Dan Roodt: Praat saam, Lynette Francis se marxistiese sekte

Soms gebeur dit dat ek soggens op die pad is en hoewel ek oor 32 gigagrepe se klassieke musiek op ‘n geheuestokkie in my motor beskik, skakel ek dikwels in op RSG. Dis seker die mees nasionale radiostasie in Suid-Afrika, want dit vebind die Afrikaner bo in Louis Trichardt met sy eweknie aan die Weskus. En op ‘n manier verskaf dit ‘n lewende portret van, soos Gustav Venter dit ook reeds gestel het, “die skrander Afrikaner” in sy ryke verskeidenheid, van boer tot stedelike prokureur, van dieetkundige tot sterrekundige wat sinvol en in suiwer Afrikaans oor voedsel of die heelal die rede kan voer.

Maar natuurlik verteenwoordig my eerste paragraaf hier bo ‘n geïdealiseerde prentjie van RSG. Die genadelose revolusie van die ANC-terroristebewind beteken ook dat ons daagliks met afskuwelike propaganda oorspoel word. Onderliggend aan die volksmoord op ons boere is die haat en nyd wat daagliks oor die eter uitgesaai word en die gepeupel bedek of onbedek tot geweld teen ons aanhits.

Sekerlik is daar ten minste twee vorms van propaganda: een spoor mense tot oorlog of optrede aan, soos reeds genoem, maar ‘n ander breinspoel hulle sodat hulle apaties, verward, moedeloos, passief en vol skuldgevoelens bloot die geweld en onreg van die aggressiewe groepering verduur.

Vandaar dus die rol van Lynette Francis en haar openlik propagandistiese program, “Praat saam”, wat soggens tydens deel van die spitsuur uitgesaai word. Enkele weke gelede het ek ‘n klag ingedien teen die eensydigheid en ideologiese eenogigheid van veral die program oor die “verafrkanisering en dekolonisering van hoër onderwys” wat op 18 April 2018 uitgesaai is. Nodeloos om te sê, het die Uitsaaiklagtekommissie my klag van die hand gewys. Marxistiese revolusionêre wat ons universiteite wil omvorm tot sentra vir indoktrinering en Afrosentriese “wetenskap” beskik oor vryheid van spraak, terwyl ons as luisteraars en belastingbetalers aan die SAUK oor geen regte beskik nie. Intussen probeer ek teen die bevinding appelleer.

Vanoggend het Lynette Francis weereens drie van haar gunsteling- marxistiese propagandiste uitgenooi om ons te vertel “hoe universiteite gaan en moet verander”. Die meeste SA universiteite is reeds so links dat Mao Zedong of Pol Pot sou meen dit gaan al bietjie ver, maar kennelik is die revolusie maar nog in sy kinderskoene wat dit betref.

Die drie werfbobbejane wat Francis vanoggend aan hul kettings teen die Afrikaanse luisteraars ontplooi het, was “professore” Hein Willemse, Elmien du Plessis en Rudi Buys. Ek skryf deesdae die term “professor” in aanhalingstekens, want geen akademikus wat in die onlangse tyd iewers in ons land aangestel is, het sy pos op meriete bekom nie. As hy nie tot die marxistiese sekte behoort het nie, sou hy nooit die titel bekom het nie.

Hein Willemse is ‘n “professor” van Afrikaans wat dié taal by een van die oudste Afrikaanse tydskrifte, die Tydskrif vir Letterkunde, afgeskaf het. Hy gaan ook elke dag op sy knieë en dank die Here vir apartheid wat hom as “kleurling” geklassifiseer het, want daarsonder sou hy nooit verder as miskien ‘n pompjoggie by die vulstasie of ‘n kelner by Spur gevorder het nie. Regstellende aksie en kleurlingskap kan wondere vir jou loopbaan verrig. Sover ek weet, verwerp Willemse ook die Afrikaanse letterkunde waarvan hy in elk geval nie veel kennis dra nie. As ek ‘n kleurling was en ek het die mediese wetenskap verwerp, sou hy hulle my seker ook as “professor” van medisyne aangestel het.

Nog dommer as Hein Willemse, as so iets moontlik is, is Elmien du Plessis, die “medeprofessor” van regte aan die Noordwes-Universiteit. Soos wat Hein Willemse in die verwerping van Afrikaans spesialiseer, is Elmien ‘n deskundige op die gebied van grondonteiening sonder vergoeding, dus die verwerping van eiendomsreg en waarskynlik die
reg tout court.

