Leon Lemmer: Guadeloupe as parasiterende kolonie

Guadeloupe is ‘n Leeward-eiland, met die buitelyne van ‘n skoenlapper, in die Kleiner Antille in die Karibiese See. Die eilandjie La Désirade is oos daarvan, ‘n groter eiland, Marie-Galante, is suid van Guadeloupe, met nege eilandjies, Les Saintes, waarvan twee bewoon word, wes van Marie-Galante. Die westelike helfte van Guadeloupe word Basse-Terre en die oostelike helfte Grande-Terre genoem; streng gesproke twee eilande wat met brûe verbind is. Christopher Columbus was daar in 1493. Hierdie eilande is sedert 1635 Franse besittings, maar met onderbrekings weens Britse besettings. In 1813/14 was Guadeloupe 15 maande lank selfs Sweedse eiendom. Anders as in die geval van die suksesvolle slawe-opstand in Haïti (1791-1804) was ‘n soortgelyke opstand in 1793 in Guadeloupe nie geslaagd nie. Piesangs en suiker is die vernaamste uitvoerprodukte. Toerisme is ‘n belangrike bron van werkverskaffing en inkomste. Frans is die amptelike taal en die meeste inwoners is swart en Rooms-Katoliek.

Die vorige paragraaf is ontleen aan ‘n rubriek wat ek oor vergete blanke stamme geskryf het (Praag 30.04.2017). In die geval van Guadeloupe het dit gegaan oor die verarmde sowat 400 Blancs Matignon van Franse oorsprong wat nie met die béké, die welvarende blanke elite op die eiland, meng nie. Hierdie keer skryf ek oor Guadeloupe as ‘n Franse kolonie wat sy koloniale status behou het omdat dit vir die inwoners voordelig is; nie dat die swart meerderheid die Franse owerheid koester nie. Ek gebruik die volgende boek van Yarimar Bonilla, Nonsovereign futures: French Caribbean politics in the wake of disenchantment (University of Chicago Press, 2015, 248p; Amazon Kindle $17,39).

Bonilla is van gemengde afkoms, dus ‘n mulatto, maar volgens die HAT is dit ‘n rassistiese term. Sy kom van Puerto Rico, wat sedert 1898 ‘n Amerikaanse besitting is. Die inwoners het eintlik die beste van twee wêrelde: Amerikaanse burgerskap sedert 1917 en politieke selfbeskikking. Die reg op ‘n Amerikaanse paspoort gee hulle vrye toegang tot Amerika, bv tot daardie land se universiteite. Baie Puerto Ricane het hulle in Amerika gevestig. Bonilla is een van hulle. Sy is ‘n dosent in antropologie aan Rutgers University. Ten einde hierdie boek te skryf, moes sy naas Spaans en Engels ook Frans en die plaaslike Kreools onder die knie kry. Danksy duidelike formulering en goeie sistematisering is die teks hoogs leesbaar. Die veldwerk is van 2002 tot 2013 gedoen en word gerugsteun deur baie geraadpleegde bronne.

Bonilla ly egter aan dieselfde kwaal as wat ek by twee ander kulturele antropoloë uitgewys het (Praag 3 Junie 2017 en 13 Januarie 2018). Aksiomaties word die kant van swartes teen blankes gekies. Bonilla noem dit “theorize with them” (Kindle 260). Pleks van akademies-wetenskaplik so objektief moontlik te probeer wees, vereenselwig sy haar met die swartes se wense en strewes. Haar perspektief “is not predicated on the study of otherness. This book is thus purposefully framed not as a story about an exotic ‘them’ but as a story about and for ‘us’: those of us interested in the legacies of colonialism, those of us who wonder what forms of activism are necessary and possible … Throughout the text, I privilege both the concepts and the arguments of those I study and theorize closely alongside them” (293).

Sy het geen poging aangewend om die standpunt van blankes en mulatto’s op Guadeloupe in te win nie. Slegs ‘n enkele Indiër, Michel Madassamy, is betrek en dit bloot omdat hy ‘n rol in die swartes se opstandigheid gespeel het. Sy het by voorkeur geassosieer met swartes wat arbeidsonrus in Guadeloupe stig. Soos in Suid-Afrika is dit opvallend hoe gebeure in die Amerikaanse politiek slaafs in die Karibiese eilande nagevolg word. Hoewel rashiërargie ingevolge kulturele marxisme taboe is, is dit in Guadeloupe soos wat dit tradisioneel in Suid-Afrika was. In die praktyk is die rashiërargie: blank, Indiër, swart. Nelson Mandela gee erkenning hieraan: “I feared the influence of Indians” (Long walk to freedom, London: Abacus, 1995, p 142). “They would tend to dominate the ANC, in part because of their superior education, experience and training” (124).

