Peter Murray: SA se probleme sal nooit opgelos word nie

Gewelddadige grondbesetting in Hermanus.

Volgens ‘n opname wat onlangs deur die oudpolitikus Tony Leon gedoen is om te bepaal wat die Suid-Afrikaanse regering as prioriteite behoort te beskou, het 35% van die 1 000 ondervraagdes gesê dat werkskepping nommer een behoort te wees. Ongeveer 27% het aangedui dat onderwys en opleiding die belangrikste saak is.

Slegs 1% het grondhervorming as belangrik geag. Die verslag sê nie wie en wat daardie 1 000 ondervraagdes was, en of hulle darem verteenwoordigend van alle gemeenskappe in die land was nie. As ‘n mens na die linkse media en linkse politici luister, kry mens die indruk dat die oorweldigende meerderheid van alle Suid-Afrikaners “onmiddellik” van landbougrond voorsien moet word.

Inwoners van die swart woonbuurt in Hermanus het sommer tot aksie oorgegaan en ‘n stuk “onbewoonde” grond (wat aan Hermanus se munisipaliteit behoort) geannekseer. Daar is van die munisipaliteit geëis om “onmiddellik” die gebied van water en elektrisiteit te voorsien.

Dit is bekend dat die leier van die EFF party gereeld sy ondersteuners opsweep om grond te onteien. “If you see a house or a farm you like, take it, it is your’s. Everything the white man has, he stole from the blacks!”

Soos reeds genoem, dit is nie seker wie almal aan Tony Leon se opname deelgeneem het nie, want toe die EFF (Economic Freedom Fighters) van Julius Malema die voorstel in die parlement ingedien het dat grond van blanke boere sonder vergoeding van hulle weggeneem moet word, het nie net alle EFF-lede nie, maar ook alle ANC-lede, daarvoor gestem. Dit is dus nie seker hoe betroubaar Tony Leon se opname is nie, want dit weerspieël nie die houding van swart politici in die parlement nie. Die opname sou ‘n beter weerspieëling wees van opposisiepartye en blanke partye in die parlement. Maar, wie die geondervraagdes dan ook was; dit sou verblydend wees as daar n groep van 1 000 lede is, waarvan slegs 1% vir “grondhervorming” gestem het.

Alle beskaafde mense behoort te besef dat; as die werkloosheid onder die jeug 50% is, en onder volwassenes 27% is, dan behoort werkskepping die belangrikste prioriteit te wees. Onderwys en opleiding gaan hand-aan-hand met werkskepping. Die regering behoort voltyds nuwe skole en woonhuise te bou, aangesien daar ‘n tekort aan duisende skole in Suid-Afrika bestaan.

Swart skole het ‘n gemiddeld van meer as 50 leerlinge per klas (en per onderwyser). Dit veroorsaak dat leerlinge buitengewoon swak op skool presteer, en ‘n onnodige swaar las op onderwysers se skouers laai. Die tekort aan hoog opgeleide swart onderwysers in Suid-Afrika beloop tienduisende.

Té veel blanke onderwysers word gedwing om in swart skole te onderrig. Die ervaring het geleer dat moedertaalonderrig by verre die beste is, en dat kleiner klasse ook beter vaar. Daar behoort niks meer as 30 leerlinge in een klas te wees nie.

Die owerheid behoort ook toe te sien dat: swart leerlinge nie skoolgeboue afbrand nie; swart leerlinge nie toerusting en leermateriaal steel nie; swart onderwysers elke dag by die skool is en nie in werkstyd alkohol misbruik, en skoolmeisies molesteer nie; daar vele meer swart onderwyssers opgelei word, veral in wiskunde, wetenskap, en tale. Daar is ‘n reusetekort aan hoogsopgeleide mense in Suid-Afrika: Medici, ingenieurs, vlieëniers, rekenmeesters, en vele meer.

Politici verwyt graag die “ongelykhede” in ons land en blameer apartheid, rassisme, diskrimminasie, en “blankes wat nie gelykheid wil bevorder nie”, vir die ongelykheid. Maar, dis swartes self wat nie in gehalte belangstel nie. Dis die ANC wat die kwotastelsel ingestel het, en die merietestelsel verwerp het. Hulle redeneer dat “swartes op alle gebiede van die samelewing die demografie van die hele land moet verteenwoordig”. Blankes se beleid is dat “meriete op alle gebiede gehandhaaf moet word”, sodat die beste gehalte bereik sal word.

Dít wat in Suid-Afrika gebeur, is wat mens kry as Eerste Wêreld en Derde Wêreld integreer – om dan sodoende – “gelykheid” af te dwing.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.