Mnr. Ivan Glasenberg, wat volgens ingeligte bronne die “sakementor” en vennoot van Cyril Ramaphosa is, is so pas gedagvaar om dokumente in die VSA bloot te lê. Die dagvaarding is onder die land se wetgewing op geldwassery en teenkorrupsie uitgereik.
Glasenberg, die HUB van Glencore, verskaf ook ‘n aansienlike deel van Eskom se steenkool en is in Switserland woonagtig. Hy beskik oor die grootste aandeel in Glencore, wat hom een van Suid-Afrika se rykste mense maak, hoewel hy in sy kanton in Switserland baie min belasting betaal.
Ramaphosa, tans leier van die ANC en president van SA, is Glasenberg se swartbemagtigingsvennoot by Glencore, waaronder die maatskappy se mynbedrywighede. Ramaphosa het intussen sy twee maatskappye, Shanduka en Pembani, saamgesmelt.
Die oorsprong van Ramaphosa se aanvanklike rykdom is duister, maar daar word bespiegel dat Glasenberg daarby betrokke was. ‘n Ander Joodse miljardêr, Brian Joffe, het glo tydens Ramaphosa se onlangse stryd om die ANC by Zuma oor te neem, vir verblyf in vyfsterhotelle betaal sodat ANC-afgevaardigdes vir Ramaphosa by die kongres kon stem.
Glasenberg mag ‘n baie groot boete van die Amerikaanse regering op die hals haal omdat hy na bewering, tesame met die Israelse miljardêr, Dan Gertler, by omkopery in die Demokratiese Republiek van die Kongo betrokke was. Britse aanklaers is besig om Gertler, wat ‘n bondgenoot van die Kongolese president, Joseph Kabila is, te ondersoek, volgens inligting wat in Mei vrygestel is.
Glencore se oorspronklike stigter, Mark Rich, was lank voortvlugtig uit die VSA vanweë belastingkwessies en omdat hy met Iran in olie handel gedryf het terwyl daar Amerikaanse sanksies teen dié land bestaan het. Rich het uiteindelik amnestie van Bill Clinton op die laaste dag van sy presidentskap in 2001 ontvang.