Leon Lemmer: ‘Die opkoms en ondergang van die Afrikaners’?

In 2018 is Jean Oosthuizen se boek, Die opkoms en ondergang van die NG Kerk, gepubliseer (Praag 28.10.2018). Vanjaar het ‘n bundel opstelle van Hermann Giliomee verskyn, The rise and demise of the Afrikaners (Cape Town: Tafelberg, 2019, 360p, R350). Albei bring ‘n ontstellende, aktuele boodskap: Afrikanerkultuur is (vinnig) besig om in sy swernoot te gaan. Drie van die pilare waarop die Afrikanerdom gebou is – die NG Kerk, die Nasionale Party en die Broederbond – het ingetuimel of is besig om tot niet te gaan. Die implikasie is dat nie net die kultuur (bv Afrikaans) van hierdie etniese groep besig is om in sy peetjie te gaan nie, maar hierdie etniese groep as sodanig; dus dat daar vorentoe nie meer mense gaan wees wat as Afrikaners herkenbaar sal wees nie. Op die voorkant van die boek word die historikus, Tony Judt (1948-2010), soos volg aangehaal: “The Afrikaners are one of three ethno-nations that may disappear in the 21st century.” Giliomee opper die moontlikheid van “the end of the Afrikaners as a community over the next twenty-five years” (p vi). Hoe verdwyn die Afrikaners? As hulle bv nie meer blank is nie en verengels het of uitgemoor is.

Die genoemde twee boektitels weerspieël wat aan’t gebeur is: ‘n Mens sou dink dat ‘n boek wat in Suid-Afrika oor Afrikaners en daarby deur ‘n Naspers-uitgewery gepubliseer word, óók in Afrikaans sou verskyn; indien nie uitsluitlik in Afrikaans nie, soos vroeër dikwels die geval was. Toe ek die aankondiging van die publikasie van Giliomee se boek lees, het ek gewonder of daar ook ‘n Afrikaanse weergawe is. Uit die boek blyk duidelik dat daar nie planne vir ‘n Afrikaanse uitgawe is nie. Daar is 16 opstelle, waarvan 13 voorheen in Engels, een in sowel Engels as Afrikaans en een net in Afrikaans gepubliseer is. Die voorheen ongepubliseerde opstel is die teks van ‘n voordrag wat eerder in Engels as Afrikaans aan die Universiteit Leuven in België gelewer is. Die enkele opstel wat voorheen net in Afrikaans verskyn het, is ‘n Rapport-artikel wat vir opname in hierdie bundel in Engels vertaal is. Om 14 opstelle uit Engels in Afrikaans te vertaal en hulle dan te publiseer, is egter nie die moeite werd geag nie.

Giliomee is een van die bekendste vegters vir Afrikaans. Dat hy dit nodig vind om deesdae hoofsaaklik in Engels te publiseer, toon hoe Afrikaans sedert 1994 as akademiese taal agteruitgegaan het; selfs in groot mate aan universiteite in onbruik verval het. Hoofstuk 10 is voorheen in Engels in Tydskrif vir Letterkunde gepubliseer. Met ‘n Afrikaansdosent en ANC-aktivis, Hein Willemse, as redakteur, is hierdie vaktydskrif in ‘n oorwegend Engelse tydskrif getransformeer. In die jongste uitgawe is daar geen artikels in Afrikaans nie; wel Engelse artikels deur Afrikaanssprekende outeurs soos Willemse, Breyten Breytenbach, Elizabeth Snyman asook Steward van Wyk, ‘n Afrikaansdosent. Tydskrif vir Letterkunde het ‘n trotse Afrikaanse geskiedenis. Vir my is hierdie vaktydskrif se huidige gedaante ‘n steen des aanstoots, maar skynbaar opper niemand anders besware daarteen nie.

Ek het verskeie van Giliomee se vorige boeke gelees, bv Die Afrikaners: ‘n biografie (2004), Die laaste Afrikanerleiers: ‘n Opperste toets van mag (2012) en Hermann Giliomee: ‘n Outobiografie (2016). Hulle is ook in Engels gepubliseer. Kindle-weergawe van al drie is beskikbaar. Daarin blyk Giliomee se geneigdheid om te herhaal, selfs woordeliks, wat hy in vorige boeke gepubliseer het. Sy jongste boek is in vier min of meer chronologiese afdelings verdeel. ‘n Mens kon dus dink dat hy hierdie opstelle met die oog op latere bundeling geskryf het. Maar dit is duidelik nie die geval nie. Die gevolg is dat (woordelikse) herhaling hier selfs in groter mate as in sy vorige boeke voorkom, bv oor NP van Wyk Louw in hoofstuk 2 en 3. Dit is ‘n geval van herhaling binne hierdie bundel en ook herhaling van wat reeds in sy ander boeke staan. Hoofstuk 9 is glad te lank en erg herhalend en moet eerder herskryf word. Oor die Afrikanervolk het Van Wyk Louw geskryf: “One loves it … because it constitutes a mere possibility” (76). Dalk geld dit ook vir ‘n Afrikanervolkstaat.

As ‘n kostebesparingsmaatreël het die slegte gewoonte posgevat om nie meer indekse in boeke te publiseer nie. Giliomee se vier genoemde boeke is welkome uitsonderings. George Claassen het die indeks vir sy jongste boek saamgestel. ‘n Naamindeks is ‘n maklike takie, maar bv Willie en Jan Hofmeyr is deurmekaar geklits. By Chris Brink staan 316-319, maar dit moet wees 317-320, 321. Dit lyk asof die bladsynommers van die teks op ‘n laat stadium verander is en die indeks nie hierby aangepas is nie, bv Laponce, Jean 317-319 moet 318-320 wees. Om ‘n saakindeks saam te stel, vereis meer kundigheid as ‘n naamindeks. Dit is disfunksioneel om bloot ‘n lang lys bladsynommers te verskaf by ‘n onderwerp wat dikwels voorkom, bv African National Congress, apartheid en National Party. Claassen vaar beter by die inskrywing vir Afrikaans, waar ander onderwerpe bygebring word, maar dit is die enigste geval. Die name en sake genoem in die eindnotas is glad nie in die indeks opgeneem nie. ‘n Welkome ingewing is dat die eindnotas nie per hoofstuk nie maar deurlopend genommer is, wat naslaanwerk vergemaklik.

