Leon Lemmer: Christi van der Westhuizen, moeilikheidmaker in ‘n langbroek

Christi van der Westhuizen

Christi van der Westhuizen is ‘n dosent in sosiologie aan die Universiteit Pretoria (UP). Voorheen was sy bv ‘n joernalis by Vrye Weekblad. Sy is bekend vir haar skerp kritiek op blankes, veral Afrikaners, haar simpatieke begrip vir wat swartes ook al doen en haar fanatieke aanhang van feminisme, veral die lesbiese vleuel. Op Praag het sy dikwels kritiek ontlok. Van der Westhuizen se jongste boek is: Sitting pretty: White Afrikaans women in postapartheid South Africa (Pietermaritzburg: University of KwaZulu-Natal Press, 2017, 240p, R365). Sy skryf in Engels oor Afrikanervroue maar dit verhoed haar nie om snedige misbruik van Afrikaanse woorde soos ordentlikheid, volksmoeder en volkseie te maak nie.

As ‘n fanatieke linkse en tans by UP het Van der Westhuizen ongetwyfeld kennis geneem van Jonathan Jansen se boek, Knowledge in the blood (Lansdowne: UCT Press, 2009, 337p). Die opskrif van hierdie rubriek is ontleen aan “Anna Rosmus. Troublemaker in a skirt” (Jansen, p 293). Jansen gebruik die woord beleefdheid (in die sin van “politeness”) vir sommige blankes se “exaggerated sense of courteousness” wanneer hulle deesdae met swartes te make het (148). Van die kant van die blankes is dit uiteraard ‘n poging tot verdraagsaamheid (“tolerance”), waarop daar tans tot vervelens toe polities korrek aangedring word. Maar vir ‘n swartmag-aktivis soos Jansen is beleefdheid komende van Afrikaners nie goed genoeg nie – net soos die verskoningvraery deur blankes volgens swartes nooit goed en vernederend genoeg is nie. Jansen verwys ook na die woord volksmoeder (300, 314). Dit is moontlik dat Van der Westhuizen se misbruik van die woorde ordentlikheid (by Jansen beleefdheid) en volksmoeder hulle oorsprong by Jansen het. Jansen se anti-Afrikaner- en anti-Afrikaansgesindheid blyk duidelik uit sy boek en het in vrugbare teëlaarde by Van der Westhuizen geval.

Van der Westhuizen se boek word aanbeveel deur Aletta Norval, ‘n dosent aan die University of Essex en ‘n dissipel van die marxis, Ernesto Laclau (1935-2014). Norval maak dit duidelik dat dit in hierdie boek vir Van der Westhuizen gaan om “white, middle-class, heterosexual ‘Afrikaner’ women” (p i). ‘n Positiewe aanbeveling kom ook van André Keet, tans ‘n dosent in Critical Studies in Higher Education Transformation aan die Nelson Mandela University (ii). Die frase “critical studies” is ontleen aan die marxistiese Critical Theory. Keet was voorheen die hoof van Jonathan Jansen se Institute for Reconciliation and Social Justice aan die University of the Free State, wat die Reitz-gebeure probeer besweer.

In die eerste sin verwys Van der Westhuizen na “Boer colonialism” en daarna na “apartheid state brutality” (1). In die Nelson Mandela-tradisie (in hierdie geval waarskynlik deur Jakes Gerwel geïnisieer) haal sy Ingrid Jonker se gedig aan oor die (swart) kind wat deur (blanke) soldate doodgeskiet is (2). Waar Van der Westhuizen graag wei, word duideliker as sy telkens na die marxis Antonio Gramsci (1891-1937) verwys (3, 25, 152, 174, 201). Dat sy ‘n positiewe siening van die nuwe Suid-Afrika het, ly geen twyfel nie: “South Africa is … in the throes of attempting to reimagine a politics that does not marginalise and oppress” (3), waarvan die beoogde owerheidsdiefstal van blankes se eiendom, bv plase, seker die jongste voorbeeld is.

Die groep Afrikanervroue wat Van der Westhuizen in haar visier het, “are engaged in one project above all: to become ordentlik” (4), met as duidelike implikasie dat hulle (anders as Van der Westhuizen) tans nie ordentlik is nie. “They seek to rescue their identities from the moral abyss that apartheid and its official ending tipped them into, and to re-infuse their selves with moral worth. The words ‘sitting pretty’ in the title of this book capture the dimensions of ordentlikheid : the promise of its accomplishment is through adherence to specific forms of femininity, heterosexuality, whiteness and middle-classness … sitting pretty is the legacy of a century of colonial and apartheid upliftment of Afrikaners … To embody the gender, class and race criteria of the volksmoeder … these women are required to ‘sit pretty’, that is, physically organise their bodies in accordance with certain prescriptions” (4). Afrikanervroue se strewe na ordentlikheid is glo ‘n poging “to rinse away the pollution of apartheid” (8) – later: “the stain of apartheid” (25) en “the moral stain of racism” (45). Dit is ‘n “ethnicised respectability” (17).

