent daarvan; die res gaan aan die supermarkte en middelmanne.
  9. Belastings. As jy ‘n salaris verdien, is jy in ‘n hoek, want jou werkgewer trek elke maand LBS af en betaal dit oor aan die sg. “SARS” wat tans staak en dit namens die ANC-bewind invorder; en hulle beskou jou belastings as hul persoonlike sakgeld. Ons maatskappybelasting is van die hoogste ter wêreld. Dan nog kapitaalwins- en dividendbelasting. As jy rook of drink, kry ek jou klaar jammer, maar jy is verál ‘n ANC-melkkoei.
  10. Vervoer (sien 6 hierbo). Ons het min of geen openbare vervoer nie, ten spyte van al die hoë belastings. Die Gautrein is van die duurste ter wêreld. Tussen Pretoria en Johannesburg kos dit naby aan R3000 per maand. In die meeste wêreldstede kan jy vir omtrent ‘n R1000 per maand oral heen ry waar jy wil met busse, treine, moltreine, trems, ens. Onthou: hulle salarisse is 3 tot 4 keer hoër as ons s’n! Jou alternatief is ‘n Toyota wat jy gaan finansier teen buitensporige rente en waarvan die waarde begin daal sodra jy dit by die handelaar in ontvangs neem. En Toyota het so pas vir Steve begin boikot. Jy kan begin fiets ry, maar jy sal jou lewe waag tussen roekelose bestuurders en, anders as in Nederland, is daar geen fietspaaie nie.
  11. Mediese fondse. Die hospitale (openbaar en privaat) gaan agteruit, medici emigreer, maar jy moet duisende rande per maand aan ‘n mediese fonds bestee, ingeval ‘n taxi in jou vasry en jy in die intensiewe sorg opeindig. Want taxi’s kan ry soos hulle wil en die verkeerspolisie stel net belang in tjôtjô.
  12. Versekering. Amper vergeet ek van dié outjie! Jy het motorversekering, huisversekering, huisinhoudversekering, lewensversekering, want niks is veilig nie. Daar is inbraak, diefstal, motorkapings, gewapende roof en moord. En die versekeringsmaatskappye betaal net hoë bonusse en salarisse aan hul besture uit, of gaan SEB-transaksies van miljarde met ANC-verbinde “sakemanne” aan. Meneer, mevrou, mejuffrou… dis jóú geld wat daar verkwis word!

Wat bly oor? Geen wonder ons trek soos armblankes aan en raak oorgewig van ‘n witbrood-en-Coke-dieet nie. Enige koopkrag wat ons gehad het, is “onteien sonder vergoeding”.

As ons nie al hierdie parasiete van ons afskud nie, gaan ons en ons gesinne nie kan oorleef nie…! En dis moontlik. Ons moet net buite die kassie begin dink. Ons voorouers het feitlik sonder geld hierdie hele land gebou, want hulle kon planne maak. Ons kan ook!

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.