Leon Lemmer: ‘n Manifes vir blanke etniese nasionaliste

Daar is veral twee behoudende, of konserwatiewe, hedendaagse Amerikaanse outeurs wat met hulle skrywes uitmuntende bydraes lewer. Ek verwys na Jared Taylor en Greg Johnson. Dit is asof hulle in boek na boek daarin slaag om hulle insigte te verfyn en dat hulle hulle idees al hoe duideliker formuleer. Van albei is daar ‘n hele aantal boeke in Kindle-weergawes by Amazon beskikbaar. Daar sal ongetwyfeld aksentverskille by hulle voorkom, maar ek het nog nie probeer om hulle opvattings te vergelyk nie. Wat prysenswaardig is, is dat hulle mekaar respekteer en ondersteun. Ek het in vorige rubrieke reeds na albei verwys. Taylor is die redakteur van die tydskrif, American Renaissance. Hy het die plaaslike Suidlanders ondersteun. Ek het al sy boek, Face to face with race (2014), bespreek (Praag 23.11.2014). Vandag kom die volgende boek van Johnson aan die beurt: The white nationalist manifesto (San Francisco: Counter-Currents Publishing, 2018, 159p; Amazon Kindle $4,01). Johnson se tydskrif is North American New Right. In sy jongste boek verwys Johnson by twee geleenthede met waardering na Taylor (Kindle 159, 1012). Waarmee albei besig is, is metapolitiek, dus “creating the conditions necessary for political success” (131). Soos Taylor is Johnson diep bewus van en goed ingelig oor gebeure en toestande in Suid-Afrika. Wat die blankes in 1990/94 mandaatloos en heeltemal onverdiend plaaslik aangedoen is, is die scenario wat albei outeurs ten alle koste in Amerika wil vermy.

“The greatest difficulty I faced in writing this manifesto is the feeling that I was repeating myself. Most of the ideas – and many of the words – in this book will be familiar to the readers of my five earlier books … and various uncollected online writings. But I prefer to think of my earlier works as a rehearsal for this manifesto. The purpose of this book is not to be novel, but to offer a clear, concise, and persuasive synthesis of arguments that I have been developing for more than a decade” (139). Dus, as u een van Johnson se boeke wil lees, is hierdie die aangewese een. “This entire book is an essay in metapolitics” (1520). “Basic metapolitical ideas include questions of identity (who are we, and who isn’t us?), morality (what are our duties to ourselves, our nations, our race, and other nations and races?), and practicality (how can we actually create white homelands?)” (1520).

“Whites have gone from being about 90% of the US population in 1965 to about 60% today, and in many locations and age groups we are already a minority. Whites are projected to slip below 50% op the population around 2042. In a democracy, that inevitably means political disempowerment … If white Americans want to see what life is like as a dispised minority in a majority non-white society, they need only look at South Africa today” (70). In Amerika gun die blanke meerderheid ruim bevoordeling aan minderheidsgroepe, maar hulle besef dat ‘n swart meerderheid in Amerika, soos in Suid-Afrika, nie minderheidsregte aan blankes sal gun nie. In Suid-Afrika geniet die blankes selfs nie eens gelyke regte met swartes nie. Op talle maniere word daar doelbewus en suiwer rassisties teen blankes gediskrimineer. In die veel geprese Grondwet van 1996 word geen voorsiening vir ‘n keerdatum hiervoor gemaak nie. Rassediskriminasie teen blanke Suid-Afrikaners kan dus tot in die oneindige voortgesit word. Hou ook in gedagte dat minderheidsgroepe in Amerika grootliks volgens ras stem. Dit is net in die geval van blanke kiesers dat ‘n beduidende persentasie met hulle stemme uitdrukking aan hulle anti-blanke gesindheid gee. Die Amerikaanse blankes kan dus lank voordat hulle demografies ‘n minderheid word, beheer oor die politieke mag verloor. Dit is waarom Donald Trump se oorwinning in die jongste presidentsverkiesing so onverwags was en so merkwaardig is. Anders as wat die massa-inligtingsmedia voorgegee het, was en is die meerderheid blanke Amerikaanse kiesers hartlik gatvol vir progessiewe of linkse elemente soos die Clintons en Obamas.

