Salvini weier om Brussel se migrantekwotas te aanvaar

Matteo Salvini, Italiaanse minister van binnelandse sake

Matteo Salvini, minister van binnelandse sake van Italië, het gister gesê hy sal nie meer die binnekoms van migrante in Italië magtig nie, ondanks ‘n EU-ooreenkoms om dit tussen lidlande te deel.

“Ek sal nie immigrante wat aankom, magtig nie,” het hy op ‘n besoek aan Pole gesê. “Keuses word gedeel en vergaderings word vooraf gehou, nie agterna nie,” het hy gesê. Hy het verwys na Premier Giuseppe Conte, wat volgens Salvini hom nie geken het in onderhandelings rondom die kwessie nie.

“Ek is, en bly gekant teen nuwe aankomelinge in Italië,” het Salvini gesê. Hy het toegang geweier vir NGO-vaartuie om Italië se hawens aan te doen. “[In Brussel] het hulle voorgegee om nie te verstaan ​​nie en hulle fasiliteer die werk van die mensesmokkelaars en die NRO’s,” het hy bygevoeg.

“Om toe te gee aan die druk en dreigemente van Europa en die NRO’s is ‘n teken van swakheid wat die Italiaanse volk nie verdien nie.”

Salvini het gister ná sy ontmoeting met die Poolse leier Jaroslav Kaczinski in Warskou gesê dat dat hy ‘n pakt in Europa voorgestel het. Hy gaan ‘n pakt in Europa bewerkstellig wat soortgelyk is aan dié wat hom met sy regeringsvennoot, die anti-establisment-5-sterbeweging (M5S) in Italië, verbind.

Hierdie ooreenkoms vir die Europese verkiesing vanjaar in Mei sal “Italianers, Pole, Spanjaarde, Dene en ander in staat stel om te besluit of hulle saamstem of nie,” het Salvini gesê. “Ons sal daaraan werk voor die [Europese] verkiesing”, het hy gesê.

Volgens Salvini was die doelwit vir nasionaliste om “die voorste beweging in Europa” te kweek. Salvini onthou dat die M5S gebruiklik teen aangeleenthede gestem het wat vir sy Liga-party belangrik was, soos immigrasie en die Roma-kwessie, toe hy ‘n EP-lid was, maar “nou stem ons grootliks saam.”

Die Italiaanse minister van buitelandse sake, Enzo Moavero Milanesi, het intussen bevestig dat sy land nie sou instem tot die verdere toelating van immigrante nie.

“Daar is voorstelle in Europa vir die toelating van meer migrante uit ander vaartuie wat deur smokkelaars en nie-regeringsorganisasies vervoer word. Dit is ‘n groot probleem. Byvoorbeeld, verskeie mense uit Noord-Afrika word vandag in Italië aangehou. Een van die daders word van terrorisme beskuldig,” het die Italiaanse minister gesê. Hy het Woensdag in Warskou ontmoet met die Poolse minister van binnelandse sake, Joachim Brudzinsky.

“As ‘n minister, sal ek nooit instem om ander immigrante te aanvaar nie,” het Moavero Milanesi gesê.

“State moet hul eie grense en hul eie burgers kan beskerm. Dit is die rede waarom Italië en Pole geweier het om ‘n globale ooreenkoms oor migrasie te teken,” het hy afgesluit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.