Leon Lemmer: ‘n Vergelyking van Algerië en Suid-Afrika se ‘bevrydingstryd’

Tenks van die Algerynse weermag in die hoofstad Algiers ná die kansellering van 'n verkiesing in 1991. Foto: Wikipedia.

Tydens die Algerynse oorlog (1954-1962) het AM van Schoor, die redakteur van Die Vaderland, in “Wêreldgebeure,” sy weeklikse rubriek op die Afrikaanse sender van die SAUK, voorspel dat wat met die blankes in Algerië gebeur, ‘n aanduiding sal gee van wat uiteindelik met die blankes in Suid-Afrika gaan gebeur. Weens Algerië se onafhanklikheidsverkryging onder ‘n Moslem meerderheid van Arabiere en Berbers, het meer as ‘n miljoen blankes, ‘n tiende van die bevolking, die land verlaat. Weens ons “bevryding” in 1994, toe die politieke mag aan die swart meerderheid oorgedra is, het meer as ‘n miljoen blankes Suid-Afrika verlaat en die uittog duur voort. Algerië is deesdae 99% Moslem. In Suid-Afrika is meer as 80% van die bevolking swart. Weens “natuurlike” aanwas en (onwettige) immigrasie uit veral Afrika-lande, word Suid-Afrika se bevolking al hoe meer homogeen swart, soos Algerië homogeen Moslem geword het.

Die Moslems het Algerië in die 7de eeu begin inneem nadat die christelike Bisantynse owerheid daar verslaan is. In 1830 het die land ‘n Franse kolonie geword. Die seerowery en handel in blanke slawe het toe daar tot ‘n einde gekom. Nadat Frankryk teen 1954 uit Indo-China (Kambodja, Laos en Noord-Viëtnam) verdryf is, het Marokko en Tunisië, twee buurlande van Algerië, in 1956 onafhanklikheid van Frankryk verkry. Die groot blanke bevolking in Algerië het meegebring dat Frankryk aanvanklik onwillig was om die politieke mag aan die Moslem meerderheid oor te dra. Die strategie wat gevolg is, was om Algerië nie as ‘n kolonie nie maar as ‘n integrerende deel van Frankryk te beskou. Moslems kon egter nie Franse burgerskap bekom nie. Frankryk en Algerië word van mekaar geskei deur slegs sowat 800 kilometer Middellandse See. As Turkye oor twee vastelande, Europa en Asië, kan strek, behoort dit ook veroorloof te wees as Frankryk oor twee vastelande, Europa en Afrika, strek. In die internasionale politiek word Westerse en nie-Westerse lande egter met verskillende maatstawwe gemeet.

Wat die blankes, van veral Franse, Spaanse en Italiaanse oorsprong, binne 130 jaar in Algerië tot stand gebring het, was merkwaardig. Naas Suid-Afrika was dit die beste voorbeeld van Westerse beskawing in Afrika. ‘n Fundamentele verskil is dat Algerië naby Europa geleë is en dit dus betreklik maklik was om Westerse beskawing daar te vestig. Wat deesdae glad nie genoeg erkenning kry nie, is die Westerse beskawing wat Europese setlaars, bv Hollanders en Duitsers, en hulle nageslag in Suidelike Afrika, ver van Europa af, onder baie moeiliker omstandighede tot stand gebring het. Die ontwestering en agteruitgang van Algerië is tragies. Wat sedert 1994 in Suid-Afrika gebeur, is ‘n baie groter ramp wat katastrofale gevolge het, nie net vir die blankes nie, maar vir die hele land. Die kanker wat Westerse beskawing in albei lande (grootliks) vernietig het, is kommunisties geïnspireerde terrorisme.