Demokrasie is ‘n politieke stelsel wat glad nie tot doeltreffende regering in Suid-Afrika kan lei nie, onder meer omdat daar te veel ongeletterde, swak ingeligte en maklik intimideer- en misleibare kiesers is. Maar hierdie skyndemokrasie bied die sleutel tot swart politieke mag. In Amerika besef mense soos Johnson dat voortgesette demokrasie nie net die blanke politieke mag gaan vernietig nie, maar ook Amerika as die voorspoedigste Westerse en wêreldland: “In the present system, we have no future … Loss of hope for the future is what ties together a whole array of social pathologies afflicting white Americans … the collapse has been spiritual” (79). Ek vra my af: Is die apatie by so baie Afrikaners nie dalk op ‘n soortgelyke wyse toeskryfbaar aan die hopeloosheid van ons huidige en veral langtermyn-situasie nie?

Teen die verwagting in het die winde van verandering die Afrikaner omgewaai. In ‘n groot mate is dít die onontwykbare waarheid: Die Afrikaner het gaan lê en is in sy bed dood. FW de Klerk en sy groepie medepligtiges het met hulle hemelskreiende verraad die Afrikaner die doodskoot toegedien. Die balke en skarniere wat die Afrikanerdom bymekaar gehou het, is in die naam van (mede)menslikheid afgetakel. Dit is gedoen sonder om in ag te neem wat Immanuel Kant (1724-1804) en later ook Isaiah Berlin (1909-1997) gesê het: “From the crooked timber of humanity, no straight thing was ever made.” In ‘n ander bron staan: “The spirited part of the soul is intimately tied to one’s sense of belonging to a political community with ethno-cultural markers. Without this spirited part members of a community eventually lose their sense of collective pride, honor, and will to survive as a political people” (Ricardo Duchesne, Canada in decay: Mass immigration, diversity, and the ethnocide of European Canadians, London: Black House Publishing, 2017, 374p; Amazon Kindle $7.56; 4367).

“The entire political establishment in virtually every white country is committed to the policies that are driving white demographic decline: the destruction of the family* and the denigration of motherhood;** the promotion of hedonism and selfishness;*** encouraging multiculturalism, race-mixing, and race-replacement immigration; and the cult of ‘diversity’, which is just an euphemism for replacing whites with non-whites.**** If whites have no future in the current system, then we will simply have to set up a new one. That is the goal of White Nationalism. To give our people a future again, we need a new political vision and new political leadership … White nationalism is a form of white identity politics. White identity politics, at the minimum, means that whites think of ourselves as members of an ethnic group, with collective interests, and defend those interests against conflicting groups in the political realm” (Johnson 87). Ek is moeg vir die pryssange wat daar vir swart nasionalisme, selfs swart pan-Afrika-nasionalisme, weergalm terwyl daar dadelik helftige beswaar teen Afrikanernasionalisme opklink, asof dit iets uit die bose is pleks van dit as ‘n fundamentele mensereg te erken.

[* Weens kulturele marxisme.

** Weens militante (dikwels lesbiese) feminisme.

*** Dink aan die buitensporige vergoeding, luukse ampswonings en -motors, reis- en verblyfkoste, asook ander byvoordele van (onbekwame) ANC-leiers, wat valslik beweer dat hulle oor die armste van die armes begaan is.

**** Byvoorbeeld aan die Universiteit Stellenbosch (US) deur Wim de Villiers, die laksmannetjie van Afrikaans. Die afskaling van Afrikaans as onderrigmedium bring die inkorting van diversiteit/verskeidenheid mee.]

“White Nationalism, however, is not white supremacism, because we seek to replace multiracial, multicultural societies with racially and culturally homogeneous homelands, which we call ‘ethnostates’. Ethnonationalism is a universal right possessed by all races and peoples. White Nationalism is ethnonationalism for whites. White nationalism simply means the right of all white people to sovereign homelands. We recognize that some peoples might not wish to exercise this right … But if a people chooses national self-determination, nobody has the right to oppose them” (96). Dit gaan nie om ‘n tuisland vir generiese (dus alle) blankes nie, maar selfbeskikking in (potensieel) ‘n eie tuisland vir iedere etniese groep (105). Dus nie ‘n rasgebaseerde tuisland vir alle blanke Suid-Afrikaners nie, maar etniesgebaseerde tuislande, bv onder meer ‘n tuisland spesifiek (en sover prakties moontlik uitsluitlik) vir Afrikaners.

