Media24-joernalis ‘steun grondonteiening 100%’

Jason Lloyd. Foto: Facebook.

Jason Lloyd wat hom op Facebook as Media24-joernalis aangebied het, het gister verklaar:

Ek ondersteun grondonteiening sonder vergoeding 100%. Pieter Groenewald van die VF+, die DA en al die ander regses moet kennis neem. Die tyd het aangebreek dat die onreg van die verlede reggestel moet word. Die ANC-regering het ‘n morele, historiese, politieke en ekonomiese plig om ons mense se menswaardigheid te herstel…

Lloyd het agterna egter ontken dat hy steeds ‘n Media24-joernalis is en sy profiel na “Litnet-rubriekskrywer” verander. Op sy Facebook-profiel beskryf hy hom egter steeds as “voormalige Media24-joernalis”.

Sy uitspraak het ‘n taamlike herrie op Facebook ontketen, met dr. Dan Roodt wat in sy reaksie gesê het:

Jason Lloyd, waarom verbaas dit my nie? Jy werk dan vir Media24 wat tot Afrikanerondergang verbind is. Ek hoop net as die rasseoorlog uitbreek, is jy swart genoeg vir die EFF. Die plase en kleinhoewes is al plekke waar ons mense nog oorleef, want die reën wat val vra nie eers of jy ‘n gehate witte is soos elders in die ekonomie nie. Daar is ook vele informele klein ondernemings rondom plase. Nou moet dié skuiwergat in die rasseverdrukking van hierdie kranksinnige Mugabeïstiese regering ook toegemaak word sodat ons net kan krepeer en een vir een gruwelik doodgemartel kan word soos tydens die plaasmoorde. Daar was nog nooit soveel haat teenoor die minderheid soos tans nie; dit slaan oral uit. ‘n Jood in Nazi-Duitsland kon meer geborge voel as ‘n Afrikaner of blanke in ANC-EFF-Suid-Afrika.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.