FW de Klerk bring hulde aan Winnie Mandela

“Ek onthou Winnie Madikizela-Mandela as ‘n vreeslose mens met ‘n sterk persoonlikheid,” het FW de Klerk in ‘n verklaring gesê. “Sy het nooit gehuiwer om die waarheid te praat soos sy dit gesien het nie. Daarvoor het ek bewondering. Daar is ook die donker kant van haar reputasie en geskiedenis, waarop mens nie in ‘n tyd soos dié hoef in te gaan nie.”

“Ek onthou uit my eie ervaring, ‘n gemeenskaplike menslikheid,” het De Klerk voortgegaan. “Sy het byvoorbeeld die begrafnis van oorlede Marike, my eerste vrou, bygewoon. My vrou Elita en ek het ook besoek aan Winnie gebring nadat haar kleinkind in ‘n motorongeluk dood is, en sy het ons so warm ontvang. Daar was ‘n menslikheid aan haar wat groot waardering verdien.”

FW de Klerk het liries geraak as hy terugdink aan die Nelson-Mandela-sport-en-kultuurdag. “Ons het op dieselfde pawiljoen in Johannesburg gesit,” het De Klerk gesê. Winnie en ek het ‘n gesprek gevoer, waartydens sy haar diepe kommer uitgespreek het oor wat binne die ANC besig was om te gebeur. Sy het haar op my as ‘n sogenaamde vorige verdrukker beroep om te help om Suid-Afrika op die regte pad te hou.”

“My vrou Elita en ek wil graag ons opregte meegevoel aan Winnie se familie en vennote oordra,” het FW de Klerk afgesluit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.