Terrorism

In sy boek, Terrorism: A very short introduction (Oxford University Press, 2002, 1st ed, 157p – daar is nou ‘n 3de uitgawe, 2018, 184p, Kindle $7.07, beskikbaar) skryf Charles Townshend: “The most careful assessment of FLN [Front de Libération Nationale] terror in Algeria has concluded that terrorism ‘was integral to the revolution'” (p 94). “Terrorism is the recourse of those too weak to oppose states openly. But this misses the point that the weak may adopt a strategy of resistance which does not require terror” (7). Nelson Mandela het graag die leuen verkondig dat daar geen ander opsie as terreur was nie, in ‘n poging om te regverdig waarom hy geweld bepleit het lank voordat die ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party daartoe ingestem het. “The essence of terrorism is the use of violence by the armed against the unarmed” (8). Dit is hoe die ANC in bv swart woongebiede te werk gegaan het. “Fear may drive people to comply” (9). Dit is steeds ‘n manier waarop die ANC kiesers intimideer om vir hom te stem. Vrees vir geweld verklaar ook ten minste deels FW de Klerk se mandaatlose oorgawe aan swart mag.

“The terrorist is noble, terrible, irresistibly fascinating, for he combines in himself the two sublimities of human grandeur: the martyr and the hero” (31). Hiermee word iemand soos Nelson Mandela raak gekarakteriseer. Karl Marx “said that ‘revolutionary terrorism’ was the only way to shorten the ‘agonies of the old society and the birth pangs of the new'” (54). Geen wonder dat die ANC met kommunisme deurweek is nie. “The framework for much modern terrorist action is ethnic or nationalist” (74). “Terrorism may play a leading part in the attempt to preserve or ‘reawaken’ the national spirit” (76). Dit het vir die ANC nie soseer gegaan om bevryding van ‘n owerheidsbestel wat as “onderdrukkend” voorgestel of ervaar is nie, maar veel eerder om die ontslaeraking van die blanke bewind. Swart mag is begeer en dien nou as grondslag vir nasiebou.

“It is no coincidence that terrorism has flourished most spectacularly in a modern Western world which since the 19th century has achieved an unprecedented level of public security, together with dependence on an extremely complex infrastructure” (116). By diegene wat nie het nie, speel jaloesie ongetwyfeld ‘n groot rol. As hulle beheer oor ‘n land verkry, is verval aan die orde van die dag omdat hulle nie in staat is om die infrastruktuur te onderhou nie. “Publicity is the ‘oxygen’ of terrorism” (136). Townshend verwys na die “professionally alarmist media” wat terrorisme aanblaas (116). Daar is “the failure of the international community to fully recognize terrorism as criminal behaviour” (127), soortgelyk aan onwettige immigrasie wat meesal nie as misdaad gekarakteriseer word nie. “Terrorists make a conscious and deliberate effort to manipulate the media … By providing extensive coverage of incidents the media give the impression that they sympathise with the terrorist cause” (136). In Suid-Afrika het dit nie net tydens die “bevrydingstryd” gebeur nie. Dit word tot op hede in die inligtingsmedia voortgesit deur die ANC as ‘n aanvaarbare en selfs eerbare regering voor te stel.

Die Amerikaanse teenterrorisme-beleid stel as eerste beginsel: “Make no concessions to terrorists and strike no deals” (130). Dit is des te meer noodsaaklik as die terroriste kommuniste is. FW de Klerk het hierdie beginsel feitlik van die begin af doelbewus geïgnoreer, met fatale gevolge. In Algerië was die Franse beleid aanvanklik ook om nie met terroriste te onderhandel nie. Hulle moes eerder uitgeroei word. In 1934 het die Volkebond soos volg besluit: “It is the duty of every state neither to encourage nor tolerate on its territory any terrorist activity with a political purpose” (127). “Acts of terrorism” is gedefinieer as “directed to the overthrow of a government or an interruption in the working of public services or a disturbance in international relations, by the use of violence or by the creation of a state of terror” (128). Die Volkebond se opvolger, die Verenigde Nasies, het die gewelddadige aksies van die ANC egter nooit as terrorisme erken nie en hulle veel eerder aangemoedig.