Die hoofrede vir die Karibiese swartes se huidige ontevredenheid is en bly die destydse slawerny. “What was slavery if not the commerce of humanity?” (2203). In 1794 is slawerny in Guadeloupe afgeskaf, in 1802 heringestel en in 1848 finaal afgeskaf. Terselfdertyd het al die inwoners volle Franse burgerskap ontvang. Van 1854 tot 1880 is 42 000 Indiërs as kontrakwerkers uit Franse en Britse kolonies ingevoer om op die suikerplantasies te werk. In 1923 is ook aan hulle volle Franse burgerskap toegestaan. “But economic power remained firmly under the control of the white planter class [békés]” (716), wat glo ‘n “plantocracy” is (728). In 1925 het swart en Indiese werkers saam aan ‘n staking deelgeneem. Hierdie neiging tot samespanning/solidariteit teen die blankes word tot op hede voortgesit.

In hierdie stryd is daar ‘n rashiërargie. Die swart meerderheid ag hulle struggle-status as hoër omdat die Indiërs nooit slawe was nie (2593, 3084). Myns insiens is slawerny van lank gelede ‘n twyfelagtige grondslag vir roem of prestige en ‘n patetiese rede vir ongedurigheid, maar dit is die hoofstrooihalm waarna gegryp word om skuldgevoelens by die blankes te wek en voordele af te dwing. Die hoofsaaklik swart vakbond het die Indiër Madassamy minder entoesiasties gesteun as wat hulle in die geval van ‘n mede-swarte sou gedoen het. “The union found itself at the crossroads during the Madassamy affair. It was unable to react [in 2004] with the same strength and speed as it had in 2001” (2353). Later word na “the lack of a stronger response” verwys (2662).

In 1946 het Guadeloupe, Martinique, Frans-Guiana en Réunion buitelandse departemente van Frankryk (eerder as kolonies) geword, met ‘n groot mate van selfregering en verteenwoordiging in die Franse parlement. Sedert 2011 het Mayotte, wat in 1975 (anders as die ander Comoros-eilande) teen onafhanklikheid gestem het, dieselfde status. Sedert 1946 “almost immediately … Antilleans began pouring into mainland France to study, work” (806). Wanneer daar onrus in sy Karibiese gebiede was “the French government sought to calm the growing dissatisfaction by promoting migration to the mainland” (827). Van 1963 tot 1981 het meer as 160 000 inwoners van die buitelandse departemente hulle as werkers in Frankryk gevestig (827).

Die Algerynse oorlog (1954-1962), die Kubaanse revolusie (1959) en die Viëtnamese oorlog (1964-1973), asook die Verenigde Nasies se aanmoediging in 1960 dat kolonies onafhanklikheid moet eis (“self-determination as a fundamental human right” – 806), dien in Guadeloupe as spoorslag vir voortgesette burgerlike ongehoorsaamheid. In 1963 het Frankryk ingestem dat die afskaffing van slawerny jaarliks in Mei gedenk word. In 2001 is verder gegaan en is slawerny tot ‘n misdaad teen die mensdom verklaar, met blankes in die visier (nie die Arabiese slawehandelaars of die swart Afrika-stamhoofde wat swartes verkoop het nie). Soos in die geval van Suid-Afrika is daar uiteraard heelwat klassieke en kulturele marxisme in die Guadeloupse (arbeids)aktivisme, bv die idees van Antonio Gramsci (1891-1937) (1906). Die vakbondlede spreek mekaar as kamerade aan (2485, 2534). Daar is ‘n Kommunistiese Party en ‘n ewe linkse Groen Party (3294).

