Massiewe opkoms by anti-volksmoordbetoging in Perth, Australië

Die skare vanoggend in Perth, Australië. "Erken die volksmoord," lui een van die plakkate.

Meer as 3000 Australiërs en oud-Suid-Afrikaners het volgens ooggetuies opgedaag by die betoging in Perth teen plaasmoorde en blanke volksmoord in Suid-Afrika. Die Australiese videowoernaler Avi Yemini, wat een van die sprekers by die betoging was, het groot applous ontvang toe hy sê: “Ons is hier om aan die Suid-Afrikaanse regering te sê: Hou op om soos ‘n trop rassiste op te tree en kom regop en beskerm u blanke Suid-Afrikaners.”

Yemini het 50 000 handtekeninge ingesamel vir ‘n petisie waarin die Australiese regering gevra word om meer blanke Suid-Afrikaanse vlugtelinge tot Australië toe te laat.

Die skare betogers was nie uitermate luidrugtig nie, gegewe die bloedvergieting waarteen hulle betoog, maar vele het plakkate en kruise gedra. ‘n Groot plakaat het gelui: “Erken die volksmoord.” (“Recognise the genocide.”)

Tydens die staptog deur betogers is Afrikaanse volksliedere soos “Sarie Marais” gesing.

Ten minste drie Australiese politici het ook as sprekers by die betoging opgetree, mnre. Andrew Hastie (Liberale Party), Aaron Stonehouse (Liberaal-Demokratiese Party) en Charles Smith (One Nation-party).

Ter inleiding het een van die organiseerders, ‘n Afrikaner en oud-Suid-Afrikaner, gesê: “Suid-Afrikaanse boere word brutaal geteiken. Mans word gedwing om te kyk terwyl hul vrouens verkrag word. Kinders word gedwing om te kyk terwyl hul ouers vermoor word.”

Hy het ook aan die skare vertel van die tweejarige Willemientjie Potgieter, die martelaardogtertjie naby Lindley in die Vrystaat wie se vader eers met ‘n panga doodgekap is alvorens sy en haar moeder met ‘n pistool tereggestel is.

Die drie Australiese politici het hul solidariteit met die lydende Suid-Afrikaners verklaar.

Mnr. Charles Smith, ‘n lid van die provinsiale raad in Wes-Australië, het gesê: “Ons staan vandag hier om ons opregte solidariteit met die Suid-Afrikaanse boere uit te spreek, wat ons broers noem, wat ons susters en ooms noem.”

“Ons het staan vandag hier om beswaar te maak teen wat ons as verkeerd ag: Die onteiening van grond sonder vergoeding, die aanrandings, die moorde, die volksmoord. Ek glo dat hierdie betoging die reg aan sy kant het,” het Charles Smith van One Nation voortgegaan.

‘Omgekeerde apartheid’

Volgens Charles Smith heers daar “omgekeerde apartheid” (reverse apartheid) in Suid-Afrika. Daarom het hy ander lande gevra om hulle insgelyks daarteen uit te spreek. “Vandag doen ek ‘n beroep op alle volkere regdeur die wêreld om nee te sê vir die omgekeerde apartheid wat besig is om in Suid-Afrika beslag te kry.”

Die Parlementslid van die Liberaal-demokratiese Party, mnr. Aaron Stonehouse, het gesê dat dit nie vir hom oor ras of identiteitspolitiek gaan nie. “Ons is klassieke liberale. Ons kyk nie na die wêreld deur ‘n rasselens nie. Ek sal eerder mense as individue oordeel, op grond van hul waardes en op grond van hul optrede… Blanke boere word in Suid-Afrika aangeval en hul regering gooi olie op die vuur!”

Mnr. Stonehouse is van mening dat blanke Suid-Afrikaners so ‘n groot bydrae tot Australië lewer, juis omdat hulle deel van die Westerse familie is, asook pioniers, net soos Australiërs. “Die Suid-Afrikaanse volk en die Australiese volk deel dieselfde waardes. Ons spruit uit dieselfde Europese ervaring van die onbekende in te vaar met net ‘n bondeltjie op ons rûens en kruise op ons harte…” het Stonehouse verklaar. “Ek is ook deel van die breë familie van volkere wat u dalk die Weste sou noem. Mense wat in die Weste bly, het baie in gemeen. Iemand wat in Suid-Afrika, of die VK of Amerika gebore is, sal waarskynlik sukses in ‘n plek soos Australië behaal.”

Terselfdertyd het Stonehouse hom ten sterkste teen grondonteiening sonder vergoeding uitgespreek. “Die ANC val die idee van privaateiendomsregte wesentlik aan,” het hy gesê.

‘n Suid-Afrikaanse vroue-immigrant in Australië, wat blykbaar ook ‘n Afrikaner is, het haar sterk teen veral die mishandeling van kinders en vroue uitgespreek. “Ook sorgwekkend is die mishandeling van alle vroue en kinders in Suid-Afrika wat onhoudbare vlakke bereik het,” het sy gesê.

Dr. Dan Roodt van PRAAG het in ‘n twiet sy dank uitgespreek teenoor die betogers in Australië.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.