Plaasmoord: Jasper von Kleist op ‘Menseregtedag’ gedood

Marcelle Maritz, VF Plus-provinsiale leier in Limpopo (links), met Sonja Joubert

Mnr. Jasper von Kleist, 61, ‘n voorman op die plaas Dale naby Tom Burke in die Noord-Transvaal, is Woensdagaand op 21 Maart deur aanvallers doodgeskiet. Die moord het ironies genoeg op “Menseregtedag” geskied.

Volgens sy lewensmaat, me Sonja Joubert, was die swartes wat hulle aangeval uit daarop uit om hulle dood te maak. “Die mans het niks gesê nie, niks gevra nie. Hulle het net van buite op ons geskiet. Dit was of hulle ons net wou doodmaak, niks anders nie…”

Von Kleist het na buite gestap toe hy skote gehoor het. Hierna is hy in die bolyf getref.

Sonja Joubert vertel:

“Jasper het opgespring en op daardie oomblik het van die mans deur die voordeur op ons begin skiet. Die deur het glasvenstertjies en hulle kon ons binne sien. Nadat die eerste skoot my getref het, het Jasper voor my ingespring en hy is in die bors geskiet.”

“Nog ʼn skoot het my getref en ons het geval met Jasper wat half oor my gelê het. Ek het gehoor hoe hy roggel. Toe hou die roggel op en ek voel hoe hy ophou asemhaal. Toe weet ek hy is dood.”

Die plaaseienaar Nico Solomon se seun Charlie is insgelyks gewond toe hy voor die vier gewapende aanvallers moes vlug.

Vanoggend op RSG het ‘n polisiebrigadier gesê dat “alles in sy provinsie (Limpopo) onder beheer is” en dat een van die aanvallers reeds aangekeer is. Hy kon egter nie sy naam bekendmaak nie, omdat hy nog nie in die hof verskyn het nie.

Ongeveer vyfhonderd boere vanuit die omgewing het deelgeneem aan ‘n grootskaalse soektog na die vier swart aanvallers. ‘n Helikopter en ‘n ligte vliegtuig is daarvoor ingespan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.