Oorspronklik is die opstelle van 1983 tot 2018 gepubliseer. Vir ‘n behoorlike waardering van Giliomee se werk is dit noodsaaklik dat die tyd waarin elkeen van die opstelle geskryf is, in ag geneem word. Ek het die publikasie-jaartal aan die begin van elke hoofstuk aangebring. Dit blyk dat Giliomee ‘n buitengewoon goeie insig in tydgenootlike gebeure gehad het, hoewel uiteraard nie altyd nie. In 1984 het hy naïef-liberalisties geskryf: “It is quite possible that a black government in South Africa will guarantee the personal safety of whites and that it may even administer the country fairly efficiently” (160). Hy voeg darem by: “But there should be no illusion about the cost to various segments of the white middle class: half the white civil servants may lose their jobs; and white farmers will sacrifice most of their subsidies, and, in the border areas, control over their land” (160). Maar FW de Klerk het in 1992 valslik belowe dat geen blanke sy werk sou verloor nie en dat blanke boere se kaart en transport veilig is.

Daar word verwys na die opofferings wat die blanke middelklas sal moet maak, maar dié van die arm blankes is veel groter. In sommige gevalle is hulle letterlik tot die bedelstand verlaag. Die NP se welgestelde grondwetlike onderhandelaars, wat verraad teenoor die blankes gepleeg het, woon egter knus in die nuwe Suid-Afrika omdat hulle dit kan bekostig om hulle apartheid te koop. Giliomee het blykbaar aanvanklik in die euforie van die nuwe Suid-Afrika gedeel, want hy skryf in 1995 van die “ruling Afrikaner group” wat glo min of meer vrywillig hulle politieke mag afgestaan het, “to be replaced by a stable, inclusive democracy” (237). In werklikheid is die blankes uit hulle toekoms verneuk; nie deur egte Afrikaners nie, maar deur ‘n klein groepie Afrikaanssprekende blankes. Ons sit nie met ‘n bestendige, inklusiewe demokrasie nie maar met ‘n ondoeltreffende, korrupte regering, wat die bekwaamste inwoners met minagting soos tweedeklasburgers behandel. Die absurditeit van die magsoorgawe blyk uit die volgende: “A ruling ethnic minority with a deep attachment to a ‘homeland’ could neither be forced to give up power nor would it willingly do so” (240). “Political power [was] an essential safeguard for their survival as a nation” (243). Sonder Afrikaners se instemming of toedoen is hulle politieke mag verraderlik van hulle ontneem; skynbaar vir altyd.

Giliomee skryf duidelik, vloeiend en interessant. Dit is een van die opsigte waarin hy ‘n navolgenswaardige voorbeeld aan akademici stel. Ek sou Giliomee nie as oorverlig of konserwatief beskryf nie. Voorheen het ek êrens genoem dat hy geneig was om die verkeerde vriende te hê, bv toe hy by die tydskrif, Die Suid-Afrikaan, betrokke was. Ek het groot waardering vir hom as taalstryder vir Afrikaans. Maar ek kan dit steeds nie kleinkry dat Jakes Gerwel en Jaap Durand, nadat hulle Afrikaans as onderrigmedium aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) vernietig het, in 2006 na die Vlottenburg-beraad genooi is om te help besin oor die toekoms van Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch (US) nie. Wat daardie twee ANC-kornuite gedoen het, is om die historiese verantwoordelikheid van die UWK vir Afrikaanssprekende bruin studente op die US af te skuif.

Ek gaan nie Giliomee se jongste boek hoofstuk vir hoofstuk saamvat of bespreek nie. Ek beperk my aandag eerder by ‘n aantal temas. Om ruimte te bespaar, word die konteks van elke aanhaling dikwels nie gegee nie. Iedere aanhaling weerspieël dus nie Giliomee se eie mening nie. Hy hou by sy standpunt dat die woord “apartheid” die eerste keer in 1929 gerekordeer is (x, 32). Ton Vosloo noem egter dat Jan Smuts hierdie woord reeds in 1919 in ‘n toespraak gebruik het (Praag 31.08.2018). Vosloo beweer dit seker op grond van dokumentasie.

“There is no ‘natural’ form of race relations” (5). Rasse-integrasie is sekerlik nie meer natuurlik as rasse(onder)skeiding wanneer soort soort soek nie. “People will react differently to different political situations … The significance of the cultural mix as a determinant of political identity has probably been vastly overemphasised. It is more likely that adaptations in a group’s culture follow or accompany rather than precede changes” (6). “Democratic politics shaped culture and ideology rather than the other way round” (31). Byvoorbeeld, die blankes/Afrikaners het nie vóór 1994 skielik verlig geraak nie. Die mandaatlose magsoorgawe in 1994 druis in teen die grein van Suid-Afrika se (blanke/Afrikaner-) geskiedenis. Vóór 1994 het dit sekerlik primêr om oorlewing gegaan. Sedert 1994 is die blankes/Afrikaners blykbaar gedoem tot ondergang (bv weens magsmisbruik en verswelging), soos die boektitel aandui. JBM Hertzog “believed that if the African vote was not taken away, white civilisation in the longer run would be handed over to the ‘tender mercies of barbarism'” (20). Die oplossing is nie om die blankes/Afrikaners (fundamenteel) te verander nie, maar eerder om die huidige politieke opset te verander. Hertzog het gesê: “As soon as someone pretends to be something different from an Afrikaner [eg a hanskakie] we lose all respect for him” (13).

Reeds in 1910 was die houding van die bruin elite jeens Engels duidelik: “to perfect themselves in English … the most universally useful” (11). Met Afrikaans kon maar weggedoen word of dit kon vryelik met Engelse woorde besmet word. Anders as in die geval van Engels was en is daar in bruin geledere min agting vir korrekte of suiwer Afrikaans. Die stelling, “the Coloureds are Afrikaners who speak the Afrikaans language and nothing else” (15), is twak. Ook dat bruin mense (presies) dieselfde identiteit as Afrikaners het (26). Barend du Plessis het gedwaal toe hy van bruin mense gesê het: “They speak the way we do. They believe the way we do [Muslim?]. They live the way we do” (27-28). Die rede vir die Nasionale Party-regering se rasseklassifikasie was nie bloot verskille in velkleur/pigmentasie nie, maar veral kultuurverskille; dus verskillende maniere van dink en doen by die verskillende etniese groepe. “It was based not on race or colour alone, but on colour ‘paired … with language, tradition and lifestyle'” (45). “Whereas segregation worked with the notion of race, the essence of apartheid was the family, the community and the ethnicgroup formed by both racial descent and the volkseie – the beliefs, customs, language and history of a community” (33-34). In 1994 het ‘n bruin mens die waarheid oor die indringing van swartes in die Wes-Kaap gepraat: “The Xhosa of Transkei and the ANC are the real settlers here” (30). Deesdae oorheers swartes selfs in die parlement in Kaapstad.

