VSA wil VN-rassismekonferensie bywoon

Deel op
Die Obama-administrasie heroorweeg sy beplande boikot van ‘n kontroversiële VN-rassismekonferensie wat sterk teengestaan word deur Israel en Joodse groepe, en wat bygewoon gaan word deur die Iranse president, het die departement van buitelandse sake laat Maandag gesê.

In ‘n skuif wat sy sterkste Midde-Oosterse bondgenoot kan omkrap, het die Amerikaanse departement gesê die administrasie is tevrede met ‘n diplomatieke aksie wat poog om ‘n dokument waarteen beswaar gemaak word te verander. Die dokument kan deur die vergadering aanvaar word en Amerika kan die konferensie bywoon indien die poging suksesvol is.

“Ons hoop dat die oorblywende kommer aangespreek kan word sodat Amerika kan aansluit by die konferensieproses, met die hoop dat daar op ‘n dokument ooreengekom kan word wat ons kan ondersteun,” het Robert Wood, ‘n woordvoerder in ‘n verklaring gesê.

Israel en Kanada het reeds aangekondig dat hulle die vergadering gaan boikot.

Israel wat erg bekommerd is nadat die administrasie ‘n afvaardiging na die voorbereidingsvergadering gestuur het, het hard probeer om Amerika so ver te kry om die konferensie te boikot.

сколько стоят прозрачные брекетытопкарго отзыв

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.