Steve, Toekomsvonk en PRAAG gedenk Kerkstraatbom

'n Voorstelling van die 19 gestorwenes weens die Kerkstraatbom is deur akteurs uitgevoer. Agterna is geel rose op elke "lyk" deur o.a. Steve Hofmeyr en Dan Roodt geplaas.

Saterdagoggend het Steve Hofmeyr, Toekomsvonk en PRAAG die ANC se Kerkstraatbom wat op 20 Mei 1983 dood en verwoesting gesaai het, gedenk. ‘n Simboliese heropvoering van die bom is gehou, met 19 mense van verskillende rasse wat elkeen op die toneel “gesterf” het en met ‘n wit laken bedek is.

Kenmerkend van vanjaar se herdenking was die groot aantal swartmense wat ook deelgeneem het. Hier lê twee van hulle blomme op die gedenksteen in Kerkstraat.

Nadat PRAAG in 2003 vir die eerste keer so ‘n herdenking gereël het, werk mnr. Wessel Basson van Toekomsvonk hard om die seremonie jaarliks te laat plaasvind. ‘n Gedenksteen is ook twee jaar gelede sonder enige amptelike toestemming op die sypaadjie waar die bom afgegaan het, ingemessel. Daar word nou elke jaar blomme op die gedenksteen gelê.

In sy toespraak het dr. Dan Roodt van PRAAG gesê dat “‘n terreurdaad nooit ‘n heldedaad kan wees nie”, maar ook dat terreur gewoonlik deur state en lande ondersteun word, nes die Kerkstraatbom destyds deur Swede, Oos-Duitsland en die voormalige Sowjetunie moontlik gemaak is. Tans word terreur egter toenemend verwerp omdat soveel Westerse lande en hoofstede onlangs daaronder deurgeloop het.

Hou PRAAG dop vir verdere beriggewing en video’s van dié geleentheid.

Dan Roodt se toespraak by die herdenking van die Kerkstraatbom op 19 Mei 2018:

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.