In hoofstuk 2 argumenteer Giliomee dat die apartheidsbeleid van die Nasionale Party (NP) sy oorsprong eerder in die suide as die noorde van die land gehad het. Voorheen sou noorderlinge seker hieroor ‘n stryd aangeknoop het. Deesdae word apartheid in so ‘n oordrewe mate gediskrediteer dat dit eerder suiderlinge sou wees wat beswaar teen Giliomee se vertolking opper. Hy bevind hom op dun ys wanneer hy veralgemenend skryf: “On the racial issue, the north tended to be dogmatic, rigid and uncompromising, with a strong overlay of racism. The south was much more ambiguous and very often hypocritical … The southern Nationalists were racial pragmatists, sceptical of utopian solutions or biblical justifications of racial discrimination. They wanted to defend white supremacy by keeping different options open” (38-39). Met groter sekerheid skryf Giliomee: “Contrary to the main assumption in the literature, the northern Afrikaner Broederbond and intellectuals influenced by Nazi thinking, in fact, contributed relatively little to the making of the apartheid plan” (40). Wat as voorbeeld en rigsnoer vir apartheid gedien het, is die Amerikaanse Suide (37, 44, 57). Vóór die Amerikaanse swart burgerregtebeweging in die 1960’s “South Africa regards itself as USA in the making” (39).

Die verskil tussen die Afrikaanse kerke se sendingwerk, insluitende die skoolonderwys wat hulle aangebied het, en dié van die Engelse kerke word uitgewys. Die Afrikaanse kerke het gestreef na aparte etniese kerkgenootskappe, moedertaal-onderwys en die behoud van inheemse kultuur. Die Engelse kerke wou swart skoliere en lidmate verwesters, veral verengels, en het dus voorkeur aan Engelsmedium-onderrig gegee. Die Afrikaanse kerke het uitdrukking aan die wese van apartheid gegee deur die kultuureie voorop te stel; dus outentieke selfsyn oftewel identifisering met jou etniese groep (43, 115). Vandaar “eiesoortige ontwikkeling” (45). “In 1947, DF Malan, leader of the NP, remarked that ‘it was not the state but the church that took the lead with apartheid'” (44). Maar op ‘n kritieke tydstip in Afrikanergeskiedenis, naamlik in 1986, het die NG Kerk apartheid afgesweer en het dit (skielik) onskriftuurlik, rassisme en sonde geword (255).

Bantoe-onderwys is op die kultuur van iedere betrokke groep gebaseer (116). Volgens Hendrik Verwoerd “biological descent, along with culture, was an immutable attribute of social identity” (124). Tydens apartheid het skoolonderwys en die owerheidsbesteding daaraan skouspelagtig toegeneem. Van 1954 af is moedertaalonderrig gedurende die eerste agt jaar aangebied (130), maar in 1976 is dit tot die eerste vier jaar teruggesnoei (131). In 1960 is vyf staatsuniversiteite vir nie-blankes gestig (126), gevolg deur talle ander. “The lost generation was perhaps not quite as lost as it was claimed to be” (117). Mamphela Ramphele het in 2012 erken “children under apartheid’s ‘gutter education’ were better educated than children are today” (118). ‘n Groot deel van die fout by ANC-onderwys vir swartes is “[the] less than professional performance characteristic of many teachers to this day” (135). “Black activists aspired to a unified system of education and a common citizenship – in their eyes, the very opposite of the thrust of Bantu Education” (135).

Die klem is op kultuur geplaas. “The Afrikaners were prepared to grant (the Afrikaans word, gun, is much stronger) everything to blacks that they demanded for themselves. Like the Afrikaners, Africans would have their own schools, churches, residential areas, homelands and governments on which they could put their own cultural imprint” (49). Nie een van hierdie voordele word deesdae aan die blankes/Afrikaners gegun nie; nie eens ‘n eie tuisland nie. Die vraag kan dus gestel word: Watter stelsel was of is die mees onderdrukkende, dié van die NP- of dié van die ANC-regering? “English-speaking South Africans shared the NP’s determination to maintain white domination [ie apartheid] … [Arthur] Keppel-Jones [1909-1996, Praag 16.03.2014] … argued that the main concern of whites in general was ‘not to be submerged in the oncoming tide of [the] black race. If they were to remain a separate people then they must retain their dominant position'” (56).

Oor Algerië se “bevrydingstryd” skryf Giliomee dat die blanke Algeryn, Albert Camus (1913-1960), ten gunste van ‘n “negotiated solution” was. “He rejected the FLN demand for Algerian independence and sovereignty because in his view that meant the destruction of the pied-noir [Algerian white] community” (60-61). “Die keuse waarvoor die blanke Algeryne gestel is, verskil nie wesenlik van die lot van blankes in Suid-Afrika nie; daar is hoogstens ‘n graadverskil: ‘the Suitcase [ie to flee] or the Coffin [ie to die]'” (Praag 27.01.2019). Die Serwiërs is teen die einde van die jare negentig voor ‘n soortgelyke onbillike keuse gestel: “capitulation or war – a slave or a grave” (61; Praag 12.05.2018). NP van Wyk Louw het geskryf “full democracy meant an equality reached ‘over the dead body of a whole volk.’ And if the Afrikaners became a powerless minority, ‘they would be as helpless as a Jew was in Germany'” (64). Afrikaners was “the core of our society” (75). Al lyk dit asof dit nie nou waar van Afrikaners is nie, het Piet Cillié geskryf: “A people worth its salt will not in the long run submit to [an] alien government” (73). Ek wil eerder vir Cillié glo as vir Giliomee, wat die Afrikaners karakteriseer as “a small and basically insecure group” (255).

