Slaan die Zuma-yster terwyl dit warm is

Deel op

ImageOngelukkig kon ek laasweek se gesprek met mnr. Jacob Zuma nie bywoon nie, hoewel ek aktief daaraan gewerk het dat dit moes plaasvind.

Min mense besef watter politieke deurbraak vir Afrikaners plaasgevind het.  Deur sy uitspraak oor Afrikaners se inheemsheid het JZ namens die ANC amptelik erken dat die Afrikaners wel ‘n inheemse Afrikastam is.  Waar Mbeki alle witmense oor dieselfde kam geskeur en as ryk settlers gebrandmerk het, het die nuwe swart koning Afrikaners as wit Afrikane gesaniteer.  Binne die Afrika-kultuur is dit ‘n reusagtige politieke ommeswaai.

Deel op

Daardeur het hy verskeie politieke en emosionele deure vir Afrikaners oopgemaak waardeur ons nou die politieke arena vanuit hoë morele grond kan betree.

Eerstens besit elke stam van Afrika ‘n kerngebied waar sy tradisies en gewoontes vetroetel word.  Die Duitsers noem dit ‘n kulturheimat  – ons noem dit bloot ‘n tuisland.  Zuma se stelling plaas die regering nou in ‘n drukgang, want hoe kan Afrikaners dan ‘n inheemse Afrikastam sonder ‘n tuisland wees?  Tensy Malema se Oraniabesoek  bedoel was om Orania as die Afrikaners se tuisland simbolies te erken. 

Sou JZ se uitspraak daarop neerkom dat die ganse Suid-Afrika inderwaarheid die Afrikaners se kulturheimat is, dan sal sekere strukturele veranderings aan regeringsbeleid benodig word om uiting daaraan te gee, want amptelike ANC beleid dui tans op presies die teenoorgestelde.  Dan sal ons straat en dorpsname in ere herstel moet word of minstens as paralelle name erken moet word. Dan sal ons erfenisse en tradisies, skole, kurrikulering  en taal deur ons en ons alleen beheer moet word.

Soos Dan Roodt gesê het, kon Zuma iets regkry wat hy en ek en ander oor die afgelope agt jaar nie kon regkry nie, naamlik om die breë spektrum van Afrikanerdom vir ‘n vergadering bymekaar te maak.  Wat ons Donderdag gesien het, was die Afrikanerraad in aksie in sy gesprek met die toekomstige staatspresident van die land.

Ons volkie se sikofantiese versugting om naby aan mag te verkeer, blyk die enigste wyse te wees vir die daarstelling van die te stigte Afrikanerraad om ons volksbelange te beskerm. 

As dit dan so is, laat ons dan daardie pad loop.

best slots toОлександр Васильович Фільчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.