Swart rowers skiet PUK-studente

‘n Afrikaanse studente van die Noordwes-universiteit se Potch-kampus, Magda Geldenhuys, 21, is Sondag deur ‘n swart rower geskiet. Die voorval het in die vroeë oggendure plaasgevind toe sy en haar huismaat tuiskom.

“Ek het by die huis gekom ná ‘n aand uit, en toe is daar ‘n skelm by die huis,” het sy vertel. “En hy skiet my toe deur die rug, maar ek is baie geseënd want gelukkig het die koeël niks raakgeskiet wat belangrik is nie. Hy is by die een kant van my heup in en by die ander kant uit, en ek is nie ernstig beseer nie.”

Sy vermoed dat daar altesaam drie rowers was wat die twee studente ingewag het. “Hulle wou selfone hê, maar ons het nie fone by ons gehad nie. Hulle het seker gedink ons jok, kwaad geword en daarop op my geskiet,” het sy gesê.

Sy is ná behandeling by die Mediclinic op Potchefstroom ontslaan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.