Elana Barkhuizen heraangestel in haar pos ná dringende hofaansoek

Deel op

Die Johannesburgse Arbeidshof het vanoggend beslis dat Elana Barkhuizen, die onderwyseres Laerskool Schweizer-Reneke-onderwyser Elana Barkhuizen se skorsing onwettig was.

Die hof het beveel dat Barkhuizen onmiddellik na haar werk terugkeer.

Barkhuizen is op 10 Januarie geskors, ‘n dag na die begin van die 2019-skooljaar, nadat ‘n foto van ‘n mede-onderwyseres se graad R-klas wat sy op Whatsapp aan ouers gestuur het, viraal op sosiale media versprei het.

Op die foto sit swart en wit leerlinge by aparte tafels in die klas.

Histeriese linkses en joernaliste in die hoofstroommedia het haar as  ‘n “rassis” gebrandmerk, maar Barkhuizen het in haar beëdigde verklaring aan die hof verduidelik dat dit om praktiese redes gedoen is en dat die kinders van tyd tot tyd verskuif is.

Gister het die ANC se LUR vir onderwys in Noordwes, Sello Lehari, aangedui dat hy en die departement nie meer Barkhuizen se dringende aansoek ​​om terug te keer na haar pos sal teenstaan nie. Waarskynlik het hy dié besluit geneem omdat hy besef het hoe swak sy saak is, aangesien Barkhuizen in elk geval in diens van die beheerraad van die skool is en nie in diens van Lehari se departement nie.

Na alle waarskynlikheid sal Barkhuizen môre na Laerskool Schweizer-Reneke terugkeer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.