Leon Lemmer: Harry Booyens oor wie grond steel

Deel op

Harry (Herman) Booyens (gebore in 1953) is ‘n Afrikaner in murg en been. Hierdie fisikus het in 2000 na Vancouver in Kanada uitgewyk om te ontsnap aan die onverkwiklike situasie waarin blankes hulle sedert 1994 plaaslik bevind. Maar daarmee het hy nie sy deernis teenoor sy mede-Afrikaners afgesweer nie. Hy doen historiese navorsing en skryfwerk oor sy moederland. Die resultaat is akademies-wetenskaplike tekste en nie goedkoop propaganda nie.

Na meer as ‘n dekade in Kanada het Booyens ‘n meesterlike werk gepubliseer: AmaBhulu: The birth and death of the Second America (Vancouver: Cliffwood Fogge, 2013, 632p; Amazon Kindle $11,39). Dit is Suid-Afrika wat so suksesvol soos ‘n tweede Amerika kon wees as dit nie weens die dwaasheid van ‘n klein groepie Afrikaanssprekende blankes opgedonder is nie. Leon Lemmer het hierdie boek op Praag (1.02.2015) bespreek. Die outeur het ‘n oorsig van sy boek gepubliseer: www.amabhulu.com. Booyens se historiese oorsig kan akademies-wetenskaplik hoër aangeslaan word as Hélène Opperman Lewis se verdienstelike werk: Apartheid: Britain’s bastard child (Wandsbeck: Reach Publishers, 2016, 772p, R350; Amazon Kindle $15,96). Leon Lemmer het laasgenoemde ook op Praag (22.04.2017) bespreek.

Booyens is besig om deurgaans sinvolle kommentaar oor gebeure in Suid-Afrika te lewer. Hy poog om misplaaste berigte en opsetlike verswygings wat in die inligtingsmedia voorkom, reg te stel. Inligting hieroor is verkrygbaar by: www.cliffwoodfogge.com. Wat veral van belang is, is dat Booyens weer besig is met ‘n groot navorsings- en skryfprojek: “South Africa: Who stole the land?” Hy het reeds die eerste vyf hoofstukke voltooi en hulle is op die internet beskikbaar. Dit is wenslik dat Afrikaners deurlopend van sy skryfwerk kennis neem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.