Ná jare van korrupsie, plundery en wanbestuur, is Eskom kennelik besig om al hoe verder in duie te stort want die elekrisiteitsverskaffer het gister (Saterdag) deurnagbeurtkrag van 16 tot 17 Maart aangekondig. Terwyl Eskom die Mosambiekse tifoon daarvoor blameer, is dit heel waarskynlik die onbekwaamheid van sy aardig besoldigde en korrupte topbestuur en amptenare wat daarvoor verantwoordelik is.
In ‘n twiet vermeld Eskom in sy gewone ANC-eentalige Engels:
#POWERALERT 4
Date: 16 March 2019Eskom to loadshed throughout the night and all day on Sunday @CityPowerJhb @eThekwiniM @CityPowerJhb @IOL @CityTshwane @SABCNewsOnline @ewnupdates @TimesLIVE @MangaungCity @CityofCT @News24 pic.twitter.com/FqxaBofAbe
— Eskom Hld SOC Ltd (@Eskom_SA) March 16, 2019
Daar word verwys na ‘n “verlies aan keppêssitie” en die tifoon in Mosambiek. Blykbaar voer Suid-Afrika elektrisiteit van Mosambiek in — seker deel van ‘n korrupte transaksie — terwyl daar al jare lank elektrisiteit gratis of met nie-terugbetaalbare lenings aan die Zimbabwe-monster verskaf word.
Opvallend ook is hoe sekere woonbuurte naby Megawattpark in Sandton, waar die meeste van Eskom se korrupte miljoenêrbestuurders woon wat al jare lank die elektrisiteitsreus besteel, nie deur beurtkrag geraak word nie… Hulle ligte bly aan.
In sy reaksie het dr. Dan Roodt van PRAAG twee twiets in die rigting van Eksdom afgevuur:
@Eskom_SA Wanneer gaan julle jul beurtkragaankondiginkies in Afrikaans beskikbaar stel, julle Engelse maaifoedies?! As die geskiedenis oor SA ondergang geskryf word, gaan dit in Afrikaans wees, dus sal ons dit wil aanhaal.
— Lackadaisical Dan (@danroodt) March 16, 2019
Asook:
iLoadshedding continues… If the ratings agencies do not downgrade South Africa to ZZZ minus after this, their managers should be replaced by #Eskom managers.
— Lackadaisical Dan (@danroodt) March 16, 2019