Wetend of onwetend open Zuma nuwe Afrikanerhoofstuk

Deel op

Hoewel ek persoonlik baie versigtig is om Zuma se 'pro-Afrikanerhouding' te ernstig op te neem moet ons ook probeer munt slaan uit die moontlikheid van 'n gesprek met die ANC. Twee dinge val op: Een is dat Zuma meen dat hierdie gesprek 'n instelling moet word en twee is dat Phosa klem plaas op gesprek met die "hardegat" Afrikaner.

Deel op

Dit dui op die moontlikheid van 'n aaneenlopende gesprek tussen die Zuma-ANC faksie en die konserwatiewe of sg. regse Afrikaner. Soos Dan Roodt impliseer kan mens aflei dat die Zuma-faksie nie soseer in die linkse Afrikaner-establishment geïnteresseerd is nie, selfs al was hulle ook by die geleentheid.

Wat Zuma se motivering is vir gesprek met die Afrikaner bly vir my duister. Soos ander kommentators reeds aangedui het, het Zuma ons nie as kiesers nodig nie. Mens mag ook nie vergeet dat terwyl hierdie gesprek plaasgevind het, die ANC staat aktief besig was met die ondergrawing van Afrikanerkultuur, -onderwys, -plekname, -taal, -landbou, -werks en -besigheidsgeleenthede, ens. nie. Ons moet dus nie oorhaastig wees om die nuwe "Zoeloe-koning" se beloftes te vertrou nie. Is hy dalk net besig om 'n nuwe soort ANC "doublespeak" te beofen, terwyl die Afrikanistiese agenda dieselfde bly of selfs mag intensifiseer?

Howel dit nie 'n wetenskaplike opname is nie toon verlede week se meningsopname, oor hierdie saak, deur Beeld die volgende syfers:

"Is mnr. Zuma eerlik met Afrikaners? Ek dink so 224: 3%
Nee, hy's 'n manteldraaier 6793: 97%
Totale aantal stemme :7017
Dit is meestal Afrikaners wie se menings hier weerspieël word. Ons leiers moet kennis neem hiervan.

Nogtans moet ons oop wees daarvoor dat hier dalk wel 'n geleentheid vir konstruktiewe gesprek met die regime aan die ontwikkel is. Afrikanerleiers (veral aan die 'regterkant') moet nou oor ten minste drie sake 'n mate van ooreenkoms bereik:

  1. Hulle moet ernstig werk aan 'n konfederale beweging wat oor groter bedingingsmag beskik as wat in die huidige versplinterde situasie geld. Indien ons nie ons huis in orde kan kry nie gaan die nuwe ANC-regime baie gou respek vir ons verloor.
  2. Hulle moet hierdie as geleentheid aangryp om selfbeskikking te formuleer en op die gesprekstafel met die ANC te plaas. Die Volkstaatraad fiasko mag nie herhaal word nie. Kru gestel: Elke ou kan nie die volkstaat in sy eie agterplaas wil hê nie. Ons sal moet leer om op te offer.
  3. Afrikaners moet onthou dat Zuma 'n politikus is en dat hy slegs met die Afrikaner in gesprek is omdat daar iets daarin is wat vir hom voordeel inhou. Ons moet probeer verstaan wat dit is wat hy soek en ons moet begryp en formuleer wat ons aan hom kan bied. Sonder dit sal ons baie gou ons nuutgevonde aantreklikheid verloor. Byvoorbeeld: Sou ons Zuma uit die tronk kon help hou en indien so, watter voordeel hou dit vir ons in? Sou die NVG die saak teen Zuma laat vaar is dit waarskynlik dat die linkse blankes onder leiding van Zille saam met Cope die saak wel in die hof sal kry.

Indien Zuma wel erns het my sy Afrikaner-gesprek moet ons dit ernstig oorweeg dat die ANC besig is om ons van 'n nuwe teks te voorsien. Die Zuma-faksie is besig om wetend of onwetend die deur op die Afrikaner-selfbeskikkingsteks oop te maak. Selfs al het Zuma geen erns om die gesprek tot enigiets te laat lei nie het sy openbare bekragtiging ons aanspraak as volk met onvervreembare regte opnuut bevestig. Die ANC kan hierdie deur nie summier toemaak nie.

Dit is nou aan ons oorgelaat om aan 'n baie belangrike hoofstuk in ons geskiedenis te begin skryf.

игры длям девочекАлександр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.