Afrikaans is “the most tangible cultural manifestation of the Afrikaner people” (76). Volgens André P Brink (1935-2015), “Afrikaners and Afrikaans would have a right to survival only if they remain true to its multi-racial history and heritage” (77). Breyten Breytenbach huldig ‘n soortgelyke standpunt: “The problem of his people staying could only be solved ‘within a Black socio-cultural field of reference’. Afrikaners were a ‘bastard people’ with a ‘bastard language’ whose destiny was ‘to decompose’ in order to come together in new forms. The overriding priority was not survival or securing individual rights in a post-apartheid South Africa but the realisation ‘of one South African cultural identity'” (77). Hierdie twee linkse skrywers bepleit per slot van sake dat weens afrikanisering daar maar kompos van Afrikanerkultuur gemaak kan word. Net so min as wat daar sprake is van ‘n Suid-Afrikaanse nasie wat al die inwoners insluit, kan daar myns insiens vir Afrikaners so iets soos ‘n enkele Suid-Afrikaanse kulturele identiteit wees. Grondliggend aan Brink en Breytenbach se standpunt is die oortuiging dat “the volk became something evil in the eyes of their own intelligentsia” (77). Sulke intelligentsia is geneig om Afrikaners en Afrikaans voor te stel as meer verbasterd as wat hulle is. Giliomee vestig die aandag daarop dat grootskaalse verbastering in die Spaanse en Portugese kolonies plaasgevind het, maar glad nie in dieselfde mate in die Britse en Hollandse kolonies nie (272-273).

Donald (let wel: nie David nie) Horowitz (albei gebore in 1939) “stressed that the struggle in multi-ethnic societies is primarily between groups over relative group worth and capacity … Like individual self-esteem, collective self-esteem is achieved largely by social recognition” (84). Die ANC se amptelike uitgangspunt is dat alle etniese groepe in Suid-Afrika gelyk, bv ewe veel werd, is. Die blankes moet nie daarop aanspraak maak dat die land onder blanke leiding skouspelagtig ontwikkel het nie, want dit sou glo nie sonder bv swart arbeid moontlik gewees het nie. Maar daardie ontwikkeling het sedert 1994 onder swart leiding plek vir deurlopende agteruitgang gemaak, wat steeds momentum opbou. Dit blyk dus dat swart leiding minder doeltreffend as blanke leiding is. Om die aandag daarvan af te trek, hamer die ANC op die “pyn” wat die blanke politieke bewind vir swartes veroorsaak het en word erkenning van blankes se bekwaamheid weerhou. Daar word voorgegee dat bv Afrikaners niks het om op trots te wees nie, dat hulle skuldig moet voel oor wat hulle vermag het, dat Afrikaans liewer nie moet voortbestaan nie, ens. Toe Afrikaans vóór 1994 naas Engels ‘n volwaardige amptelike taal was, was dit “a symbol of group worth” (86).

Thabo Mbeki het Maleisië se rasgebaseerde beleid van regstellende aksie, sy New Economic Policy (NEP) van 1971, as navolgenswaardige voorbeeld vir Suid-Afrika voorgehou (84). Die Maleiers kon nie prestasie-/kwaliteitsgewys met die Chinese meedring nie, gevolglik is besluit dat die Maleiers brutaal bevoordeel moet word. Daar was/is naakte afguns: “It is the Chinese who will continue to live in huge houses and regard the Malays as only fit to drive their cars” (85). “After more than thirty years of the NEP, the majority of Malay businessmen were still not able to stand independently. ‘They only want government contracts, but if there are no government contracts they will fail’ … The main message that the Malays as ‘majority race’ should have understood was to work harder and depend less on handouts” (85). Naas korrupsie is die kanker in die Suid-Afrikaanse ekonomie sedert 1994 ‘n soortgelyke beleid van die rassistiese bevoordeling van swartes en die gelyklopende benadeling van blankes.

Die Maleise federasie het in 1963 tot stand gekom, maar Singapoer het in 1965 daarvan weggebreek. Maleisië het tans ‘n bevolking van 32 miljoen met die oorgrote meerderheid wat Moslem Maleiers is. Singapoer, daarenteen, is hoofsaak ‘n stadstaat bestaande uit 63 eilande, wat net 130 vierkante kilometer groot is en ‘n bevolking van 5.6 miljoen huisves, waarvan 74% Chinese is. Die verskil is dat Singapoer sedert hy ‘n onafhanklike republiek geword het, uitsonderlik welvarend en baie meer ontwikkeld as Maleisië en die naburige Indonesië is. Die ANC het die Maleise beleid ter bevoordeling van swartes gekies. Wat Afrikaners behoort te doen, is om die voorbeeld van Singapoer, wat wesenlik ‘n hoogs suksesvolle Chinese tuisland is, te ontgin, iets waaroor ek nog in besonderhede wil skryf. ‘n Afrikanertuisland sal hoogs suksesvol wees terwyl ‘n ANC-regeerde of swartmag-oorheersde Suid-Afrika ‘n kolossale mislukking is.

Ná die 1914-Rebellie is die Helpmekaarvereniging gestig; ‘n instansie waarmee Afrikaners mede-Afrikaners bygestaan het. Dit het om selfbemagtiging gegaan; nie om bakhandstanery nie (88). JD Kestell (1854-1941) het hieraan treffend uitdrukking gegee met die oproep: “‘n Volk red homself” (91). In 1939 is die Reddingsdaadbond met ‘n soortgelyke oogmerk gestig (94). “The English-dominated private sector generally saw no need for assisting Afrikaner economic advancement … Some influential voices in the English-speaking community deplored Afrikaner efforts to mobilize economically on an ethnic basis” (94). Wat doen die ANC-regering in teenstelling met die Afrikaners? Hulle gebruik/misbruik staatsfinansies, waartoe blankes ‘n enorme bydrae lewer, om hulleself en hulle mede-swartes te bevoordeel. “Fedmyn [Federale Mynbou] received no ‘hand-out’, but bought every share in Genmin [General Mining] at market prices” (101). Dít is “missing in most of the high-profile post-1994 black empowerment deals” (102). Die volgende uitspraak van Anton Rupert is hier toepaslik: “No self-respecting group or nation [or volk] would work for others for ever” (107). “There developed among Afrikaners a strong sense that corporate successes were a collective ethnic achievement that reflected well on both the corporation and the community from which they sprang” (114).

Suiwer rassisties is die oorgrote meerderheid poste in die openbare sektor sedert 1994 feitlik oornag met swartes gevul, met katastrofiese gevolge vir doeltreffende dienslewering. Vergelyk dit met wat destyds in die blanke sektor gedoen is. “The rise of Afrikaners to the upper ranks of the civil service since 1910 was exceptionally slow” (96). Ná 1948 “there was no ?Slegs tegniese vertraging?purge of English-speakers … the vast majority of senior English-speaking servants retained their posts” (97). Afrikaans is in 1948 nie tot eintlik die enigste amptelike taal verhef soos wat die ANC sedert 1994 met Engels doen nie. Die NP-regering het op ‘n tweetalige staatsdiens aangedring (97). Wat het die ANC-regering gedoen? “The [racist] replacement of approximately 120 000 predominantly white civil servants between 1994 and 2001” (96). Al die “pyn” wat dit veroorsaak het en steeds veroorsaak kom nooit in die openbare diskoers ter sprake nie. Volgens FW de Klerk se belofte in 1992 sou geen blanke mos sy werk verloor nie.