“White extinction is not an alarmist fantasy, but an alarming fact” (167). As dit vir Amerika en op langer termyn selfs moontlik vir die res van die wêreld geld, hoeveel te meer nie vir blankes in Afrika, insluitende die nuwe Suid-Afrika, nie? “Human beings – whites especially – do have an advantage over other species: our intelligence and creativity can help us to discover and defeat the causes of extinction” (195). Blanke egpare moet gemiddeld eerder drie pleks van twee of minder kinders hê sodat blankes as ‘n groep eerder meer as minder word (203). Uiteraard moet rasvermenging vermy word. Anders as voorheen, bv in Suid-Afrika, is daar nie meer ‘n verbod op rasvermenging nie. In die Weste, anders as in bv die Ooste, word rasvermenging in werklikheid aangemoedig (239). “Hybridization”, wat deur mense soos Nico Koopman gepropageer word, word “genetic pollution” genoem (212). Koopman is ‘n voorstander nie slegs van biologiese verbastering nie, maar sommer ook van taalverbastering of -vermenging, bv Kaaps.

‘n Ander faktor wat teengewerk moet word as blankes wil bly voortbestaan, is volksmoord/”genocide” (212); ‘n verskynsel wat die afgelope tyd spesifiek met verwysing na Suid-Afrikaanse blankes druk bespreek is. Johnson onderskei twee soorte volksmoord: “Hot genocide is the quick and violent extermination of a group. Cold genocide is the slow destruction of a group simply by establishing conditions that make its long-term survival impossible” (221). In Suid-Afrika het ons tans met koue volksmoord te make, maar dit sluit nie die moontlikheid uit dat dit al hoe warmer volksmoord kan word nie. Johnson haal uit die Verenigde Nasies se 1948-konvensie oor volksmoord aan (278). Die biologiese voortbestaan van blankes kan verseker (of ten minste verbeter) word deur hulle lewens in reservate, oftewel tuislande, te beskerm, soortgelyk aan dié wat steeds in Amerika vir Indiane bestaan; dus met ras- of etnisiteit as grondslag. Reservate is ‘n bewese manier om die lewens van diere te beskerm (366). Waarom dan nie ook die lewens van die blankes wat sekerlik waardevoller as diere is nie?

Maar naas die voorkoming van biologiese volksmoord, behoort daar ook teen kulturele volksmoord gewaak te word (366). Dit is iets wat buitensporige afmetings in die nuwe Suid-Afrika aanneem, bv die afskaling van Afrikaans, die vernietiging van monumente, openbare herbenamings, die herskrywing van die geskiedenis, ens. Die blankes moet die moed hê om hulle kulturele goedere te bewaar en wat vernietig is, terug te eis. Daarvoor is selfvertroue en selftrots nodig (366) – nie misplaaste skuldgevoelens nie. “As Alain de Benoist pointed out, appeals to white guilt are almost always part of a moral swindle, in which people who have not actually suffered anything demand atonement, money and privileges from people who have not actually wronged them. These uncomfortable facts are concealed by the fact that all whites are collectively held responsible for the acts of some white people, whereas all non-whites claim collective aggrievement because of the suffering of some non-whites at white hands. But if it is legitimate for whites to feel collective guilt for the crimes of some white people, isn’t it also legitimate for whites to feel collective pride in the achievement of some white people?” (384).

“If we start tallying up all the positive achievements of white people in science, technology, medicine, the arts, politics, the fight to save the natural world, etc, they rapidly outweigh all the negatives, leading us to conclude that white extinction would be a great tragedy for the planet. Furthermore, does collective guilt only apply to whites? Do only non-whites have collective grievances? Are only non-whites owed collective apologies and reparations? Are Asians collectively guilty for the Mongol invasions of Europe? Are Muslims collectively guilty for the Muslim invasions of Europe? Are whites collectively owed apologies and reparations? Does the Arab world owe reparations to Africa for their part of the slave trade? Do blacks in Africa owe reparations to blacks in the New World for their role in the slave trade?” (393).

