ANC gaan onteiening versnel, ook van stedelike eiendomme

Ronald Lamola by die ANC-NUK se grondberaad wat gister gehou is.

Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee het gister by sy grondberaad gesê dat daar nie gewag moet word om die grondwet te verander nie, maar onmiddellik met onteiening sonder vergoeding voortgegaan moet word. Ronald Lamola (sien video hier onder) het gesê dat “artikel 25 van die Grondwet (wat eiendomsreg in naam ‘beskerm’) getoets moet word”.

Lamola het verder versoek dat ‘n wet voor die parlement moet dien wat onteiening sonder vergoeding moontlik maak. Indien die Grondwethof sou bevind dat dit teen artikel 25 indruis, sou die grondwet verander kon word. “Dit sal dan die rompslomp (‘red tape’) uitskakel, dit sal baie proses uitskakel, dit sal helderheid verskaf (en) dan kan ons voortgaan met onteiening sonder vergoeding.”

Lamola het ‘n beroep gedoen op “ons strukture… om voort te gaan met onteiening sonder vergoeding. Soos wat ons hier staan, is daar sewe nasionale departemente met onteieningsmagte. Provinsiale regerings, plaaslike munisipaliteite het onteieningsmagte… Ons sê hulle moet voortgaan. Hulle moet onteien, asook dit sonder vergoeding doen. En indien hulle teengegaan word, moet hulle nie bang wees om hof toe te gaan om helderheid oor die beginsel te verkry nie.”

By dieselfde grondberaad was daar sprake van die “apartheidsaardrykskunde” van Suid-Afrikaanse stede wat glo ook deur onteiening sonder vergoeding “reggestel gaan word”.

‘n Sosialistiese stelsel met drie soorte grondeienaarskap word in die vooruitsig gestel. Daar sal staats- kommunale en beperkte private eienaarskap wees.

“Die uitdagings en geleenthede vir die herverspreiding van grond, stedelike en landbouontwikkeling, asook die regte van swart gemeenskappe, moet in ag geneem word by elk van dié drie soorte grondeienaarskap,” het die ANC verklaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.