Ek het voorheen al getwiet dat dit vir my moeilik is om te glo dat sy ‘n “professor” kan wees, aangesien sy nóg Afrikaans nóg Engels werklik magtig is. Dalk het sy grootgeword in ‘n fanagalô-omgewing, ek weet nie. Vanoggend het sy vir my twee grade beter gepraat, miskien omdat iemand haar van my twiet vertel het — sy het my al lankal op Twitter versper, kom ek gister agter, want sien: lede van die marxistiese sekte glo nie aan “dialoog” of sulke “bourgeois” praktyke nie. Jy moet jou net bekeer, Karl Marx of een van sy dissipels op jou hart skryf, en dan gló jy. Dan probeer jy alle nie-marxiste uitwis, in die tronk smyt of, les bes, sensureer.

Op ‘n stadium het ek probeer inbel RSG toe, maar kennelik het hulle my selnommer op hulle stelsel herken, want niemand tel op nie. Een van die dinge wat ek aan die drie horingdom, pseudo-intellektuele werfbobbejane sou wou tuisbring, is dat sensuur in die Nuwe Suid-Afrika veel erger is as in die ou dae. Die Nasionale Party, soos koning Lodewyk XVI wie se kop afgekap is, was nie baie goed met sensuur nie. Hulle het ‘n paar van hul eie mense die swye opgelê, maar hul vyande het vrye teuels gehad. Synde marxiste, is die ANC baie slimmer met sulke dinge. Alles word agteraf en in die geheim gedoen. “Ons maak asof ons ten gunste is van spraakvryheid, maar intussen sorg ons dat geen fascis of teenrevolusionêr naby ‘n koerant of radiostasie kom nie.”

Terloops is “pseudo-intellektuele” die verkeerde woord. Skrap dit. Nie een van die drie hansworse wat — dis regtig baie snaaks — aan die luisteraars vertel dat hulle “oor meer komplekse idees as gewone mense beskik”, kan as “intellektueel” getipeer word nie. Want, daar is geen intellek nie. Vir intellek het jy bietjie IK nodig. Al twee die here en dame — as sy ‘n dame is, want ek dink nie sulke terme is toelaatbaar vir ‘n marxistiese sektelid nie — stamp hulle koppe so half teen die plafon van domheid en middelmatigheid.

Iemand soos die Fransman Bernard-Henri Lévy sou ek as ‘n “pseudo-intellektueel” beskryf; hy misbruik eintlik bepaalde begrippe vir sy eie geldgierige of politieke doeleindes. Maar ten minste is hy bewus van daardie begrippe. Helaas, buite die dampkring van ongekunstelde, bevooroordeelde, sektaries marxistiese vooroordele, is hulle salig onbewus van 3000 jaar se Westerse denke.

Destyds toe ‘n mens nog in Hillbrow kon rondloop sonder dat jy beroof of doogemaak is, was daar sulke lede van die Hare Krisjna-sekte wat kaalvoet en met pastelkleurige gewade soms op die sypaadjie rondgeloop en geteem het: “hare, hare krisjna”. Dis blykbaar ‘n mantra. Trouens, ek het dit so pas op die internet opgekyk en dit lyk so:

Hare Kṛṣṇa Hare Kṛṣṇa
Kṛṣṇa Kṛṣṇa Hare Hare
Hare Rāma Hare Rāma
Rāma Rāma Hare Hare

Die werfbobbejane van die agterlike plaaslike marxistiese sekte beskik ook oor so ‘n mantra:

Verandering verandering transformasie
Transformasie verander verander
Verandering transformeer transformasie
Ens.

Tydens Lynette Francis se propagandasessie oor RSG vanoggend, kon ‘n mens nouliks verstaan waaroor die drie agterlike regstellingsprofessore praat, so deurmekaar en sinneloos is dit, behalwe dat universiteite die plig het om die samelewing “te verander”.

Nou daar het jy dit: die marxistiese mantra van die werfbobbejaan: revolusie, en nogmaals revolusie. Marx en Engels se doktrine van maatskaplike omwenteling deur geweld en ontwrigting. Mens sou dit ook Trotski se “permanente revolusie” kon noem. Dit maak nie saak of die universiteite in duie stort, afgebrand word of terug na die toordokter en sy dolosse van Oerafrika “gedekoloniseer” word nie, solank dinge “verander”, is dit goed. Pol Pot of Mao of Robert Mugabe selfs, sou dit hiermee eens wees.

