Brief: Ons is slagoffers van volksmoord

Foto: PRAAG.

Die treurige eskalerende epidemie van plaasmoorde wat ek êrens in ‘n brief aan iemand beskryf as ‘n onverklaarde oorlog teen my bloedgenote is ‘n toestand wat ek reken nie langer met betoë en woorde omgekeer kan word nie.

Ek vrees ons mense is tans die slagoffers van volksmoord = genocide, hetsy deur moord hetsy deur sielkundige skade weens ‘n aanslag op taal- en kultuuruiting en vryheid van spraak.

Dit is prysenswaardig dat verskeie van ons volksgenote tans oorsee is om plaasmoorde en grondgryp-onsekerheid onder Europeërs en ander se aandag te bring, maar gesprekvoering het ons juis in die toestand gedompel waar ons sedert 1993 verkeer.

In die Suid-Afrikaanse Regskommissie se werkstuk oor Groeps- en Menseregte, Werkstuk 25, verskyn daar op p 334 die volgende oor Volksmoord:

  • 11.28  ‘Sedert die stigting van die VVO is vier belangrike konvensies aangegaan wat minderhede beskerm, te wete:
    i) Die Volksmoord-konvensie van 9 Desember 1948 (Die Konvensie met betrekking tot die Voorkoming en Bestrawwing van die Misdaad van Volksmoord)
  • 11.29 Die Konvensie bepaal dat aantasting van ‘n nasionale, etniese, rasse- of religieuse groep met die doel om dit ten dele of in die geheel te vernietig strafbaar is. Onder vollksmoord word nie alleen gereken die doodmaak van lede van die groep nie, maar ook die berokkening van ernstige liggaamlike of sielkundige leed aan lede van die groep…….’

Na my wete word so ‘n Konvensie beskou as ‘n internasionale kontrak en daarom steeds geldig omdat dit nog nie internasionaal ontbind is nie.

‘n Gerespekteerde lid van die Vryheidsfront Plus het my gerusgestel dat die Konvensie inderdaad nog geld.

Nou wil ek weet: Onder watter omstandighede kan die burgers van ‘n land as volk, bevolkingsgroep of minderheidskultuurgroep hulle eensydig onafhanklik verklaar van ‘n staat omdat die betrokke staat hulle duidelik nie kan beskerm nie?

Ek dink dis hoog tyd dat die moontlikheid ondersoek word.

— Elma Potgieter (aktrise, skrywer, vertaler)

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.