Lauren Southern, die Kanadese YouTube-ster en aktivis — ook teen plaasmoorde in Suid-Afrika — het so pas in Australië aangekom met ‘n T-hemp aan waarop staan: “It’s OK to be white.”
Die 23-jarige YouTube-aanbiedster onderneem tans saam met Stefan Molyneux ‘n toer van Australië se grootste stede waar hulle lesings en toesprake gaan hou. By elkeen van dié geleenthede sal Lauren se dokumentêre video oor plaasmoorde, Farmlands, vertoon word.
Pas nadat haar vliegtuig geland het, het sy aan Sky News Australië gesê dat sy “hoegeneem geen skaamte voel omdat sy blank is nie”.
Tydens dié onderhoud met Rita Panahi van Sky News, het sy verklaar:
“As ek swart was, kon ek sê dat ek trots is, as ek Asies was, kon ek sê dat ek trots is, as ek van enige ander etniese afkoms was, kon ek sê dat ek trotis is want dit is hoe ons kultuur is, maar as ek blank is en sê dat ek trots is, sal die media berserk raak.”
Vanweë ‘n grap wat Lauren Southern oor die homofobie van Moslems in Brittanje gemaak het, is sy enkele weke gelede tot verbode immigrant in Brittanje verklaar. Daar is ook gepoog om haar koms na Australië te verhoed, en haar eerste visumaansoek is deur die Australiese regering van die hand gewys.
Teen Dinsdag het haar Australiese immigrasieprokureurs egter daarin geslaag om vir haar ‘n tydelikse werksvisum vir vier maande na Australië te bekom, en het sy inderhaas na “doer onder” vertrek.
Sy het egter reeds vyandige kommentaar op haar pro-blanke T-hemp ontvang. In aanlynkommentaar het mense gesê dat sy vanweë die T-hemp-slagspreuk “verdien om verkrag te word”.
Benewens die vertoning van haar dokumentêr oor Suid-Afrikaanse plaasmoorde, gaan mej. Southern gedurende haar Australiese toer spraakvryheid propageer.
Senator Pauline Hanson van die One Nation-party, wat Queensland in die senaat verteenwoordig, het via Twitter ‘n ope uitnodiging vir aandete aan mej. Southern gerig waartydens sy haar menings oor Islam en die situasie in Suid-Afrika wil aanhoor.
Sorry to hear about your trouble getting a visa @Lauren_Southern.
If you are still in Oz when Parliament sits in August you have an open invitation to dinner. I’d be very interested to hear your thoughts on the situation in South Africa & on Islam.
Good luck with your tour -PH
— Pauline Hanson 🇦🇺 (@PaulineHansonOz) July 10, 2018