In die tyd van John Vorster (1915-1983, staatshoof 1966-1978) is steeds besef, “‘it’s them or us’ and that Afrikaner nationalists would not get any better treatment from their black nationalists opponents if they were to seize power” (141). ‘n Kernaspek van die NP se tuislandbeleid word dikwels nie afdoende verstaan nie: Die NP-beleid was nie “to make territories independent but to make nations independent” (142). “So politics for Vorster was a naked struggle to safeguard and maintain the power of a people and in particular that of one’s own people” (142). “Afrikaner nationalism [was] the driving force of the government, apartheid merely its instrument” (160). Hiedie beleid word deur die ANC in die vorm van swart nasionalisme voortgesit, bv die bevoordeling van nie-bankes (én die benadeling van blankes), maar by uitstek spesifiek die obsene bevoordeling van swartes. “Afrikaners would lose most by ceding control over the state” (168).

In PW Botha (1916-2006) se tyd as staatshoof (1978-1989) is die NP-beleid verwater tot “‘share’ power in a symbolic rather than real way” (149). “We can make many concessions to non-whites as long as whites have the main say in politics” (163). Botha “advocated the division, not the sharing, of power” (177). “There will be no surrender of power” (183). “Botha was reluctant to walk the road of political rights for blacks” (180). Geen groep (behalwe die blankes) moet toegelaat word om ander groepe te oorheers nie (187). “Botha’s entire career was directed at preventing blacks from gaining first a foothold in, and then control over, government” (196).

FW de Klerk (staatshoof 1989-1994) se strategie het ontaard in: Belowe magsdeling aan die blanke kiesers maar verkwansel die politieke mag op ‘n mandaatlose, verraderlike manier aan die ANC/swartes. Teen 1983 het net 55% van die Afrikaners steeds die NP ondersteun (152). “In a 1986 poll only 3 per cent of Afrikaners (and 8 per cent of English-speakers) were prepared to accept a unitary state with one parliament and one vote for every person” (257). In 1987 “a mere 3 per cent of Afrikaners and 11 per cent of [white] English-speakers wanted a single mixed Parliament with the majority in control” (170). “By 1987 four-fifths of Afrikaners stated in a national poll that under black majority rule the physical safety of whites would be threatened and white women would be molested. In 1990, two months after negotiations started, 49 per cent of whites agreed with the statement that there was reason to fear for their own safety and that of their family in the future” (244). Teen 1992 het net sowat die helfte van die Afrikaners die NP gesteun (168). Daar is geen moontlikheid dat die meerderheid blanke kiesers in 1992 ten gunste van magsoorgawe gestem het soos De Klerk valslik beweer nie. Die fout/skuld lê primêr by hom. “The lack of any strategic vision on the leadership’s part, coupled with tough bargaining by the ANC negotiators, produced the outcome very few had expected and many feared: largely untrammelled majority rule in a unitary state” (249).

In die jare tagtig is evolusionêre politieke verandering (177) of inkrementalisme voorgestaan (175). Met sy 2 Februarie 1990-toespraak was FW de Klerk se naïewe uitgangspunt dat alles sommer gelyktydig reggetrek kon word. Die gevolg was dat hy feitlik volledig misluk het. Vóór en aan die begin van die grondwetlike onderhandelinge was daar ?Slegs tegniese vertraging?allerhande goeie voornemens om van die Westminster-model weg te breek ten einde meerderheidsoorheersing te voorkom. Dit is bv magsdeling of konsosionasionalisme in ‘n federale stelsel (‘n konstellasie van state – 181) genoem. “Simple majoritarianism has failed to produce a democratic outcome in any deeply divided society” (176). Daarom was die ideaal “‘self-determination’ for each population group on their ‘own affairs'” (182). Ook: “Abolishing all discrimination on the basis of colour or race” (194), terwyl rassediskriminasie ten koste van blankes spoedig een van die kernaspekte van die ANC se beleid geword het.

Pallo Jordan het voorspel die ANC-regering “would adopt a policy of ‘liberatory intolerance’ towards organisations based on race or ethnicity” (210). In die praktyk geld hierdie ANC-onverdraagsaamheid slegs blanke instansies. Swartes mag hulle maar in eksklusief swart liggame organiseer. Swartes as ras is ook Jordan se uitgangspunt wat Afrikaans betref: “The future of Afrikaans is assured – if for no other reason than that it is the language of many black people” (213). Die soort nie-rassigheid waaraan die ANC voorkeur gee, naamlik demografie-gebaseerde rassisme, is ook deur Jordan geformuleer: ‘n “Non-racial democracy [that] used policy to make structures in all walks of life ‘racially representative'” (216). ‘n Sosioloog, Pierre van den Berghe, het reeds in 1979 geskryf: “‘Majority rule’ in Africa can thus easily become a veneer for racial domination” (216).

Ek is ontevrede oor sommige uitlatings van bv ‘n rektor soos Wim de Villiers, wat veronderstel is om ‘n aanvoeling vir die akademie te hê maar universiteitwees nie verstaan nie, en ‘n dosent soos Anton van Niekerk, wat onderrig in die wysbegeerte as doseeropdrag het maar nie ‘n fontein van wysheid is nie. Die literator Breyten Breytenbach het homself op ‘n soortgelyke manier in die politiek ontbloot. Oor apartheid het hy gesê: “The structure must be shattered by violence … Apartheid had cut the Afrikaners off from the people in their own country and had led them to betray their identity” (202). “He rejected constitutional devices or safeguards that would tie down a future black government … The present ?Slegs tegniese vertraging?[1984] government could be replaced by one that was totalitarian in a different way, ‘more hegemonic but minus the racism'” (203).

Volgens die ANC “[any] mechanisms to curb the power of the majority could serve to buttress existing privilege … the ANC’s commitment to non-racialism made minority or group rights superfluous” (211) – iets wat Willie Esterhuyse sonder meer onkrities onderskryf het. Daar is glo “the brotherhood of all men” gevolglik moet “all forms of group thinking” verwerp word (211). Aan ‘n gehoor van Matie-studente het Breytenbach gesê: “It was not necessary to renounce their Afrikanerskap to become South Africans” (205). Later het hy geskryf: “Whites should not be afraid of majority rule. Negotiations could prevent the tyranny of an absolute majority and the marginalisation of minorities” (211). “It is not true that the ANC only ‘pretends’ to be non-racist while its driving force actually is a black nationlism … We have no right to suspect them operating under false pretences” [!] (215).