Bonilla trek Guadeloupe se staatkundige status vir haar aan omdat Puerto Rico ook nie-onafhanklik en nie-gedekoloniseerd is. “My project has always been driven by an interest in the affinities I share with my informants rather than our differences” (282). Maar daar was en is talle inwoners wat vir Guadeloupe dieselfde politieke status as Puerto Rico begeer, dus ‘n voordelige verwantskap met Amerika eerder as Frankryk. Amerika is bv veel nader as Frankryk. Een van die groot griewe is dat Franse ingevoerde goedere ongeveer 30% duurder in Guadeloupe as in Frankryk is, met as implikasie dat verwag/geëis word dat Franse belastingbetalers die vervoerkoste oor 7 000 kilometer moet dra of ten minste subsidieer. Die swart meerderheid in die oorsese departemente voel glo gemarginaliseer, buite en apart van Frankryk, asof blankes die geografiese werklikheid kan verander.

Wat nodig is, is dat die inwoners van hierdie gebiede ekonomies in dieselfde mate as blankes in Frankryk moet presteer as hulle dieselfde vlak van welvaart wil bereik. Hoekom doen hulle dit nie? Die standaardverweer is dat dit só is weens die nalatenskap van slawerny en die uitbuiting van kolonialisme. Die swartes begeer “equalization” (in voordele of lewensstandaarde) en nie (kultureel-etniese) “sameness” nie (762). Werkloosheid op die eiland word op 30% gestel. Hulle almal ontvang ingevolge Franse goedertierendheid ‘n welsynstoelae “that allows citizens who do not qualify for unemployment benefits to be ‘inserted’ into the economy” (2731). Dit is hierdie belastinggesubsidieerde leeglêers wat die groot molesmakers is wanneer die vakbonde protesoptogte hou.

Seker die lofwaardigste insig van Bonilla in die Karibiese streek in sy geheel is: “The majority of Caribbean polities are non-sovereign societies; even those that have achieved ‘flag independence’ still struggle with how to forge a more robust project of self-determination … how to assert control over their entanglements with foreign powers and how to stem their disappointment with the unfulfilled promises of political and economic modernity” (184). Daardie “unfulfilled promises” verwys eintlik na die groot mate van onontwikkeldheid, selfs agterlikheid, wat ten spyte van politieke (eerder as ekonomiese) onafhanklikheid steeds in die Karibiese streek bestaan, met Haïti (polities onafhanklik sedert 1804) as die sprekendste voorbeeld.

Een van die faktore wat staatkundige onafhanklikheid in die Karibiese streek kortwiek, is die “Monroe doctrine: declaration by US president James Moroe in 1823 that the USA would not tolerate any European nation trying to establish a colony in the Americas, and that any attempt to do so would be regarded as a threat to US peace and security … The doctrine, subsequently broadened, has been a recurrent theme in US foreign policy” (Collins world encyclopedia, 2003, p 622). Amerika het voorheen Haïti militêr beset (1915-1934 en 1994-1995), asook die Dominikaanse Republiek (1916-1924), Kuba (1898-1902), Grenada (1983) en Suriname (1941). Karibiese nasionaliste “don’t understand the power of a country like the United States and how it rules the region” (1139).

Ook in ander opsigte is daar skynonafhanklikheid. “The Caribbean also holds a large number of non-sovereign enclaves: military bases, privately owned islands, semi-autonomous tourist resorts, free-trade zones, tax havens, wildlife preserves, satellite launching stations, detention centers, penal colonies, floating data centers, and other spaces of suspended, subcontracted, usurped, or imposed foreign jurisdiction that challenged the principles of bounded territorial authority associated with the Westphalian order [1648]” (538). “We can imagine the Caribbean region itself as a non-sovereign archipelago – a ‘discontinious conjunction’ within which certain socio-economic patterns of constrained sovereignty can be said to ‘repeat themselves’ [Antonio Benitez-Rojo]” (551). Gevolglik beskryf Bonilla die swartes van Guadeloupe se “political project as the search for a non-sovereign future” (653). “You’re always dependent on something: on those who are more powerful, on those who have what you need. Political independence has no meaning without economic independence” (1139).

