Zimbabwe binnekort sonder brood weens valutatekort

Zimbabwe kan binne ‘n week sonder brood wees nadat meelvoorrade afgeneem het weens die land se versuim om  vir ingevoerde koring te betaal, volgens ‘n vertroulike brief wat Maandag aan bakkers deur die land se graanmeulenaarsgroep geskryf is.

Dié radikale, afrosentriese land wat berug is weens sy antiblanke maatreëls en grondgryp, verkeer in die greep van ‘n ernstige tekort aan Amerikaanse dollars wat tekorte aan brandstof en medisyne veroorsaak, aangesien president Emmerson Mnangagwa sukkel om sy voorverkiesingsbeloftes na te kom om die chaotiese ekonomie vinnig te laat herleef.

Zimbabwe voer koring in, wat met plaaslike graan vermeng word om meel vir brood te maak. Brood is die land se naasgrootste stapelvoedsel na mieliemeel.

Lynette Veremu, hoofbestuurder van die Graanmeulenaarsvereniging (GMAZ), het aan die Nasionale Bakkersvereniging van Zimbabwe (NBAZ) geskryf om te sê dat die land nie in staat is om te  betaal vir 55 000 ton koring in doeanebeheerde pakhuise in Mosambiek en Harare nie.

“Ons is jammer om te adviseer dat die huidige voorrade van ingevoerde koring vir broodmeel tot 5 800 ton uitgeput is en dat ons minder as agt dae se nasionale broodmeelvoorraad het,” lui die brief.

Die woordvoerder van GMAZ, Garikai Chaunza, het die brief bevestig en gesê: “Dit is die situasie waarmee ons gekonfronteer word.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.