By die beraad wat deur ToekomsVonk op 10 Oktober (Krugerdag) georganiseer is, het dr. Dan Roodt van PRAAG die gehoor daaraan herinner dat daar reeds 200 jaar ‘n konflik in Suid-Afrika woed. ‘n Minderheid radikale Engelssprekendes (“Britse marxiste”) in Johannesburg en Kaapstad voer bykans ‘n etniese uitwissingsoorlog teen Afrikaners, waarvan grondgryp bloot die jongste strategie is. Ondere andere word die grondgrypplan gedryf deur ‘n Britse burger, Ruth Hall, asook prof. Ben Cousins van die Universiteit van Wes-Kaapland wat aan Cyril Ramaphosa en die ANC-bewind voorskryf wat om te doen. Alles is egter nie verlore nie, want in Europa en die VSA is ‘n magtige beweging aan’t opkom wat reeds steun aan Afrikaners belowe het.
Video: Dan Roodt oor grondgryp by Krugerdagberaad