Sedert ek as tweedejaarstudent by Wits destyds ‘n lesing met die titel “Marx is dead” georganiseer het, verkeer ek in opstand teen die marxisme. Dit loop so half in my familie, want my pa wat in die 1940s by Wits was, het my as kind vertel hoe hy gepoog het om die twee aartskommuniste Joe Slovo en Harold Wolpe se idees op die kampus te bestry.

Die ongelukkige is nou: Daniel Roodt snr. en ek, Daniel Francois Roodt, het misluk en die Slovo-Wolpe-Mandela-faksie het gewen. Maar dis nie te sê ons behoort die Muur van Propaganda wat in ons land met ons eie belastings gebou is te aanvaar nie! Daardie Muur is bedoel om ons in te kerker in ‘n klein wêreldjie van vooroordele, anglisismes en linkse slagspreuke. Ons word gesensureer, afgedank en deur die Menseregtekommissie (watter Orwelliaanse benaming is dit nie!) gejag. Óf jy konformeer en aanvaar die Rooi Geloof, óf daar sal met jou gal gewerk word.

Iewers in die toekoms gaan elke vuige “professor” wat plaasmoorde, grondonteiening, antiwit rassisme, kortom totalitêre kultuurmarxisme, in ons land afgedwing of bevorder het, strafregtelik vervolg en ná die uitdiening van hul vonnis, van hul burgerskap gestroop en deporteer word. Slegs wanneer ons geliefde Republiek — oor drie dae is dit juis Republiekdag en vive la république! soos die Franse sê — van lae-IK-fanatici ontslae geraak het, sal ons weer vordering as die mees welvarende en ontwikkelde staat in Afrika kan maak.

Intussen moet ons ons verset teen die huidige oorheersing, veral deur werfbobbejane wat hulself “professore” noem. Lynette Francis behoort summier in die pad gesteek te word, want met haar onverdunde en aanstootlike propaganda oortree sy elke uitsaaikode wat daar mag bestaan. Sy dra niks by tot enige debat of beter begrip nie. Ons betaal haar salaris wat sy en die korrupte kaders van die ANC-terroristebewind elke dag uitmors.

Om “professor” Rudi Buys se sektariese linkse geteem uit een of ander Sowjeteggokamer aan te hoor, is genoeg om jou jou ontbyt in die naaste lugsakkie te laat verloor. Wie gee ‘n sot soos hy die reg om ons met sy gebrek aan insig en goeie Afrikaans oor die lug te kom terroriseer, van die Limpopo tot by Kaap Agulhas?

Dit is tyd dat die skrander Afrikaner begin om sy stem dik te maak teen die dommes, die gekooptes, die verraaiers en verlooptes. Al moet ons ‘n klag by die Uitsaaiklagtekommissie lê oor elkeen van Lynette Francis se programme, petisies met tienduisende name aan die SAUK stuur, of selfs internasionale organisasies betrokke kry om dié afskuwelike propaganda te laat end kry, moet ons dit doen.

Daar bestaan deesdae ‘n hele paar lande in Europa met regerings wat ons moontlik behulpsaam kan wees met so ‘n internasionale aksie rondom RSG en die libdiote se ystergreep op ons nasionale radiostasie. Ná alles, selfs al is ons deur die ANC-SAKP verower, soos hulle so dikwels spog, verkeer hulle steeds as veroweraar en besetter van ons land onder die verpligting om ons toe te laat om ons taal en kultuur uit te leef.

Lynette Francis twiet net in Engels. Sy verkies Engels. Eintlik ís sy Engels. Dieselfde geld elkeen van haar onnosele ekstreemlinkse gaste met hul mantra oor revolusie, transformasie, verafrikanisering, dekolonisering en verandering.

Ons is siek en sat vir oorheersing. Lynette Francis moet bedank en sy moet haar hele bende, Piet Croucamp, Christi van der Westhuizen en ander malles wat sy aan ons opdring, saam met haar vat. Hulle moet sommer vroegtydig landuit voetsek, terug na hul geliefde Engeland toe. Of dalk Kuba. Moontlik word hulle Spaans beter as hul Afrikaans; dit maak in elk geval nie saak nie. Ons gee nie om nie. Dis nie ons mense nie. Soos Koos Kombuis, het hulle uit die volk bedank. En die Here weet, ons het hul bedanking met vreugde aanvaar!

Ons stel nie belang in jul psigiese of spraakprobleme nie. Ons wil opgevoede, wellewende, belese, ingeligte mense wat sprankel van idees hoor.

Skrander Afrikaners, nie vulgêr-marxistiese werfbobbejane nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.