“One of the greatest causes of unsafe breeding environments [for whites] is the presence of non-whites. Just as pandas do not breed well in captivity, whites do not breed well in [racially] diverse environments. In the past, whites had high birthrates while surrounded by non-whites. But these non-whites were enslaved or otherwise subordinate and forced to emulate white standards of behaviour. So whites specifically feel unsafe around free and unassimilated non-white populations, such as we find in modern multicultural societies” (221). Talle kere moes ek aanhoor dat blanke egpare dit onwys ag om kinders in die nuwe Suid-Afrika te hê. Die nie-blanke bevolking, daarenteen, het gewoonlik ‘n hoër geboortesyfer as die blankes. Die situasie word in sowel Amerika as Suid-Afrika vererger deur die invloei van veral nie-blanke immigrante, hetsy wettig of onwettig (230). In Amerika het die verdringing van blankes in 1965 met die ondertekening van die Hart-Cellar-wet deur Lyndon Johnson begin, toe immigrasie oorwegend die invloei van nie-blankes geword het (333).

In Suid-Afrika het FW de Klerk grensbeheer verslap. Onder die ANC-regering het die situasie verder versleg en dít in ‘n era toe die meeste lande grensbeheer verskerp het. Geen veldtog ten gunste van geboortebeperking word van owerheidsweë in Suid-Afrika gevoer nie omdat dit glo indruis teen die tradisionele lewenswyse van swartes. “In the case of white extinction, all of these causes are man-made” (249). Blankes kan dus iets doen om hulle uitwissing te verhoed, bv deur nie-geïntegreerd/apart te woon en lewe (239), in mindere mate geboortebeperking en aborsie toe te pas, ens (257, 289). Dit moet vir blankes lonend gemaak word om meer kinders te hê (297). Dit is immers in landsbelang. “If white demographic decline is not halted, the people who care least about the Earth will be the ones to inherit it” (266).

Wat op blanke Amerikaners as ‘n toekomstige minderheidsgroep wag, kan nie in Suid-Amerika waargeneem word nie: “Those societies are essentially white supremacist” (473) – blankes en mulatto’s/basters is die heersersklas. “To appreciate what life will be like once whites are a hated and powerless minority within a majority non-white, Third World country, we only need to look at the fates of whites in Rhodesia and South Africa” (473). Maar die toestande wat swart meerderhede skep, kan reeds in Amerikaanse stede soos Detroit en Los Angeles en in die Britse hoofstad, Londen, waargeneem word: “We can simply show our people the lawlessness, corruption, anti-white discrimination, alienation, collapsing public services, hellish commutes, blighted cityscapes, shrinking opportunities, and pervasive hopelessness that come with white demographic replacement” (473). “Even if we think of white identity politics as merely a temporary expedient to restore a meritocratic, individualist form of society, we need to remove parasite tribes from our societies and prevent new ones from entering, which requires that we drop the dominant taboo against identity politics for white people” (507). “We practice individualism, they practice tribalism” (490).

Johnson wil Amerika as ‘n blanke land hervestig; indien nie in sy geheel nie, dan ten minste die grootste deel as blanke tuisland of etniese staat. Sy ideaal is “demographic restoration” (691). Oor die deportasie van nie-blanke immigrante skryf hy: “If it was possible for them to come, it is possible for them to leave … In short, there is definitely a way to decolonize white homelands. We just need to have the will” (569). Nie-blanke immigrante kom gewoonlik in ‘n blanke land aan as enkellopende mans. Daarna word gepoog om die familie en uitgebreide familie in die nuwe land te kry. ‘n Skynbaar sterk morele argument wat dikwels gebruik word, is dat dit wreed is om nie die familie te herenig nie. Maar die punt is dat daar ‘n alternatiewe manier is om die familie weer te verenig: die enkelingimmigrant kan teruggaan vanwaar hy gekom het. Naas kettingimmigrasie is kettingrepatriasie moontlik (674), maar dit is ‘n duur opsie. “One of the main tenets of diversity advocates [is] that non-whites who come here enrich our societies … In truth, non-whites come to white societies because we enrich them” (606). Dink aan die onbehaaglike situasie in Europa: “The leadership of the present-day European Union is infected by a [anti-European] memetic virus, and it is doing all it can to flood Europe with non-whites” (791), wat dikwels op staatstoelaes vir oorlewing aangewese is.