In Suid-Afrika word terroriste sedert 1994 herbedink en hervoorgestel as vryheidsvegters. ‘n Moeilikheidmaker/Rolihlahla en kwaad- en onrusstoker het selfs die status van vredesikoon verwerf. Op ‘n soortgelyke manier het marone* (destyds veral prominent in Jamaika, Suriname en Brasilië), dus slawe wat gedros het (bv weens werkskuheid of diefstal) die status van struggle-helde in die Karibiese streek verwerf. “It was not until the 1960s that the figure of the maroon was refashioned as a symbol of pride and an emblem of resistance” (1258). “Marronage has served as a metaphor for thinking through the possibilities of sovereignty, autonomy, and self-determination in the Caribbean and show how its narrative contours have changed over time in keeping with the shifting political landscape” (663). In Haïti is daar ‘n monument vir die “unknown maroon” (1288). [* “Maroons were Africans who had escaped from slavery in the Americas and mixed with the indigenous peoples of the Americas, and formed independent settlements” (Wikipedia).]

Madassamy, wat skuldig aan misdade soos vandalisme en sabotasie bevind is, is deur arbeidsaktiviste herontwerp as “a person of conviction, principles and political commitment” (2583). Omdat hy ‘n Indiër is, is hy met Mohandas Gandhi (1869-1948) vergelyk, al het hy hom hoogs gewelddadig gedra. Soos in Afrika is die betrekkinge tussen Karibiese swartes en Indiërs nie altyd na wense nie. Bonilla probeer dit egter so goed moontlik plooi: “Contrary to parts of the English-speaking Caribbean where Indo- and Afro-Caribbean relationships have been characterized by histories of violence and antagonistic struggle over political power, the French Caribbean is thought to have relatively harmonious ethnic relationships. Some scholars have attributed this presumed harmony to the Indian community’s relatively small size” (2610). Daar is bykans 50 000 Indiërs op Guadeloupe in ‘n bevolking van 420 000 (4625). Soos verwag kon word, woon die Indiërs apart van die swartes (4674). Hulle handhaaf hulle tradisionele leefwyse. Die Indiërs word dus gekarakteriseer as “culture bearers” teenoor die swartes as “culture creators” (4687).

Gebeure op Martinique en Guadeloupe beïnvloed mekaar. Byvoorbeeld, ‘n staking op die een eiland lei tot ‘n staking op die ander. Martinique is die geboorteplek van sowel Aimé Césaire (1913-2008) as Frantz Fanon (1925-1961), hoewel albei hulle politieke aktivisme eerder in Frankryk en elders (bv in Algerië in die geval van Fanon) uitgeleef het. Césaire het nooit politieke onafhanklikheid vir Martinique bepleit nie, terwyl Fanon (wat baie ANC-aanhangers het) gereken het “only a full-scale revolution would do” (707). Daar is talle ander swart Karibiese aktiviste. Hulle almal “imagined colonialism as a temporary stage rather than a lasting condition” (707). Césaire was teen assimilasie gekant: “Assimilation is a form of alienation … What the people really wanted was equality with the French” (762). Franse blankes is in owerheidsposte op die Karibiese eilande aangestel terwyl van daardie swart inwoners as werkers na Frankryk gelok is. “Césaire decried this combination of government-sponsored outward migration of young Antillean workers and inward migration of French fonctionnaires as ‘genocide by substitution'” (857).

Voor die 1994-verkiesing in Suid-Afrika is daar skielik op groot skaal “geletterdheidsklasse” vir swartes deur ANC-aktiviste aangebied en het “gemeenskapsbiblioteke” (eintlik verspreidingsentrums vir propagandistiese politieke lektuur) op baie plekke asof uit die niet opgeduik. In Guadeloupe is daar soortgelyke bedrywighede. Geletterdheidsveldtogte word gevoer “to politisize the peasantry” (897). Soos in die geval van arbeidsaktivisme word dit as “revolutionary pedagogy” beskou (929). Kreools en gwoka-musiek (“old black people’s music” – 961) en dans word ter bevordering van swart nasionalisme ingespan. Dit kan die vorm van “drumming parties” aanneem (971). Europese musiek word met “the more ‘authentically African’ strands of Guadeloupean music” vervang (971). “Both children and adults could gain Creole literacy along with political training” (939).

‘n Eie vlag met die afbeelding van ‘n gebalde vuis (ook kenmerkend van die vredesikoon Nelson Mandela) en ‘n trom daarop is geskep. Soos in Suid-Afrika gebeur het, help religieuse instansies om die blanke bewind te ondergrawe. Daar is bv “Catholic groups … spearheading the development of a Guadeloupean version of liberation theology” (983). Daar was “sixty bombings throughout the Antilles and mainland France during the early 1980s” (1033). Die ideaal van sommige radikales is “to not be French” (1117). Maar: “They are unable to articulate a strong case for political independence but still rally behind it as the only existing alternative to ‘being French'” (1117).