Algeria

Die voorbeeld wat terrorisme in Algerië aan ander lande gestel het, word deur Alexander Furrows ondersoek in sy boek, Algeria: The birthplace of modern terrorism? (2017, 50p; Amazon Kindle $5,74). Volgens Furrows het die manier waarop die onafhanklike Moslemstaat Algerië gevestig is, as voorbeeld gedien vir terrorisme elders, insluitende Suidelike Afrika. “Terrorisme” word gedefinieer as “skrikaanjaging/intimidasie deur dade van geweld” en “terroris” as “persoon, dikwels ‘n lid van ‘n militante organisasie, wat onverwags met geweervuur, bomme of ‘n selfmoordvoertuig of -vliegtuig toeslaan op lede van die publiek of op ‘n openbare teiken geassosieer met die staat of korporatiewe wêreld, met die doel om deur vrees, paniek en intimidasie die belange van sy/haar organisasie te bevorder” (HAT). Hiervolgens was bv Nelson Mandela ‘n terroris en die ANC ‘n terroristiese organisasie. Deesdae word Mandela as ‘n vryheidsvegter en die ANC as ‘n bevrydingsorganisasie voorgestel, maar daar kan geen twyfel wees dat hulle terreurdade gepleeg het nie. Die vraag moet gestel word: Kan ‘n persoon of organisasie wat so ‘n immorele geskiedenis/nalatenskap van vernietiging het, ‘n land doeltreffend bestuur en opbou en op die pad van voorspoed (soos tydens die blanke bewind) plaas?

Soos in Suid-Afrika was terrorisme in Algerië uit beginsel teen die blankes gemik, al was dit ook nodig om terreur onder nieblankes te saai ten einde hulle tot steun te intimideer. “Algeria’s war of independence was the first major modern conflict in which guerrilla attacks were focused on civilian targets in a European population” (Kindle 52). “Many attacks were directed at the large population of pieds-noirs [black feet/Algerian whites] with the intention of forcing them out. In essence, violence was employed to terrorise civilians into giving in to the nationalists’ demands” (206). Die Algerynse blankes, soos dié in bv Suid-Afrika en Rhodesië, “believed [they] had built a civilisation [and] resented the idea of black majority rule” (151).

“The French had managed to achieve a near total military victory, but had failed to achieve a political one” (623). Teen 1958 was die Franse militêr heeltemal in beheer van die situasie in Algerië (358), net soos die blanke bewind in Suid-Afrika in 1989 militêr by verre die oorhand oor die terroriste gehad het. In Algerië het die Franse die hef in die hande gekry danksy hulle effektiewe “control of the borders with Morocco and Tunisia” (538). In Suid-Afrika het De Klerk egter verkies om veiligheidsmaatreëls, bv grensbeheer, af te skaal, wat aan terroriste die geleentheid gebied het om die land met hulle wapens binne te kom. Dit het die blankes se onderhandelingsvermoë aan bande gelê. Charles de Gaulle (1890-1970, president van Frankryk 1958-1969) “was [initially] perceived to be supportive of the military and of a French Algeria” (366), net soos in 1989 verkeerdelik gedink is dat De Klerk ‘n konserwatiewe, betroubare bondgenoot van die blankes in Suid-Afrika was. De Gaulle het aanvanklik ‘n selfregerende maar Franse Algerië in die vooruitsig gestel; een waarin die blankes saam met die Moslems bv die oliebronne in die Sahara sou ontgin (186).

