‘Bloedige chaos in Suid-Afrika’ – Europarlementslid

Janice Atkinson, links, saam met Marine Le Pen van die Franse Rassemblement National by die Europese Parlement

Ná haar besoek aan Suid-Afrika, het die bekende Europarlementslid, Janice Atkinson, die situasie in ons getipeer as “die reënboognasie wat in bloedige chaos verval”.  Sy het in Kaapstad met verteenwoordigers van die Vryheidsfront Plus en TLU SA samesprekings gevoer.

Volgens Atkinson is die Europarlementêre groep, Europa van Nasies en Vryheid (ENV) besig om “bewustheid te kweek oor die gruweldade en plaasmoorde in Suid-Afrika deur vroeër vanjaar die Vryheidsfront Plus en die dokumentêre filmmaker, Lauren Southern, na Bursel uit te nooi en vriendskapsbande met Suid-Afrika te versterk, terwyl die res van die wêreld anderpad kyk”. In Junie vanjaar het Atkinson dr. Dan Roodt van PRAAG ingeslyks na die Europese Parlement in Brussel uitgenooi vir ‘n konferensie oor die situasie van Afrikaners in Suid-Afrika.

In ‘n verklaring waarvan die volledige teks hier op Engels beskikbaar is, sê Atkinson: “Verlede week is ons afvaardiging van die Europese Parlement deur ons Suid-Afrikaanse vriende in die Vryheidsfront Plus-party na Kaapstad uitgenooi om ons vrugbare gesprek voort te sit oor die dringende kwessies wat tans in die land voorkom en om maniere vir verdere en nadere samewerking te vind. Suid-Afrika en sy mense lê my na aan die hart. Nadat ek daardie wonderlike land verskeie kere besoek het, is ek onsteld om te sien hoe die utopiese begrip van die reënboognasie op die rand daarvan verkeer om in bloedige chaos te verval.”

Atkinson voorsien dat, indien die gewelddadige marxistiese Ekonomiese Vryheidsvegters aan bewind sou kom, met grootskaalse nasionalisering, swart bemagtiging deur beslaglegging op grond en bates en geweld teen die blankes en ander minderhede, “kan chaos en vernietiging volg”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.