Teen die tyd dat Breytenbach in 1991 na Suid-Afrika teruggekeer het, het sy deuntjie oor die ANC verander: “He would write bitterly of the ANC’s betrayal of the revolution. He had not fought for a new hegemony with ‘the same mechanisms, the same sadness'” (217). Sy vriend Frederik van Zyl Slabbert was meer realisties: “A White person had a right to maintain ‘his cultural rights, his way of life, his language’, and ‘to have his children educated in his own way’. He pointed out that there were few, if any, historical precedents for the peaceful transfer of power from a minority to a majority. Black liberation was impossible without white security” (206). Hiervolgens het FW de Klerk weens grootskaalse droogmakery die onmoontlike reggekry.

“Ethnonationalism – and here Afrikaner nationalism represents a salient case – enjoys a great advantage as a form of political mobilisation: it combines profound emotional attachment to the ethnic group or nation with a strategy to promote the interests both of the individual and of the ethnic group as a whole” (220). In die nuwe Suid-Afrika behoort etniese nasionalisme dus die Afrikaners tot verset aan te vuur. Die ANC-regering “monopolises national symbols and values” (220) en kom daarmee weg, bv wat die volkslied en landsvlag betref. Gelukkig laat Steve Hofmeyr hom nie intimideer nie. Hy sing steeds “Die Stem” by openbare byeenkomste. Maar die ANC en agterna-kruipende instansies soos sportliggame verbied die vertoning van die vorige landsvlag, sonder dat hulle enige reg daartoe het om ons verlede te misken. Swartes neem glo aanstoot by die aanskouing van die vorige landsvlag maar die “pyn” wat die nuwe volkslied en landsvlag in Afrikanergeledere veroorsaak, word summier geïgnoreer.

Waaraan Afrikaners deesdae behoefte het, is “to control their environment in order to gratify their need for a national identity and for security” (221). Die Afrikaner behoort sy volk te beskou “as part of the extended self. Personal and national identity have been merged: the nation and the [past/future] homeland have become part of the extended self … to lose one’s homeland ‘is to risk the fragmentation of the self, an eventuality which people will resist with their lives'” (221). Die belange van etniese minderheidsgroepe mag nie maar word deesdae geïgnoreer – “as if the historical reasons why people have formed national groups are somehow fallacious or spurious” (228-229). Tydens die Unie (van 1910 af) en tydens die blanke republiek (1961-1994) is daarin geslaag om twee etniese groepe (Afrikaners en blanke Engelssprekendes) in al hoe groter mate harmonieus te laat saamleef. In die nuwe Suid-Afrika behoort daar naas afrikanisering ruimte vir verwestering te wees (230), maar in die praktyk oordonder swart mag alle minderheidsbelange. Suid-Afrika is nie ‘n nasiestaat nie (232). Daar is nie so iets soos ‘n Suid-Afrikaanse nasie nie. Daar is bloot ‘n bevolking waarin swartes die oorweldigende en polities oorheersende meerderheid is.

Die grondwetlike onderhandelinge het heeltemal ander resultate opgelewer as wat FW de Klerk in 1990 voorsien of voor die 1992-referendum aan die blanke kiesers belowe het. “The NP entered the negotiations in 1990 from a position of strength and with a reasonably confidant assumption that it could engineer a constitution that would severely restrict the power of the majority and thus diminish democratic uncertainty. Its negotiating proposals made provision for a rotating presidency as the kingpin of an intricate scheme that would carefully limit the power of the majority and that of the minority (or minorities). The NP ended the negotiations in 1996, having failed to secure any of its major political and cultural objectives. Instead of non-elected negotiating parties drawing up the constitution over a prolonged period of time (as the NP proposed), an elected constituent assembly did so (as was the ANC’s position). Instead of a power-sharing cabinet and rotating presidency within a federal system (NP), there would be a largely unitary state and majority decision-making in both the executive and legislative branches. These branches would effectively be fused and dominated by the largest party in the typical Westminister style (ANC)” (259).

“Economically the NP got its way when the ANC accepted the market system and property rights” (259). In werklikheid is die ANC-regering se gedrag deurweek met sosialisme en kommunisme, gevolglik word die eiendomsreg van blankes deesdae bevraagteken, vandaar die ANC se beleid van onteiening sonder vergoeding. Een van die NP-onderhandelaars, Leon Wessels, is liries oor die 1996-Grondwet, wat glo die beste ooit is. FW de Klerk was hieroor nogal skepties en het dit sterk oorweeg om teen die aanvaarding van die Grondwet te stem, maar hy was teen daardie tyd, 1996, al so gewoond aan toegee aan ANC-eise, dat hy ook in hierdie geval toegegee het.

Volgens artikel 25 van die Grondwet, wat op alle eiendom betrekking het – “property is not limited to land” – mag daar nie arbitrêr op eiendom beslag gelê word nie, moet die vergoeding “just and equitable” wees, maar die oorheersende maatstaf is “public interest” wat insluit “the nation’s commitment to land reform.” Daar is nie ‘n Suid-Afrikaanse nasie nie, maar soos gebruiklik vertolk die ANC hierdie voorskrif uit die oogpunt van swartes sodat niks/bokkerol ook as “just and equitable” vergoeding kwalifiseer. Boere het glo die grond waarop hulle boer van die swartes gesteel. Maar ‘n plaas is veel meer as die oorspronklike barre aarde. Enige redelike (Westerse) mens sou redeneer ‘n regering soos die ANC, wat swartes bevoordeel en blankes benadeel, maar volgens eie evaluering die hoë morele grond beklee, sal die blanke boere teen markwaarde vergoed vir alles wat die plase meer as barre aarde is. Maar nee, alles wat op die barre aarde deur blankes tot stand gebring is, moet gratis in die hande van swartes val. Dít is “just and equitable” op die Afrika-manier.

Oor kulturele sake het die NP-onderhandelaars net so sleg gevaar. Daar is nooit daadwerklik erns hiermee gemaak nie. “The recognition of eleven languages looked like a barely concealed formula for making English the sole official language, and the ANC refused to grant either mother-tongue education or single-medium schools [and universities] unconditionally” (259).

