PRAAG wens al sy lesers ‘n geseënde Geloftedag toe. Dis die een dag van die jaar dat daar ‘n eenheidsgevoel onder alle Boere en Afrikaners heers, in herinnering aan die lyding, opofferings en heldedade wat die Groot Trek behels het. Die moord op Piet Retief en die daaropvolgende Slag van Bloedrivier is vir altyd in ons geskiedenis ingebrand. Selfs nie eens die huidige bewind met sy miljarde rande se anti-Afrikaanse propaganda kon dit uitwis nie.
Hier is ‘n YouTube-video van veertig minute wat die geskiedenis van Bloedrivier oorvertel.