Soos in Suid-Afrika het sake vir die blankes in Algerië tydens die onderhandelinge met die kommunistiesgesinde terroriste skeef geloop. De Gaulle kon persoonlik toegee aan die Moslems se eise omdat buitensporig groter magte aan hom as die president van die Vyfde Republiek toegeken is (383). “The man whom they [the whites in Algeria] expected to be their saviour was now widely perceived to have betrayed them” (451). In Suid-Afrika het De Klerk op ‘n ander manier verraad teenoor die blankes gepleeg. In die 1992-referendum het die meerderheid blanke kiesers ten gunste van politieke magsdeling gestem. Die uitdruklike verstandhouding was egter dat die finale ooreenkoms in ‘n opvolgreferendum aan die blanke kiesers vir goed- of afkeuring voorgelê sou word. Dit is nooit gedoen nie. De Klerk het geredeneer dat die mandaat wat hy vir onderhandeling oor magsdeling ontvang het, magsoorgawe aan die swartes ingesluit het. Die gelyke van hierdie blatante verraad is seker nêrens elders in die geskiedenis van die mensdom te vinde nie.

Soos in Suid-Afrika was die Algerynse terroriste nie bereid tot effektiewe politieke inspraak deur minderheidsgroepe nie. Deur almal gelyk te verklaar, het kwantiteit oor kwaliteit geseëvier, wat noodwendig die kiem van agteruitgang in hom omdra. Die Franse soldate en blanke inwoners “felt that their sacrifices were for nought” (451) – soos in Suid-Afrika. “The French soldiers whose sacrifices eventually were in vain tended to blame the international media for their political masters’ decision to abandon Algeria” (702). Daar was “a growing acceptance in France that the FLN had a just cause and that the pieds-noirs [Algerian whites] were themselves right-wing extremists” (475). In Suid-Afrika is Mandela en sy mede-terroriste ná 1994 al hoe meer as vryheidsvegters opgehemel, bv in die pers, omdat hulle glo op ‘n moreel regverdigbare manier vir geregtigheid geveg het. Diegene wat nie (heelhartig) hiermee saamstem nie, word as verregse rassiste uitgekryt.

Let op hoe soortgelyk Suid-Afrika se ná 1994-transformasiegeskiedenis aan dié van Algerië is. “De Gaulle swiftly announced ‘The Constantine Plan’ which was targeted at the Muslim population of French Algeria. This plan outlined reforms that would increase the rights of Muslims, redistribute land and create hundreds of thousands of jobs for Muslims, most notably in the civil service” (391) – nie die afskaffing van rasse-diskriminasie nie, maar die saligverklaring daarvan omdat dit, soos in die nuwe Suid-Afrika, ten koste van blankes gepleeg word. De Gaulle het gehoop dat sy kruipsug ‘n aandeel in Algerynse olie vir Frankryk sou verseker, maar die oliebedryf is kort na onafhanklikheid genasionaliseer.

Die behoud van die blankes in Algerië vóór 1962, soos in Suid-Afrika vóór 1994, was dat hulle in groot mate in aparte gebiede gewoon het (261). Daarby was baie van die Moslems in die stedelike gebiede, veral Algiers en Oran, pro-Frans gesind (261). Soos in Suid-Afrika is die pro-blanke nie-blankes, veral die Berbers, geterroriseer totdat hulle eerder die terroriste ondersteun het. Ná hulle onafhanklikwording in 1956 het veral die twee buurlande, Marokko en Tunisië, terrorisme in Algerië ondersteun (300), soortgelyk aan die manier waarop lande in Suider-Afrika (Angola, Zambië, Zimbabwe en Mosambiek) ná onafhanklikwording terrorisme in Suid-Afrika ondersteun het. Die FLN het ‘n regering in ballingskap in Kaïro gehad (399), soortgelyk aan die ANC se destydse teenwoordigheid in Londen en Lusaka.