“We are left with two main questions. Why did the NP concede so much in the negotiations ending up not with power-sharing but with majority rule? Why did its white constituency accept majority rule, which more than 90 per cent had firmly rejected in polls taken in the late 1980’s?” (260). ‘n Kort antwoord op die eerste vraag is dat buitengewoon onbekwame mense op ‘n buitengewoon onbekwame manier die onderhandelinge gevoer het. “De Klerk lacked the necessary toughness to face down the ANC” (261). Van hom kan gesê word: “You failed to defend like a man” (266). ‘n Kort antwoord op die tweede vraag is dat die meeste blankes steeds nie swart meerderheidsregering aanvaar nie en dat daar by hulle (hopelik) ‘n goeiende ongedurigheid oor die huidige opset is. Een van die maniere waarop ‘n blanke opstand in die jare negentig ontlont is, is die valse “promise that the new government would consider a volkstaat council consisting of right-wingers to research and deliberate on such a plan” (263). Een van die ANC-kornuite wat ‘n hoofrol in hierdie valse belofte gespeel het, is Jaap Durand (Praag 14.01.2017) en De Klerk het saamgespeel. “De Klerk rejected [Constand] Viljoen’s demand for a volkstaat (ethnic state) for Afrikaners within the boundaries of the South African state” (290).

“Race and ethnic affinities decisively determine voters’ preferences. Hence, power-sharing was necessary to avoid the alienation of minorities and to provide a safe basis for investment. But the NP was unable to stand up to the ANC position that race and ethnicity had been tainted by apartheid and that no formal recognition should be given to these identities” (260). “The truth is that the NP has suffered a shattering defeat with respect to both power-sharing and cultural self-determination … There are no ways in which the status of Afrikaans as an official language can be enforced” (266). “The NP leaders failed pitifully with respect to securing minority rights, especially language rights and control over schools. This failure must largely be attributed to poor strategic planning and the absence on the part of the NP of any non-negotiable principles” (267).

Maar dan is dit De Klerk wat gesê het “he was not in the business of ‘reforming himself out of power'” (285). “The NP had agreed to majority rule. He knew that its leadership had no mandate for this” (288). “It is extremely doubtful that a clear majority of the white electorate would have given De Klerk and his party a yes vote in the referendum of [17] March 1992 if it had known that majority rule would be the outcome of the negotiations” (292). “Thus majority rule was introduced without the voters’ approval and without the voters knowing the form of the future constitution. In striking contrast, a referendum was held in Northern Ireland in 1998 only after the new constitution had been negotiated … It reflects badly on the [South African] press that it failed to highlight this aspect of the negotiations” (289).

Baie mense besef steeds nie hoe baie Nelson Mandela gelieg het nie, bv sy bewering dat hy teen swart meerderheidsoorheersing is (283, 284) terwyl dit in werklikheid dié ideaal was waarvoor hy glo bereid was om te sterf. Om blankes te paai, het hy gelieg dat hy nooit ‘n kommunis was nie. In werklikheid het hy eens ‘n leidende rol in die plaaslike kommunistiese party gespeel (275, 277, 278). “He considers anti-communism a sickness, contracted from attendance at missionary schools or listening to government propaganda” (279). Dit was die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party wat Mandela gesteun het, voor die ANC dit gedoen het, toe hy sy entoesiasme vir geweld wou uitleef (278). Dít is die mens wat deesdae as ‘n ikoniese vredesduif en versoener voorgestel word.

In die voorlaaste hoofstuk skryf Giliomee oor Wim de Villiers se verdraaide siening van die Universiteit Stellenbosch en sy geskiedenis. “What astonishes me most about [De Villiers’] review of SU’s first century is that not a single word is uttered of what can be seen as its greatest accomplishment during its first century, namely its resistance against British imperial ideology and the establishment of an indigenous intellectual tradition” (299). Myns insiens is De Villiers se gees veels te klein om ‘n snars hiervan te begryp. “In 1918, when SU opened its doors, JFW Grosskopf wrote that the university must keep abreast of humanity’s intellectual heritage and traditions. At the same time it should guard against idolising that which was international at the cost of what was uniquely South African” (299-300). Dus, die US “should guard against elevating the national and the universal as the highest good” (305). In hierdie opsig faal nie net De Villiers skouspelagtig nie, maar ook Chris Brink, een van sy voorgangers (Praag 9.02.2019).

Giliomee verwys na “SU’s virtual abandonment of Afrikaans as a language of tuition. He [De Villiers] states that instead of a volksuniversiteit, SU wants to become a ‘world-class university'” (301). In hierdie verband is die De Villiers-US gepreokkupeer met waar in die wêreldrangorde die universiteit hom deesdae bevind. Maar daar word tereg opgemerk: “The ranking system perverts the true function of the university, namely to transfer the knowledge and skills graduates will need in the communities they will one day serve” (301, 314). Die US moet in die eerste plek ‘n Suid-Afrikaanse eerder as ‘n Afrika- of wêrelduniversiteit wees en hy mag sekerlik ‘n nie-ANC-gedienstige én onverminderd ‘n Afrikaanse universiteit wees. Kontrasteer die anti-Afrikaansgesindheid van Chris Brink en Wim de Villiers met dié van die befaamde US-regsgeleerde, JC de Wet (1912-1990 – “South Africa’s most influential jurist and teacher of law” – Wikipedia): “He refused to have his works translated into English as a way of forcing English jurists to learn Afrikaans” (307). De Wet was die teenoorgestelde van ‘n hanskakie. Ek huldig sy nagedagtenis.

In die laaste hoofstuk skryf Giliomee soos volg oor Afrikanerhistorici: “They stressed that concerns with culture constituted a crucial element of nationhood. What a scholar of Eastern and Central European history [George Schopflin] has written is true of the twentieth-century Afrikaners: ‘A culture is the sum total of the subjective perceptions of a community; the rules by which it orders its life; its sense of a common past and shared future, and its socially constructed picture of the world'” (307). Dit is Afrikanerkultuur wat nie meer aan die US welkom is nie. In 2017 het die JS Gericke-biblioteek weens Wim de Villiers se heksejag op Afrikaners stil-stil die Universiteit Stellenbosch Biblioteek geword. In 2018 het die HB Thom-teater die Adam Small-teater geword; seker onder meer omdat Small Engels as sy huistaal gekies het en hy ten gunste van die verengelsing van nie net die Universiteit van Wes-Kaapland was nie, maar ook die verengelsing van die US en Universiteit Pretoria.

