Kovsies raak ontslae van MT Steyn-standbeeld voor hoofgebou

Die standbeeld van president MT Steyn wat van die Kovsie-kampus verwyder gaan word omdat dit aanstoot aan swart studente gee

Die Universiteit van die Vrystaat het gister aangekondig dat die historiese standbeeld van MT Steyn, die laaste president van die voormalige Boererepubliek wat in 1902 aan sy einde gekom het, van die kampus “verwyder gaan word”. In onlangse jare was die universiteit geneig tot anti-wit sentiment, waaronder aanvalle op standbeelde wat blankes verteenwoordig.

Volgens ‘n verklaring wat deur die universiteit vrygestel is, het die Raad verder versoek dat die hervestiging in volle samewerking met die familie van president MT Steyn gedoen moet word. Die besluit van die Raad volg op ‘n aanbeveling van die “Spesiale Taakspan” in ‘n verslag aan die rektor en visekanselier, prof Francis Petersen, “dat die standbeeld na ‘n terrein weg van die kampus verskuif moet word.”

Prof Francis Petersen (links) tydens gisteraand se perskonferensie toe aangekondig is dat die Steynbeeld verwyder gaan word

“Die besluit is nie ligtelik geneem nie, maar ek glo dat dit in die beste belang van die universiteit was,” het prof Petersen gesê. Die “Spesiale Taakspan” is vroeër vanjaar deur prof Petersen aangestel “om ‘n raamwerk te ontwikkel en te implementeer om betrokke te raak by ‘n proses om die posisie van die standbeeld voor die Hoofgebou op die Bloemfontein-kampus te hersien.”

Swart studente en kommunistiese radikale het so ver terug as 2003 beswaar gemaak teen die MT Steyn-standbeeld en besware teen die “standbeeld van die blanke man” is weer op 28 April 2015 tydens ‘n Universiteitsvergadering geopper.

In Januarie 2018 het die Universiteit se geïntegreerde transformasieplan-werkstroom wat handel oor “Name, Simbole and Ruimtes” begin met ‘n hersiening van hoe ruimte en simboliese voorstelling die sosiale insluiting in ‘n diverse gemeenskap vergemaklik of belemmer. Verteenwoordigings van blanke mense is beskou as iets wat “diversiteit verhinder”, daarom moes die MT Steyn-standbeeld as “‘n prioriteit” verwyder word.

Op 8 Maart 2018 het die swart-oorheerste Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) weereens gevra dat die MT Steyn-standbeeld “verwyder moet word”. Prof Francis Petersen, ‘n radikale kleurlingakademikus wat vroeër aan die kultuurmarxisties besmette Universiteit van Kaapstad verbonde was en daarna as visekanselier en hoof van die landelike Universiteit van die Vrystaat aangewys is, “het die dringendheid van die saak erken en het die Spesiale Taakspan aangestel om die posisie van die standbeeld te hersien “.

Volgens prof Petersen, sal die verskuiwing van die beeld na ‘n terrein weg van die kampus die Universiteit se visie vir die toekoms die beste dien. “Dit sluit in om te verseker dat die UV ‘n plek is waar almal welkom voel, waar
diversiteit aangemoedig en gevier word, waar konsepte soos
dekolonialisering  uitgedaag word op ‘n akademiese en realistiese wyse, en waar integrasie op holistiese wyse bereik word — soos weerspieël in die GTP, “het hy gesê.

Die Universiteit se Geïntegreerde Transformasieplan (GTP) is bedoel om die instelling rassig te transformeer in ooreenstemming met die oorhoofse “transformasie”-ideologie van die regerende ANC-terroristebewind van Suid-Afrika. Volgens die universiteit se “werkstroom” van die Geïntegreerde Transformasieplan, moet die universiteit se standbeelde, kunswerke, name en memorabilia in die “Name, Simbole and Ruimtes”-sfeer “die sosiale integrasie in ‘n diverse gemeenskap fasiliteer en ‘n getransformeerde universiteit weerspieël. Visuele en ruimtelike omgewings moet ook inklusiwiteit en nie-rassigheid bevorder. Om die standbeeld in sy huidige posisie te behou — verhef en sentraal, voor die gebou wat die Universiteit se uitvoerende bestuur behou — stem nie ooreen met die kernbeginsels van inklusiwiteit en diversiteit nie. ”

“Trouens, ‘n groot deel van ons studenteliggaam voel onwelkom (ten minste in die spesifieke ruimte voor die hoofgebou), aangesien dit ‘n tydperk in die geskiedenis verteenwoordig waarvan hulle nie deel … voel nie. ‘n Omvattende benadering en samehangende proses sal geïmplementeer word om die ruimte voor die hoofgebou te herkonseptualiseer. Lede van die Spesiale Taakspan sal deel vorm van die herkonfigurasieproses,” het prof Petersen gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.