Ons het ‘n eie koerant nodig

Die jongste sirkus rondom beweerde rassisme teenoor 'n radikale swart student, Itumeleng Makgetla, by die Universiteit van Stellenbosch, het hier betrekking. Hierdie oordrewe en verdraaide storie het voorverlede Sondag op Rapport se voorblad verskyn.

Op die foto wat Rapport tydens die onderhoud geneem het, lyk Itumeleng Makgetla baie gesond vir iemand wat net twee weke terug op die rand van die dood verkeer het, soos beweer word. Dat Makgetla aan die rasgedrewe Black Students Association (BSA) behoort, lê sy sinistere agenda bloot. Ook is dit toevallig dat die ''aanval'' plaasgevind het net voordat hy op die punt was om die US te verlaat. Dit klink alles baie verdag, so kort voor die verkiesing, terwyl die blank oorheersde DA 'n ernstige bedreiging vir die ANC in die Wes-Kaap inhou …

Met hierdie artikel het ons nog 'n voorbeeld van hoe Rapport 'n onbenullige en geïsoleerde geval aanbied as wit op swart rassisme. Nogtans ontken die comrades by Heerengracht 40 die daaglikse swart-op-wit haatmisdaad in hierdie Afrikanistiese anti-blanke moordryk. Die linkse redakteur van Rapport sal toelaat dat haar joernaliste sulke ongeloofwaardige aanklagte van rassisme opdiep terwyl daar op plase en in voorstede 'n swart-op-wit volksmoord aan die gang is. Ongeag die reeds gepolariseerde situasie ontsien Naspers dit nie om nog meer haat jeens die Afrikaner aan te hits nie. Vir seker gaan hierdie ''insidente'' buite verhouding voorgestel word in die dae wat kom en sal die gepaardgaande aanjaag van anti-blanke emosies nog meer Afrikanerbloed laat vloei. Liza Albrecht is 'n onverantwoordelike redaktrise wat enigiets sal doen om haar politieke meesters te beïndruk.

Duidelik het die ANC-kaders François Groepe en Jakes Gerwel, sowel as die res van die ANC-lede en Mandela-aanhangers by Naspers nou hul ideologiese houvas op hierdie propagandahuis tot die uiterste gevoer. Liza Albrecht voer die Afro-fascistiese agenda van die Naspersdireksie uit. Die teiken is hierdie keer die US en die strategie is om 'n Reitz-insident te skep waarna Julius Malema (van die ANCYL) met die hulp van die Black Students Association die groter ANC tot aksie sal oorhaal. Intussen sal die Afrikanistiese brigade by Naspers die ANC-koor met hul musiek begelei. Alles mooi georkestreer en gedirigeer deur ANC-kommissaris Jakes Gerwel ('n afgevaardigde vanuit die vorige ANC-president se kantoor) en kie. Die poging is om nog 'n Afrikaner-universiteit oornag te afrikaniseer. Hierdie is ''revolution by stealth''. 'n Insident word geskep en 'n georkestreerde drama met gevolglike verandering vind plaas. Naspers raak nou saam met die ANC Afrikanervyand Nommer Een. Dit gaan nou te ver…

Naspers se koerante moet sekerlik die enigste in die wêreld wees wat konstant hul dominante lesersmark beledig en kasty. Om gedurig sy eie lesers te probeer oortuig dat die onderdrukking wat hulle ervaar hemel op aarde is en dat hulle in elk geval 'n klomp slegte rassiste is wat niks beter verdien nie, spreek van die ongelooflikste arrogansie. Dan gaan hulle nog verder deur radikale swart studente se versinsels en verdraaings aan te wend om rassehaat teen hul lesers aan te hits. Verbeel jou 'n besigheid wat sy eie verbruikers so openlik en met soveel oortuiging ondergrawe … Asof dit nie genoeg is nie, skroom hulle nie om te noem dat die arme swart bloedjie aan 'n rassistiese studente-organisasie behoort nie. Laasgenoemde dis hulle met soveel selfvertroue op, kompleet asof dit in orde is dat swartes rassiste mag wees. Hierdie openlike rassis bied hulle dan aan as 'n geloofwaardige getuie. Verbysterend…

In die jongste weergawe van Rapport loods die joernalis Andries Vrey 'n rassistiese tirade teen Rapport se lesers. Die blote feit dat lesers op Rapport se blog 'n probleem met die jong swart rassis se bewerings had, maak dat Adries Vrey Rapport se lesers as rassiste brandmerk.  Vrey beweer dan ook dat blanke Suid-Afrikaners maar verdien om onder die hiel van regstellende askie te verkeer. Vrey, wie se artikel deurspek is met Naspers se linkse cliches, beweer dan ook dat daar geen rasmotief bestaan in die gewelddadige aanvalle wat blankes in SA moet verduur nie. Weereens in Naspers tradisie word die Afrikaner-holocaustontkenning gepleeg waarvoor Naspers nou reeds berug geraak het. Gelukkig reageer Rapport se lesers weer met 'n stortvloed van teenaanvalle op Rapport vir hierdie blatante anti-Afrikanerpropaganda.

Mens moet egter in ag neem dat Naspers tans deur 'n bende van selferkende Mandela-aanhangers (soos Ton Vosloo) ANC-kaders (soos François Groepe en Jakes Gerwel) en verskeie ander ANC-lede en -meelopers bestuur word. Hierdie propagandahuis se uitsluitelike doel is om die ontmagtigde Afrikaner te ondergrawe en op elke gebied te saboteer. Dit moet die Afrikaner se doel word om hierdie propagandakonglomeraat in ruil te boikot en te benadeel. Sodra ons selfbeskikking bekom, moet die nasionalisering van Naspers die hoogste prioriteit verdien. Daarmee saam sal vervolgingsaksie teen joernaliste en redakteurs, wat anti-Afrikaneraksies in 'n tyd van volksmoord gepleeg het, moet volg.

Naspers se jongste aanval en aanhitsing van haat jeens die Afrikaner, bevestig onomwonde die noodsaaklikheid vir ons eie gedrukte Afrikaanse koerant. Ons benodig 'n koerant deur ons mense vir ons mense, 'n koerant wat nie deur vyande van ons volk beheer word, soos tans die geval met Naspers/Media24 nie. Hierdie skrywer versoek hiermee dat ons 'n fonds op die been bring om 'n pro-Afrikaner-/Boerekoerant mee te finansier. Hierdie sal 'n inklusiewe koerant wees wat alle Afrikaner-/Boerebewegings goedgesind sal wees. Laat ons opgewonde raak en werk maak hiervan.

полиграф защита

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.