85% van Afrikaners wil Australië toe emigreer

Volgens ‘n meningspeiling wat sedert 15 Maart op die webblad Netwerk24 gehou word, wil 85% van alle lesers Australië toe emigreer. Hoewel Netwerk24 hom as ‘n liberale, multikulturele medium projekteer, word die blad hoofsaaklik deur blanke Afrikaanssprekendes, dus Afrikaners, gelees.

Die peiling volg op die polemiek na aanleiding van die Australiese minister van binnelandse sake, Peter Dutton, se aanbod om visumvereistes vir blanke boere uit Suid-Afrika te verslap, in reaksie op plaasmoorde.

Die peiling deur Netwerk24 verskyn agter hul betaalmuur en is daarom nie vir nie-intekenaars toeganklik nie. Die keuse van vrae waarop lesers kan antwoord, is die volgende:

STEM: Sal jy Australië toe verhuis?

  • Dis wonderlike nuus! Waar kan ek my naam opgee om Australië toe te emigreer? 85%
  • Ek voel ongemaklik hieroor. Moet Australië nie eerder amptelik met ons regering hieroor onderhandel voor hulle só ‘n aankondiging maak nie? 4%
  • Ek verstaan glad nie hoekom iemand sal oorweeg om Australië toe te emigreer nie. Ons bly dan in die land van melk en heuning. 10%

Die aankondiging deur mnr. Peter Dutton het wêreldwyd opslae gemaak. Ook die links-liberale koerant The Guardian in Londen het in ‘n meningsartikel beweer dat Peter Dutton se idee by “verregses ontstaan het”. Die Guardian-rubriekskrywer Jason Dutton verwys in sy artikel Peter Dutton’s offer to white South African farmers started on the far right spesifiek na ‘n onlangse potgooi tussen Jared Taylor en dr. Dan Roodt. PRAAG word beskryf as ‘n “‘pro-European’ white power organisation”.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.