Ongelooflik! Minister van basiese onderwys antwoord Afrikaanse betogers

Mnr. Wessel Bassson met die pop van Panyaza Lesufi wat voorheen opspraak verwek het.

‘n Sonderlinge gebeurtenis het hom so pas in Suid-Afrika afgespeel: die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het ‘n dag of wat gelede ‘n groepie pro-Afrikaanse betogers formeel in ‘n brief beantwoord. Gewoonlik ignoreer die ANC-bewind enige vertoë deur Afrikaners oor Afrikaans volstrek en ontken implisiet die bestaan van die taal en sy sprekers.

Volgens mnr. Wessel Basson van ToekomsVonk, wat onder meer ‘n pop van die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, aan ‘n boom voor die departement van onderwys se hoofkantoor in Pretoria opgehang het, “verwelkom Toekomsvonk die terugvoeringsbrief van die Minister van Basiese Onderwys Angie Motshegka na aanleiding van aksies oor die aanvalle op Afrikaans by skole die afgelope tyd”.

ToekomsVonk beskou die Minister se aanbod tot dialoog met die Afrikaanse Gemeenskap as positief en ‘n stap in die regte rigting.

Volgens Basson, is dit “egter jammer dat die departement nie vroeër gereageer het op ons versoekskrifte nie. Onnodige konflik kon vermy gewees het.”

ToekomsVonk sal in samewerking met organisasies soos Praag, die Federasie van Minderhede en ander belangegroepe so spoedig moontlik ‘n gesprek met die Minister aanvra.

Mnr. Wessel Basson het voorts verklaar: “ToekomsVonk moet dit beklemtoon dat ons altyd verbind is tot ‘n vreedsame proses rondom die behoud van die Afrikaans in ons skole.

“Al wat burgerregte organisasies soos ToekomsVonk begeer, is dat ons moedertaal Afrikaans gerespekteer word vir al die 6,7 miljoen mense plus bevolkingsgroepe soos bruin, wit en swart wat dit wil praat en waarin hulle wil studeer.”

Hier volg die repliek van die minister in die oorspronklike Engels.

Die brief wat van die dept. van basiese onderwys ontvang is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.