Polisie soek na moordenaars van Engelbrecht-egpaar

Fanie en Colleen Engelbrecht

Die Gautengse polisie soek glo na die moordenaars van die Engelbrecht-egpaar wat oor die naweek digby Westonaria vermoor is. ‘n Woordvoerder van die polisie, Kay Makhubele, het ‘n beroep op die publiek gedoen om na vore te kom met inligting oor die verdagtes of die voorval indien enigiemand iets sou gesien of gehoor het.

Fanie, 78, en Colleen Engelbrecht, 74 is op hul plaas Welgevonden gisteroggend omstreeks 9:00 gedood. Volgens berigte is Fanie se keel afgesny en Colleen met ‘n strykysterkoord doodgewurg.

Volgens die polisie is handwapens, kontant, selfone en ‘n iPad geroof.

Die egpaar het met beeste en gewasse geboer.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.