Amerikaners is vet, bedwelm en selfmoorddadig toon nuwe statistiek

Die vetsugsyfer in die Verenigde State het vanjaar die hoogste vlak ooit bereik, volgens die Verenigde Gesondheidstigting se 2018-verslag, terwyl ‘n onrusbarende toename in die misbruik van voorskrif-tipe psigoterapeutiese middels insgelyks opgemerk is.

Vetsug is ‘n toonaangewende bydraer tot kardiovaskulêre siekte, kanker en ander gevaarlike gesondheidstoestande. Daarbenewens laat ‘n toename in dwelmsterftes, selfmoord en kardiovaskulêre siekte voortydige sterftes in die VSA die hoogte inskiet.

Die vetsugkoers het van 29,9% tot 31,3% van die bevolking gestyg, het Associated Press berig. Die koers het  vir die eerste keer in Amerika se Gesondheidsranglysgeskiedenis die 30-persentpunt van alle volwassenes oorskry, ‘n styging van 5% slegs in die afgelope jaar.

Voortydige sterftes het met 3 persent toegeneem, van 7 214 tot 7 432 verlore jare vir mense jonger as 75 jaar per 100 000 mense.

Die selfmoordsyfer het sedert 2012 met ‘n skokkende 16 persent toegeneem (van 12,0 tot 13,9 sterftes per 100 000 mense). Die staat Montana het die hoogste selfmoord op 26,0 sterftes per 100 000. Die selfmoordsyfer is baie hoër onder mans: 22,2 sterftes per 100 000 in vergelyking met vroue teen 6,2 sterftes per 100 000.

Montana is ook  staat in die VSA  wat die minste swart is. Volgens die jongste Amerikaanse sensusbevolkingsberamings is 0,43 persent van Montana se 944 632 inwoners swart. Daar is slegs 4 094 swart mense daar, wat ook die kleinste swart gemeenskap van enige staat in die land is, wat daarop dui dat selfmoord meestal witmense tref.

Terwyl Amerikaners vetter as ooit is, spog die VSA ook die met die meeste dwelmsterftes ooit, asook die hoogste gebruk van anti-depressante in die geskiedenis.

Ongeveer 24,6 miljoen mense in die Verenigde State het volgens die jongste regegringstatistiek ‘n tipe onwettige dwelm in Junie gebruik. Sowat 9,4 persent van alle persone van 12 en ouer is betrokke by die gebruik van onwettige dwelms of die onmediese gebruik van voorskrifmedisyne.

Die Nasionale Opname oor Dwelmgebruik en Gesondheid (NSDUH), ‘n jaarlikse reeks onderhoude met 67 500 persone wat deur die Substansmisbruik en Geestesgesondheidsdienste-administrasie geborg word, verskaf die mees akkurate ramings.

Volgens die bevindings van die NSDUH in 2013, het onwettige dwelmmiddelsyfers ‘n onlangse neiging begin toon met toenemende dagga-gebruik en ‘n onrusbarende toename in die misbruik van voorskrif-tipe psigoterapeutiese middels.

Volgens die opname is die algemeenste dwelms wat misbruik word:

Dagga, met 19,8 miljoen mense
Voorskrifmiddels: 6,5 miljoen niemediese gebruikers.
Kokaïen: 1,5 miljoen gebruikers.
Hallusinogene, waaronder Ecstasy: 1,3 miljoen gebruikers.
Metamfetamien: ongeveer 595 000 gebruikers.
Heroïen: sowat 300 000 gebruikers.

Die meeste onwettige dwelmgebruikers verrig ‘n werk of verkeer in diens, het die studie getoon.

Volgens SAMHSA se ramings het 2,8 miljoen mense dwelms vir die eerste keer in 2013 gebruik, gemiddeld 7 800 nuwe gebruikers per dag. Van die nuwe gebruikers was 54,1 persent jonger as 18 jaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.