Vorige Afrikanerstaatshoofde (Malan, Verwoerd, Vorster) is voorheen met gebouname gehuldig, maar daarvan is reeds jare gelede ontslae geraak. Desmond Tutu en Russel Botman is die soort mense wat deesdae in benamings gehuldig word; selfs die vigslyer Nkosi Johnson (1989-2001). ‘n Moontlike volgende stap is dat die US-biblioteek bv die Mandela-, Biko- of Boesak-biblioteek word. Eiename word ter verfraaiing gebruik/misbruik asof die US ‘n ANC-boetiek is. Die laaste drie US-rektore (Chis Brink, Russel Botman, Wim de Villiers) was/is uiters swaar polities dragtig terwyl hulle ampshalwe veronderstel is om akademies dragtig te wees.

Wat seker nie algemeen besef word nie, is dat sowat 60% van die plaaslik gepubliseerde boeke in Afrikaans is. “Afrikaans remains the dominant literary language in South Africa” (308). Die ANC-regering doen alles in sy vermoë om Afrikaans te onderdruk. Waarom? “Afrikaans [is] the symbol of Afrikaner identity” (305). “Without investment in the production of a new generation of Afrikaans-speakers in Afrikaans schools and universities, the language wil inevitably decline and perish” (310). “Afrikaans [is the] bearer of a particular intellectual tradition” (311), gevolglik word die voortbestaan daarvan deur die ANC teengestaan. Die ANC-regering wil hê die eens Afrikaanse universiteite moet verengels om die toestroming van swart studente te fasiliteer, wat terselfdertyd sy beleid van gedwonge rasse-integrasie bevorder. Afrikaans as onderrigmedium word afgeskaal en uiteindelik uitgefaseer omdat owerheidssubsidiëring vir onderrig in sowel Afrikaans as Engels weerhou word (311). “While rejecting the idea of single-medium Afrikaans universities, it [the ANC] approves of single-medium English universities” (317).

Die uitroeiing van Afrikaans vind nie net plaas weens die verengelsing van eens Afrikaanse skole en universiteite nie. “Afrikaans theatre suffered a major blow when the government abolished the state-financed arts councils” (309). Maar die ANC se strategie is nie net teen Afrikaans gemik nie, maar eintlik teen enigiets wat Westers is. Dit is waarom bv al die plaaslike simfonie-orkeste al hoe meer sukkel om te oorleef.

Die standaarde aan eens blanke skole en universiteite is (aansienlik) hoër as by die tradisioneel swart inrigtings. Daar is dus ‘n toestroming van swart skoliere en studente na die eens blanke inrigtings, wat ‘n uitbouing van die ANC se beleid van verpligte rasse-vermenging is. Hierdie situasie bevorder nie akademiese uitnemendheid nie. ANC-kruipsug het tot gevolg gehad dat “universities have lowered their admission standards drastically” (315). Terselfdertyd is daar ‘n daling in die gehalte van skoolonderrig én die ANC-aandrang dat baie meer (swart) studente tot universitêre studie toegelaat moet word. Die regering wil selfs as dié klaringshuis vir studente se toelating tot al die universiteite wees. En wat doen die universiteite/rektore? Hulle steun die ANC se dwase beleid.

Meer as die helfte van jong swartes is werkloos. “Some went to university simply to keep themselves occupied. Many black students support their families. Especially those who live in the rural areas. Every year universities have to write off millions of rands as a result of students not paying their fees. About half of the black students leave university without a qualification” (315). Dit kom neer op sowel die misbruik van die universitêre stelsel as bedrog. Wat doen die universiteite hieromtrent? Niks, want dit is (hoofsaaklik) swartes wat hieraan skuldig is. Rektore soos Chris Brink en Wim de Villiers wil te graag nog meer swart studente tot universitêre studie toelaat.

“It is baffling that the universities in general have made such a poor effort to retain Afrikaans as a medium of instruction while also … failing to promote scholarly work in Afrikaans” (318). Op nagraadse vlak vind daar feitlik geen klasonderrig meer in Afrikaans plaas nie. ‘n Kanadese kenner van die verskynsel van tweetaligheid, Jean Laponce, het reeds in 2006 voorspel: “Afrikaans will survive on the SU campus but only as a decoration” (320). Dít toe die oorgrote meerderheid Maties Afrikaans as onderrigtaal verkies het. Dit is heel moontlik steeds die geval. Die obsene nuwe Suid-Afrikaanse werklikheid is dus: As swartes in die meerderheid is, word daar volgens hulle wense gehandel. As swartes in die minderheid is, handel instansies soos die US ook volgens wat swartes verlang. “Although blacks form only 11 per cent of the undergraduate student body at SU, the university has decreed that all lectures are to be available in English. Afrikaans is only used if the majority in the class demands it and if an Afrikaans-speaking lecturer is available” (324).

Dit lyk nie asof die howe geregtigheid jeens Afrikaans laat geskied nie. In die geval van die Universiteit Pretoria het die hof beslis “Afrikaans tuition constitutes a form of privilege” (321) en by die Universiteit Vrystaat “that parallel medium promoted racism” (322). In die geval van die Universiteit Stellenbosch was die uitspraak: “There was no evidence that this [the language policy] would lead to the displacement of Afrikaans” (322). In 2016 het die De Villiers-US egter ‘n taalbeleid aanvaar “in terms of which English would become the predominent language of instruction and medium of communication” (321). Sover bekend het Wim de Villiers nog nooit erken dat Jan Marais se US-stigtingsvoorwaarde, dat Afrikaans nie ‘n mindere plek as Engels mag beklee nie, doelbewus nie nagekom word nie.

Afrikaans as onderrigmedium staan die sterkste op die Potchefstroom-kampus, nie aan die Noordwes-Universiteit in sy geheel of aan enige ander Suid-Afrikaanse universiteit of op enige ander kampus nie. Maar ook in die geval van Potchefstroom is daar die rasgebaseerde (of rassistiese) plan “that most students have to be black within four years” (322), wat (noodwendig) meebring dat Afrikaans mettertyd deur Engels ondergeploeg sal word.

Vir Afrikaans, veral in skole en aan universiteite, is die toekoms nag, maar daardie toekoms is nie swart of bruin nie. “More than half of coloured children receive their school education in English although the home language of 80 per cent of the community in 2016 was Afrikaans” (323). Dit gaan my verstand te bowe dat Giliomee sy bespreking hiervan en ook sy boek met die volgende sin afsluit: “The future of Afrikaans is literally in coloured hands, and so is the future of the Afrikaners” (324). Dit is ‘n onderskrywing van die joernalis Pieter Malan se standpunt, wat op 23 Augustus 2017 in Rapport gepubliseer is. Myns insiens is swart of bruin nie die nuwe wit nie. Dit is die Afrikanervolk wat homself en sy kultuur, insluitende Afrikaans, moet red.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.