Marius Coertze: Vicki Momberg en vonnisse vir witmense

Deel op

Vicky Momberg se vonnis is buitensporig. So buitensporig, dat dit aan die belaglike grens.

Momberg is die wit vrou wat beroof is en wat met die onwillige en trae swart polisiebeamptes op die misdaadtoneel gestry het. In haar frustrasie en skok, het sy die onwillige, swart polisiebeamptes met die K-woord uitgeskel.

Vandag is sy in die Randburgse landdroshof gevonnis tot 3 jaar gevangenisstraf, waarvan een jaar opgeskort is om vir ‘n tydperk van drie jaar soos ‘n swaard oor haar kop te hang. Dit beteken dat sy die oorblywende twee jaar (wat nie opgeskort is nie) in die tronk moet gaan sit.

Momberg is borgtog geweier hangende haar appèl teen haar vonnis, en sy moet nou twee jaar gevangenisstraf gaan uitdien. Dít alles, omdat sy ‘n swartmens die K-woord toegevoeg het. Dit is weereens ‘n straf wat heeltemal buite verhouding is tot die oortreding.

Momberg het nie enige persoon aangerand of beseer nie. Sy het iemand beledig. ‘n Swart polisieman beledig. Vir daardie belediging is sy tot direkte gevangenisstraf gevonnis.

Hierdie vonnis herinner aan baie aan die buitensporige swaar vonnisse wat die sogenaamde “doodskis-twee” in Middelburg opgelê is. Duidelik gaan die Suid-Afrikaanse regstelsel gebuk onder ‘n politiek korrekte vooroordeel teenoor blankes.

Swartmense se gevoelens is deesdae belangriker as mense se lewens. Veral witmense se lewens. Dis hoe die NSA deesdae werk. Dis die land waarin ‘n klein wit minderheid moet leef en oorleef. Wat lê daar nog vir ons voor?

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.