Die ooreenkomste tussen die “bevrydingsgeskiedenis” van Algerië en Suid-Afrika strek selfs verder. “By the end of 1960 … the French state was starting to view Algeria as a liability” (484). “The financial and human costs [of the Algerian war] mounted” (441). “On January 8th 1961, President de Gaulle’s government organised a referendum on Algerian self-determination, which asked the question: ‘Do you approve the bill submitted to the French people by the president of the Republic and concerning the self-determination of the populations of Algeria and the organization of the public authorities in Algeria prior to self-determination?’ Clearly a resounding yes vote would appear to give de Gaulle a mandate to end the war. The question, however, was worded in such vague terms as to be a pretext for almost anything from full independence to the opposing extreme of partition or Apartheid” (497). Daar was ‘n stadium in die onderhandelinge toe De Gaulle “threatened to partition Algeria into French and Muslim zones and to expel all Algerians from France” (522). “In mainland France … 76.25% voted Yes” (497) terwyl die referendum in Algerië deur baie blankes geboikot is (506).

In die referendum op 17 Maart 1992 is Suid-Afrika se blanke kiesers versoek om op ‘n soortgelyk vaag bewoorde vraag te antwoord: “Ondersteun u die voortsetting van die hervormingsproses wat die staatspresident op 2 Februarie 1990 begin het en wat gerig is op ‘n nuwe grondwet deur onderhandelinge?” (Hermann Giliomee, Die Afrikaners, ‘n biografie, Kaapstad: Tafelberg, 2004, p 591). 69% het Ja gestem. Al was die bewoording hoe vaag, is daar geen eerbare manier waarop ‘n mandaat vir magsdeling in magsoorgawe getransformeer kan word nie. De Klerk het immers eie woongebiede, eie skole, dat niemand sy werk sou verloor nie, ens, aan die blanke kiesers belowe. Ook dat die blanke kiesers die finale grondwet sou kon goed- of afkeur (597). Dat magsoorgawe uit was, blyk uit ‘n Nasionale Party-plakkaat uit daardie tyd wat lui: “Staan meerderheidsregering teen: Stem Ja” (591).

“Die NP sou in die verkiesing van 1994 ‘n onoortuigende poging aanwend om te bewys dat die grondwet ooreenstem met die beloftes daaroor wat dit in 1989 aan die kiesers gedoen het. De Klerk het dus nie sy belofte gestand gedoen om die konsepgrondwet [finale grondwet?] in ‘n referendum aan die kiesers voor te lê nie … Die koerante [en die SAUK – Praag 1.10.2018] het ook nie daarna verwys nie en die aangeleentheid het vervaag” (597). In sy versuim om die grondwet in ‘n opvolgreferendum vir goed- of afkeuring aan die blanke kiesers voor te lê, is De Klerk heel moontlik geïntimideer deur die arrogante Mandela wat voor die 1992-referendum gesê het dat dit die laaste keer is dat hy sal toelaat dat net die blanke kiesers stem.

De Klerk het in Maart 1990 gesê dat “die grondwetlike voorstelle ná voltooiing van die onderhandelinge op ‘n grondwetlike manier by die kiesers getoets sal word. ‘n Nuwe grondwetlike bedeling sal net met hul steun ingestel word” (Hermann Giliomee, Die laaste Afrikanerleiers: ‘n Opperste toets van mag, Kaapstad: Tafelberg, 2012, p 356). Oor die 1992-referendumvraag skryf Giliomee: “Dit was ‘n valerige vraag wat die kiesers eenvoudig gevra het om die beginsel van onderhandelinge te bekragtig, nie die resultaat nie” (358). Lawrence Schlemmer het gesê: “Wit mense het gewis nie ‘n toekomstige ANC-regering in gedagte gehad toe hulle onderhandelinge gesteun het nie. Die mees fundamentele versekering wat die NP gegee het, was dat daar in die voorsienbare toekoms magsdeling in die vorm van gewaarborgde koalisieregering sal wees. NP-woordvoerders het ook die versekering gegee dat daar geen meerderheidsoorheersing sal wees nie” (358). Schlemmer het verder gesê: Die blanke kiesers “het basies gestem om [De Klerk] ‘n mandaat te gee omdat hulle hom in ‘n baie hoë mate vertrou het om hulle nie uit te verkoop nie” (359). De Klerk het geblyk nie daardie vertroue werd te wees nie. Colin Eglin het gesê “Dit was ‘baie stout’ van De Klerk om te beweer dat hy sy beloftes gehou het” (359). “Ebbe Dommisse, die redakteur van Die Burger, het geskryf dat De Klerk ‘n mandaat vir magsdeling gekry het, nie vir meerderheidsregering nie” (359).

