Brief: Oor Lesufi-pop en ‘rassisme’

Die pop van Panyaza Lesufi wat in Pretoria voor die onderwysdepartement se gebou opgehang is

Na aanleiding van die Lesufi-pop wat blykbaar oornag sy verskyning gemaak het in Pretoria en die etiket van “rassisme” wat nou weer om volksgesindes se nekke gehang word, die volgende.

Behalwe die feit dat die geskreeuery oor “rassisme” nou uiters vervelig raak, besef geagte mnr. Lesufi skynbaar nie dat hy besig is om mee te doen aan volksmoord nie. Hy is besig om ‘n internasionale konvensie ten opsigte van volksmoord te oortree.

In die Suid-Afrikaanse Regskommissie se werkstuk oor Groeps- en Menseregte, Werkstuk 25, verskyn daar op p 334 die volgende oor Volksmoord:

11.28  ‘Sedert die stigting van die VVO is vier belangrike konvensies aangegaan wat minderhede beskerm, te wete:

i) Die Volksmoord-konvensie van 9 Desember 1948 (Die Konvensie met betrekking tot die Voorkoming en Bestrawwing van die Misdaad van Volksmoord)

11.29 Die Konvensie bepaal dat aantasting van ‘n nasionale, etniese, rasse- of religieuse groep met die doel om dit ten dele of in die geheel te vernietig strafbaar is. Onder volksmoord word nie alleen gereken die doodmaak van lede van die groep nie, maar ook die berokkening van ernstige liggaamlike of sielkundige leed aan lede van die groep…’

Kan die afdwinging van ‘n ander taal van onderrig of die gedwonge integrasie van rassegroepe nie gereken word as ten minste “ernstige sielkundige leed” wat die lede van ‘n bepaalde bevolkingsgroep aangedoen word nie?

Mnr. Lesufi moet maar hand in eie boesem steek. Wat is sy beheptheid met die onderdrukking van die taal Afrikaans? Voel hy magtig en meerderwaardig? Voel hy minderwaardig?

Die “ongelykhede van die verlede” kan nie “reggestel” word deur Afrikaans te probeer doodmaak nie. Mnr. Lesufi en sy administrasie moet daarop konsentreer om probleme in eie geledere reg te stel bv. swak opgerigte put-toilette* en wanadministrasie wat aanleiding gee tot die afbrand van bestaande infrastruktuur.

—Elma Potgieter

*In die laerskool in Noordwes was ek in ‘n skool met put-toilette en geen kind het ooit in daardie put-toilette geval nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.