“A nation-state is the same thing as an ethnostate, since the English word nation derives from the Latin natio, which refers to a group related by common descent” (712). “We need the ideas of the ethnostate and ethnonationalism, to emphasize ethnicity as the principle of unity of a sovereign state – even though ethnos is just the Greek equivalent of natio” (721). Dit is duidelik dat al die inwoners van Suid-Afrika nie ‘n nasie in etniese sin kan wees nie. Daar kan hoogstens sprake van ‘n Suid-Afrikaanse nasie in burgerlike/”civic” sin wees, bv dat almal in dieselfde land woon, dieselfde burgerskap kan hê, onderhewig aan dieselfde wette is, ens. (721). Swart mag vier hoogty, maar dit sluit blanke etniese nasionalisme uit. Afrikanernasionalisme kan net in ‘n eie nasie- of etniese staat tot sy reg kom.

Johnson skryf: “Some white ethnic groups are more biologically homogeneous than others. Thus what is essential in differentiating white nations are their distinct languages, cultures, and histories” (850). In hierdie verband noem hy spesifiek Afrikaners (859). In Suid-Afrika gaan dit dus nie om ‘n rasgebaseerde tuisland vir alle blankes te skep nie, maar ‘n etnies gebaseerde tuisland vir Afrikaners. Nie dat ras onbelangrik is nie. Met die oog op solidariteit/eensgesindheid: “We must emphasize all the things that Europeans [whites] have in common, and beyond all the differences of language, culture, and religion, the deepest root of European identity and solidarity is racial. All Europeans share common ancestors. We are one extended family” (903). “White people are the aboriginal peoples of Europe and their unmixed descendants around the world” (984). Naas swart mag moet daar ruimte vir blanke mag wees. Naas swart nasionalisme is blanke (insluitende Afrikaner-) nasionalisme ‘n onvervreembare reg wat in verskillende eie tuislande (vir Afrikaners, Anglo-blankes, ens) uitgeleef behoort te word.

‘n Aanklag wat dikwels teen blankes gelê word, is dat hulle ander rasse wil oorheers; dat hulle baas wil speel. Die Engelstalige term hiervoor is “supremacism”. Eintlik is twee sake hier ter sprake: dat blankes hulleself as beter as ander rasse beskou en dat hulle (daarom) oor ander rasse wil heers. Johnson se standpunt is dat blankes in sekere opsigte ongetwyfeld beter as ander rasse vaar. “I am very proud of our people, and we have a great deal to be proud of. In the areas in which we excel, we have done a lot for the world. Our superior achievements in comparison to other races are why so many non-whites are flooding into white societies … even if we were the sorriest lot of people on the planet and had accomplished almost nothing, it would still be natural, normal, and right for us to love our own and to be concerned with the future of our people. And it would still be politically expedient to demand our own sovereign homelands” (1012).

Wanneer ‘n blanke land onverdiend in die skoot van verswelgende swart mag val (soos in die geval van Suid-Afrika), of as die blanke meerderheid weens immigrasie ondergrawe word (soos in Amerika en Europa), dan begeer die nie-blankes “to change things to suit them better” (1031). Hierdie prosesse word transformasie, regstellende aksie, swart bemagtiging, ens, genoem. Dinge word verander (eerder as verbeter) om nie-blankes te pas, wat weens (groot) kulturele verskille noodwendig beteken dat blankes ongedurig in die nuwe opset is en nostalgies na die goeie ou dae verlang. William Blake (1757-1827) het gesê: “One law for the lion and ox is oppression” omdat dié twee hemelsbreed verskil, bv die een is vleis- terwyl die ander een plantetend is (1039). “Blacks … don’t find white civilization comfortable … when we impose our standards of punctuality and time preferences, demand that they follow our age-of-consent laws, or foist the nuclear family upon them … But if we don’t impose white standards upon blacks, we have chaos. We have great cities like Detroit transformed into wastelands” (1039). In die geval van Suid-Afrika is dit die hele land wat in die slag bly. Dit is om van te ween.

