Zimbabwe kan binne ‘n week sonder brood wees nadat meelvoorrade afgeneem het weens die land se versuim om vir ingevoerde koring te betaal, volgens ‘n vertroulike brief wat Maandag aan bakkers deur die land se graanmeulenaarsgroep geskryf is.
Dié radikale, afrosentriese land wat berug is weens sy antiblanke maatreëls en grondgryp, verkeer in die greep van ‘n ernstige tekort aan Amerikaanse dollars wat tekorte aan brandstof en medisyne veroorsaak, aangesien president Emmerson Mnangagwa sukkel om sy voorverkiesingsbeloftes na te kom om die chaotiese ekonomie vinnig te laat herleef.
Zimbabwe voer koring in, wat met plaaslike graan vermeng word om meel vir brood te maak. Brood is die land se naasgrootste stapelvoedsel na mieliemeel.
Lynette Veremu, hoofbestuurder van die Graanmeulenaarsvereniging (GMAZ), het aan die Nasionale Bakkersvereniging van Zimbabwe (NBAZ) geskryf om te sê dat die land nie in staat is om te betaal vir 55 000 ton koring in doeanebeheerde pakhuise in Mosambiek en Harare nie.
“Ons is jammer om te adviseer dat die huidige voorrade van ingevoerde koring vir broodmeel tot 5 800 ton uitgeput is en dat ons minder as agt dae se nasionale broodmeelvoorraad het,” lui die brief.
Die woordvoerder van GMAZ, Garikai Chaunza, het die brief bevestig en gesê: “Dit is die situasie waarmee ons gekonfronteer word.”