In Suid-Afrika het die ANC die swart massa geïndoktrineer om wetsongehoorsaam te wees. Omdat swartes destyds nie die wette gemaak het nie, is hulle aangemoedig om onwettig op te tree. Sedert 1994 gaan baie swartes egter voort om wetteloos te wees. Daar is steeds ‘n sterk neiging om nie vir bv elektrisiteit, water en ander munisipale dienste, asook vir televisie, te betaal nie. In Guadeloupe is die situasie soortgelyk. “This detached relationship to the law is said to lead Guadeloupeans to systematically avoid ‘legalizing’ their lives, prefering to remain on the margins of the legal system. As a result, acts such as squatting, or appropriating land, constructing illegal or unapproved housing, driving without a lisence or car insurance, and … unreported labor and income all become acceptable and normalized forms of behavior. What matters is not abiding by the law, but being able to elude it” (1424). ‘n Inwoner stel dit só: “We interpret them [French laws] in our own way, we instrumentalize them for our own benefit, never having the feeling that they are the product of our sovereignty or our own legislative power” (1424).

Bonilla skryf: “Although its activists often use French labor laws to justify their claims, they also often demand (and receive) rights and benefits that go beyond the presciptions of the French labor code. Thus on the one hand they will demand egalité (equality) with mainland French workers when it is materially beneficial – such as in the case of the thirty-five-hour workweek that was established in France under François Mitterrand [1981-1995]. Yet at other times they will insist that the specificité (particularity) of Guadeloupean workers be recognized through the implementation of local holidays (such as Abolition Day, Carnival Week, and Whitmonday) … Employers frequently fault the union for this selective use of the legal code” (1437). Vir die swartes gaan dit by voorkeur, selfs uitsluitlik, om “the law as long as it serves us” (1447).

Die volgende klink bekend: “During strikes workers also set up roadblocks by placing bins, lumber, rocks, and any thing else they can gather in the middle of the road” (1608). Ook voertuigbuitebande (3621) – soos in Suid-Afrika. Besighede word geplunder. Sake-ondernemings is in die meeste gevalle in die besit van blankes (“grandchildren of slaveholders” – 2194, ook 3527). In 2009 het ‘n staking oor die hoë lewenskoste die eiland 44 dae lank ontwrig. Dit is deur ‘n vakbond gereël maar met politieke motiewe. Hierdie kamerade “sought societal change without seeking state power” (3263).

Soos die gewoonte by sommige kwaadstokers is (bv Martin Luther King in Amerika en Desmond Tutu in Suid-Afrika), is aanvanklik voorgegee dat alles vreedsaam gaan verloop. “The 2009 activists claimed to be acting jantiman – a Creole term that means gently or politely” (3359). Spoedig is verbete eise gestel in die trant van “whether they want it or not” (3379) – soos Cyril Ramaphosa oor die beoogde owerheidsdiefstal van plase gesê het. “When people saw that acting jantiman did not obtain results, they became willing to support other methods of action” (3389).

Die leuse “Guadeloupe, it is ours” is gebruik (3389). “Despite the lack of any explicit racial reference, many whites émigrés from France, local white béké elites, and light-skinned residents of mixed descent felt that the slogan carried a message of racial exclusion and intolerance. They argued that the seemingly unmarked “us” referred exclusively to the Afro- and Indo-Guadeloupean population” (3400). ”’Guadeloupe is ours / Guadeloupe is not theirs’ might seem like an anticolonial, anti-imperial slogan of a colonized ‘us’ versus a colonizing ‘them'” (3410).

In 2009 was Élie Domota die vakbondleier; ‘n “lighter skinned” swarte (3490). “Interestingly, in pictorial representations of Domota during the strike – in newspaper illustrations, cartoons, and Internet memes – his skin was increasingly darkened and his Afro-Caribbean features were accentuated as the strike intensified” (3500). Die stadium van “no more jantiman” is spoedig bereik (3612). Daar is toe oorgegaan tot “looting and arson” (3621). Dan volg tonele soos die volgende om simpatie vir die misdadigers te wek: “heavily armed French troops confronting unarmed local protesters … young people with ski masks throwing rocks through clouds of tear gas” (3631). Tydens die grondwetlike onderhandeling in 1990/94 in Suid-Afrika het die ANC beweer dat hy sy gewelddadigheid eerder opgeskort as afgesweer het maar dit toe in werklikheid vererger. Op ‘n soortgelyke manier is geweld ná die 2009-staking in Guadeloupe “‘suspended’ rather than concluded” (3678).