In Hermann Giliomee: Historikus, ‘n outobiografie (Kaapstad: Tafelberg, 2016) herbevestig die outeur sommige van sy bogenoemde stellings, bv “Die NP-regering se advertensies voor die referendum het duidelik die boodskap gegee dat ‘n ja-stem ‘n stem teen meerderheidsregering verteenwoordig. Almal het geweet dit was die regeringsvorm wat die ANC gepropageer het. Die meeste ja-stemme in die referendum het nie aan die De Klerk-regering ‘n mandaat gegee om tot meerderheidsregering in te willig nie” (181). Reeds tydens die grondwetlike onderhandelinge het Giliomee geskryf: “Op die oomblik berus die NP se hele konstitusionele benadering op die persoonlike waarborg wat pres De Klerk gegee het dat hy nie van sy verkiesingsbeloftes sal afwyk nie. En is dit goed genoeg wanneer die toekoms van die volk op die spel is?” (182).

Nadat ons “bevryding” in 1994 ‘n werklikheid geword het, is voortgegaan met geweld en terreur en die vernietiging van wat sedert 1652 opgebou is. Plaasmoorde is een van die manifestasies hiervan, wat volgens sommige vertolkings volksmoord is. Aangesien baie Boere nog nie deur moord van hulle plase gedryf is nie, is op ‘n bykomende strategie besluit: oneiening sonder vergoeding, “of ons daarvan hou of nie.” Dit is die frase wat Cyril Ramaphosa reeds herhaaldelik met genoegdoening gebruik het terwyl hy terselfdertyd spog oor hoeveel plase reeds ten bate van swartes en ten koste van blankes “herverdeel” is. As die gans nie vlieg nie, word die dam onder hom uitgepluk. As die Boer nie padgee nie, word sy plaas in die naam van geregtigheid sonder vergoeding van hom weggeneem. Dit is wat ‘n regering doen wat graag daarop roem dat hy “die hoë morele grond” beklee. Dit is militante swart mag waarmee ons as deel van die tweede fase van oorgang van die ANC se “nasionale demokrasie revolusie” te make het. Geen wonder baie blankes vind dit nodig om liewer die land te verlaat nie. Die blanke kiesers het nooit tot die huidige grondwetlike bedeling ingestem nie. Daarom beskou ek die ANC as ‘n onwettige regering, of Ramaphosa en die ANC daarvan hou of nie.

In Algerië het die ná-bevrydingsera op ‘n soortgelyke manier verloop. Ná religieuse vryheid in ‘n oorgangsperiode van drie jaar (583) het die bewind fundamentalisties Moslem geword. Demokrasie het plek vir ‘n eenpartystaat gemaak. Die situasie in die nuwe Suid-Afrika verskil nie veel hiervan nie omdat die swartes weens hulle getalsoorwig verseker daarvan is dat meerderheidsregering volgens hulle wense verloop en daar nie na die belange van die blankes omgesien word nie. Dít is die misdaad teen die Westerse beskawing – indien nie die mensdom nie – wat in 1990/94 onder die leiding van ‘n groepie blanke Afrikaanssprekendes teen mense gepleeg is wat histories húlle etnisiteit was.