“Praising diversity is the civil religion of our time” (1063). Bill Clinton het gesê: “Diversity is America’s greatest strength” (1063). In die nuwe Suid-Afrika moet alles skielik divers en inklusief wees, bv aan die Universiteit Stellenbosch. Wat dit in werklikheid beteken, is dat nie-blankes in eens blanke plekke toegelaat moet word. Maar andersom geld dit nie. Daar word nie druk uitgeoefen dat die tradisioneel swart Universiteit Fort Hare divers en inklusief moet word nie. “Increasing diversity … is always a euphemism for having fewer white people” (1081). “If diversity means white dispossession, then obviously it’s a bad thing for white people … White nationalism is simply the inevitable resistance to the anti-white ethnic cleansing that we call diversity” (1091).

Johnson noem die voorbeeld van die eerste blanke Amerikaanse setlaars wat in 1612 voet aan wal in Jamestown gesit het. “Weren’t they just increasing the diversity of the place?” (1091). Dieselfde kan van die aankoms van Jan van Riebeeck en sy geselskap in Tafelbaai in 1652 gesê word. As diversiteit inherent goed is, waarom word die aankoms van hierdie setlaars nie deur die kulturele marxiste en ander linkses geloof nie? Die antwoord is: Omdat hulle blank is. “Without a relatively homogeneous population, order has to be imposed from the top down. Thus as diversity increases, democracy fails” (1155). “Diversity [is] a source of disharmony” (1163). “Similarity [is] a source of harmony” (1174). In Amerika was die ondervinding met immigrante uit verskillende Europese lande: “It was hard enough to assimilate fellow Europeans” (1199). Die assimilasie van nie-Europese immigrante het geblyk ‘n onbegonne taak te wees. “The happiest societies in the world are also the most genetically homogeneous” (1235).

In Amerika het diversiteit die standaarde of doeltreffendheid van die weermag, polisiediens, brandweerdienste, ens, verlaag of verminder (1063). “Multiculturalism, multiracialism, feminism and the LGBTQ agenda constitute the primary sense of diversity today” (1053). Die waarheid is dat monokulturaliteit, enkelrassigheid en slegs twee duidelik onderskeibare geslagte ‘n samelewing, bv ‘n nasie- of etniese staat, daarstel wat kan uitmunt in harmonie en doeltreffendheid. Maar dit beteken nie dat dit in wyer verband moet geld nie. “We do not want to see the emergence of a homogeneous European man or a white monoculture” (1304). Ras, bv blank wees, kan ‘n samebindende faktor wees, maar dit hef nie die wenslikheid van die behoud van etniese verskeidenheid (bv Afrikaans- en Engelssprekende blanke Suid-Afrikaners) op nie. “The primary cultural marker that sets ethnic groups apart is different native languages” (1329).

‘n Opsig waarin diversiteit ‘n bate is, is ‘n verskeidenheid van idees/opinies (1053), maar dit is wat in byderwetse geledere, bv in skole en aan universiteite, meedoënloos onderdruk word. Andersins: ter wille van ras- en kulturele verskeidenheid word toelatings- en deurlatingstandaarde/-vereistes aan universiteite drasties verlaag (1072), sowel in Amerika as Suid-Afrika. Byvoorbeeld, aan die Universiteit Stellenbosch is dit vir Wim de Villiers* ‘n passie om die tradisionele beeld van die US as ‘n Afrikaanse universiteit vir blankes uit te wis. Diversiteit word nagejaag deur voorkeur aan nie-Afrikaanse en nie-blanke studente en personeel te gee. Op hierdie manier word die blanke en Afrikaanse teenwoordigheid om nie-akademiese (naamlik politieke) redes afgeskaal. Maar die nie-blanke toestroming het toenemende verengelsing meegebring. Omdat die US hom, weer eens om politieke redes, as pro-swart eerder as pro-blank geposisioneer het, word Afrikaans afgeskaal en mettertyd waarskynlik uitgeskakel. Die resultaat is dus, ten minste wat taal betref, ‘n vermindering van diversiteit. Namate die verswelging deur swartes momentum opbou, sal rasdiversiteit ook al hoe meer onbeduidend word.