In 2002 is die eerste “memory walk” gehou. Dan word “slave uprisings, labor strikes, and anticolonial struggles” deur aktiviste in herinnering geroep (2892). Hulle lei belangstellendes op staproetes en wys dan beweerde historiese plekke uit, bv “the trees where slaves were hung” (3146). ‘n Blanke, Victor Schoelcher (1804-1893), het ‘n groot rol in die afskaffing van slawerny in veral die Franse Karibiese gebiede gespeel. Deesdae word sy rol onderbeklemtoon of verswyg en eerder gewag gemaak van wat swart slawe, soos die maroons, gedoen het. “The cult of Schoelcher was tackled head on” (2937).

In Schoelcher se plek “a new series on local heroes emerged … There are few traces of these figures in the archives, but through the work of activists, [politically engaged – 3010] historians, and novelists … these names came to hold a prominent place in the contemporary imagination” (2937). Monumente word vir hulle opgerig en strate na hulle vernoem (2946). Aan nasionalistiese verbeelding word vrye teuels gegee: “One could argue that the importance of collective histories does not lie in their accuracy or even veracity” (2985). Soos ‘n historikus, Raymond Gama, dit stel: “We make facts” (3032). Die doel van hierdie “new forms of historical production” is “to forge new inventive and ‘prophetic’ visions of the past” (2999). Dit is al “postcarding of the past” genoem, “through which ‘memories of oppression, inequality, and struggle are replaced by nostalgia, complicity and celebration'” (2956).

Die geskiedenis wat geskep word, is “not one of victimhood, trauma, and subjugation, but of resistance, perseverance, and bravery” (4216). Om politieke redes word fiktiewe figure in die verlede geskep met die oog op “making new men” (3021) in die hede en vir die toekoms. Die begrip “new man” word aan Ernesto Che Guevara (1928-1967) toegeskryf (4602), maar dit kom ook voor in die geskrifte van Frantz Fanon. “The Antilles experienced a ‘memory boom,’ as narratives of slave resistance were revisited and reshaped to address the concerns of the present” (3733). Dit is soortgelyk aan die ANC se herskrywing en vervalsing van Suid-Afrika se geskiedenis.

Naas Guadeloupe is daar talle ander kolonies wat steeds daarin berus om nie-onafhanklik te wees, omdat dit voordelig vir hulle eerder as vir die koloniale moondheid is. Dit toon dat kolonialisme nie net sleg kan wees nie. Ingevolge kulturele marxisme word kolonialisme egter verdoem omdat slegs blanke lande as koloniale moondhede beskou word. Die primêre kenmerk van die (arbeids)onrus op Guadeloupe is die anti-blanke gesindheid daarvan. Dit kan toegeskryf word aan die Afrika-DNS van die meeste inwoners. Daar word deurlopend gekerm oor bv slawerny, kolonialisme en die beweerde veronregting wat daarmee gepaard gaan terwyl die swartes geen poging aanwend om te erken dat hulle huidige situasie hulle in werklikheid bevoordeel nie. Aan die ander kant is die polities onafhanklike Haïti ‘n land waarop geen swarte, trouens enige mens, trots kan wees nie.

In propaganda en retoriek bestempel die ANC die nie-koloniale, polities onafhanklike Suid-Afrika van 1910 tot 1994 as ‘n spesiale soort kolonie. Dit is moontlik dat die land in baie opsigte beter daaraan toe sou gewees het as daardie einste soort koloniale status behou is; dus as ons nooit “bevryding” ervaar het nie. Dit was en is in deurslaggewende landsbelang dat Jan van Riebeeck en sy “troepe”* in 1652 hier aangekom het. [* “The arrival of Jan Van Riebeeck and his troops in 1652” – Cyril Ramaphosa in sy huldigingstoespraak vir Winnie Madikizela-Mandela op 13 April (Politicsweb 15.04.2018). Nogeens ‘n doelbewuste vervalsing van die geskiedenis deur die ANC.]

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.