“The war ended with Algerian independence and a refugee crisis. All efforts made by the French government to secure guarantee of protection for the pieds-noirs by Algeria failed almost immediately, with over a million people fleeing to France in the aftermath of independence” (631). Die keuse waarvoor die blanke Algeryne gestel is, verskil nie wesenlik van die lot van blankes in Suid-Afrika nie; daar is hoogstens ‘n graadverskil: “the Suitcase [ie to flee] or the Coffin [ie to die] … Nearly 200 000 pieds-noirs had left in the years up to 1962, but in the first few months of 1962, 70 000 chose the Suitcase. In this same period, 2 000 pieds-noirs disappeared in kidnappings and a further 2 000 were killed” (599).

Wat in Algerië gebeur het, is nie uniek in Afrika nie. Byvoorbeeld, Mosambiek het in 1975 onafhanklik geword. “Within thirteen years, the large Portuguese population in Mozambique departed with similar speed, and its capital city of Lourenço Marques became the African city of Maputo as quickly as Algiers and Oran had transitioned [transformed] from French cities into Arab ones” (615).

“Modern terrorist attacks can be viewed as derivative versions of techniques invented and tested in Algeria” (213). Mandela en daarna die ANC se aanhang van geweld en terrorisme het ook ‘n ander Algerynse konneksie. Frantz Fanon (1925-1961) het hom met woord en daad aan die kant van die Moslem-terroriste geskaar. In Suid-Afrika het ANC-aktiviste nie net van Karl Marx (1818-1883) en Friedrich Engels (1820-1895) se geskrifte kennis geneem nie, maar ook van dié van Antonio Gramsci (1891-1937), bv Jakes Gerwel en Russel Botman. Wat die geweldsopsie betref was geen outeur meer invloedryk as Fanon nie. “Soos die latere vredesikoon, Nelson Mandela (1918-2013), is Fanon behep met die voortreflikheid van geweld” (Praag 4.01.2018). Byvoorbeeld, Steve Biko (1946-1977) was en Jonathan Jansen is bewonderaars van Fanon.

Ná 1962 is Algerië gearabiseer en die Franse taal is aanvanklik onderdruk. Ná 1994 is Suid-Afrika geafrikaniseer, die koloniale taal Engels is effektief tot die enigste amptelike taal verhef en Afrikaans word sover moontlik geminag en onderdruk. Daar is naas ooreenkomste dus uiteraard ook verskille tussen die “bevryding” van Algerië en Suid-Afrika. Byvoorbeeld, die pieds-noirs het (historiese) vaderlande (veral Frankryk, Spanje en Italië) gehad waarheen hulle kon ontvlug. Dit kan kwalik met reg beweer word dat daar (in dieselfde mate) vir Afrikaners so ‘n historiese vaderland bestaan waarheen hulle kan terugvlug. Vir die plaaslike blankes is die skandaligste verskil tussen Algerië en Suid-Afrika dat die pieds-noirs op heroïese wyse in talle opsigte en oor ‘n lang tydperk De Gaulle se verraad kragdadig bestry het. Die Suid-Afrikaanse blankes, daarenteen, het hulle grootliks deur De Klerk en sy medepligtiges en die pers se leuens en Mandela se paaiery tot passiwiteit laat mislei. Wat onverskoonbaar is, is dat die NP-onderhandelaars na verloop van drie dekades skynbaar ernstig in gebreke gebly het om dure lesse uit die Algerynse gebeure te leer. Dit is hierdie hensoppers wat steeds in die openbaar verskyn en gunstige publisiteit vir hulleself soek asof hulle uitsonderlik gepresteer het deur verraderlik-mandaatloos aan swart mag oor te gee.

Ek het al by verskeie geleenthede oor die “bevrydingsoorlog” in Algerië geskryf en ook oor dié in Suid-Afrika. Daar is baie meer wat hieroor geskryf kan word. Ek volstaan egter met die opmerking dat een van die gesaghebbendste boeke oor die Algerynse oorlog dié van Alistair Horne is: A savage war of peace: Algeria, 1954-1962 (London: Papermac, 1977/1996, 608p; Amazon Kindle 2011, 624p, $13,80).

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.