[* Ek wonder dikwels wat Wim de Villiers se Broederbond-pa van sy seun en die huidige US sou gedink het. De Villiers is besig om deur die US-eeufeesjaar te gaan sonder om enige erkenning aan die stigtingskenker, Jan Marais (1850-1915), te gee. Hy word ook nie deur bv die US-raadsvoorsitter daartoe verplig nie. De Villiers het in 2015 dieselfde laai uitgehaal en daarmee weggekom toe hy en die US versuim het om Marais se dood ‘n eeu tevore te gedenk. De Villiers se grief is dat Marais vereis het dat die US in minstens dieselfde mate as Engels Afrikaans moet wees. Dit is noodsaaklik dat De Villiers kortgevat word.]

Johnson se idealistiese, selfs utopiese, kuur vir die moontlike uitwissing van blankes is, soos in die Suid-Afrika van weleer, “complete separation” ingevolge ras en etnisiteit (1354). “The price of not pursuing white homelands is extinction” (1362). Is dit nie presies wat vir plaaslike blankes in die huidige staatkundige opset voorlê nie? Hy noem Pole en Japan as voorbeelde van bestaande etniese state (1378). Ten einde etniese state vir blankes in Amerika moontlik te maak, noem hy stappe soos die volgende: “First, we need to close our borders to non-white immigrants. Second, we must repatriate all post-1965 immigrants and their descendants to their ancestral homelands. Third, we must deal with pre-1965 non-white populations by offering them, for instance, autonomous reservations, independent ethostates, or resettlement in their ancestral homelands. Fourth, we must create barriers to race-mixing … Fifth, an ethnostate must institute pro-family policies” (1411). “Most Americans enjoyed a de facto white homeland until the 1960s” (1463). Johnson wil dit herstel. “We simply wish to restore every white American’s birthright” (1463). “As long as whites had complete freedom to dissociate with other races, the result would be a de facto White Nationalist society for the vast majority of whites” (1971).

Die blankes se situasie in die nuwe Suid-Afrika is so benard dat niemand hulle behoort te verkwalik as hulle hulle vir beter omstandighede beywer nie. In hierdie verband kan en behoort hulle kreatiewe verbeelding aan die dag te lê, selfs al sou dit terapeutiese, werklikheidsontsnappende drome wees. ‘n Tuisland vir Afrikaners kan utopies, oftewel onbereikbaar, blyk te wees. Samuel Francis (1947-2005) het my oortuig dat ‘n tuisland vir blankes in Amerika moeilik haalbaar is (Praag 24.09.2016). In Suid-Afrika lyk dit selfs nog meer onbereikbaar, al is so ‘n enklave (‘n tuisland, volks- of etniese nasiestaat) noodsaaklik om Afrikaners se oorlewing te verseker. Selfs al sou so ‘n geografiese gebied afgesonder en ontwikkel word, is daar die probleem dat, soos Carel Boshoff (1927-2011) dit in die konteks van Orania gestel het, uitsluitlik “volkseie arbeid” gebruik moet word; iets waaroor Boshoff groot teenstand ondervind het (Praag 19.12.2015). ‘n Afrikanertuisland sal na verwagting hoogs suksesvol wees, maar juis dit sal ‘n verdere probleem skep, naamlik dié van ongewenste inkommers, wat ten alle koste buite gehou moet word.

Meer as ‘n dekade gelede het Francis gedink dat die meeste blanke Amerikaners die verbrokkeling van Amerika teenstaan. Hy het dus eerder ‘n politieke en kulturele herowering van die land deur die blankes voorgestaan. In die jongste tyd word die moontlike opbreek van Amerika in tuislande egter dikwels geopper. Ek het reeds meer as een boek oor hierdie onderwerp gelees en is voornemens om in besonderhede daaroor te skryf.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.