Die boek klink vir my na studeerkamer-kraamwerk ingevolge Van der Westhuizen se subjektiewe werklikheid. Sy skryf: “What you believe to be true makes who you are” (16). Die gehamer op heteroseksualiteit in die konteks van hierdie “studie” is erg misplaas. Myns insiens kon sy in die slegsê van Afrikanervroue (beter) geslaag het as sy nie hulle seksuele normaliteit bygesleep het nie. Maar sy is gekant teen die “normalisation of oppressive relations” (17). Sy weier om heteroseksualiteit as normatief te aanvaar. Daar moet nie ‘n “hierarchy of femininities” wees nie (9). In ons jong demokrasie word gepoog om hiërargieë deur gelykverklaring uit te wis. Van der Westhuizen lys die “master categories of inequality: race, class, gender and sexuality” (16).

Demokrasie word voorgestel as ‘n magiese verskynsel “making ‘the Afrikaner woman’ available for reconfiguration” (9). Hulle “identity is (re)crafted” (8) of “(re)constituted” (14). Vroue en mans sal glo agterkom daar is “diversity within each” (11), insluitende seksuele diversiteit. Seksualiteit (en ras) word as vloeiend voorgestel. “Identities [are] fluid, unstable arrangements … Identities are constantly under construction” (16). Volgens Antjie Krog “a complete metamorphosis is necessary: ‘of tongue, of voice, of being, of identity'” (55, ook 209). Daar is “processes of sexing, gendering, racialising” (12).

Spesifiek oor Afrikaners skryf Van der Westhuizen: “This identity is both constructed and contingent” (21). Sy verwys na ‘n 1990-berig in Vrye Weekblad: “The Afrikaner volk does not exist” (22), glo danksy “the dual crumbling of apartheid and Afrikaner nasionalism” (23). Sy kan kwalik meer openlik tradisionele Afrikaners af van die aardbol wens. Sy haal Willem de Klerk aan waarvolgens Afrikanernasionalisme “a collective ‘inferiority syndome'” sou wees (27). Sy verwys na Benedict Anderson se “concept of nations as ‘imagined communities'” (103 – Praag 10.02.2018) en Ernest Gellner se standpunt “that nationalism invents nations where none exist[s]” (103). Volgens ‘n ander outeur “the fiction of ethnicity is crucial for nationalism” (29). Hierdie verwysings is gemik teen Afrikanernasionalisme. Van der Westhuizen sal dit nie met swart nasionalisme doen nie. “By the 1990s it was understood that Afrikaner nationalism could no longer be ascribed to the pursuit of a ‘primordial ethnic agenda’ or ‘an unchanging timeless tradition’ … Neither was there an ‘organic’ Afrikaner identity” (104).

Afrikaners is vals bliksems. Hulle ordentlikheid is “self-manufactured” (30) en “Afrikaner honesty is manufactured” (32). Sy verwys na “the ‘salt of the earth’ colonial myth of Afrikaners as ‘straightforward’, ‘honest’ people” (53) en “the myth of white goodness” (56). “Ordentlikheid serves as a panacea to current Afrikaner identity woes; indeed, it is the glue that holds the identity together as it adapts to changing historical conditions” (23). Dit lyk asof Van der Westhuizen se begrip van ordentlikheid ooreenkomste vertoon met wat ek polities byderwetse kruipsug noem. Van die waan waarin sy hieroor verkeer, asook oor die verdwyning van Afrikanernasionalisme, is daar gelukkig geen teken op Praag nie.

Volgens Van der Westhuizen is Afrikaners nie eintlik wit nie. Hulle is glo “marked as just-about-white in relation to hegemonic whiteness, represented by British colonialists and later white English-speaking South Africans” (4). Ordentlikheid word glo “a mode of whitening” (33). ‘n Mens sou dink die mate van swartheid wat sy aan Afrikaners toeskryf sou in hulle guns tel, maar dit is glad nie die geval nie. Daar kleef ‘n “double stigma” aan Afrikaners: “just-about-white and ejected by global Anglo whiteness” (18). Later word dit “the double stigma of the Afrikaner identity and its attempts at rehabilitation” (36), oftewel: “Double stigma, pre-apartheid and post-apartheid” (41). Solank daar in elk geval stigma(s) aan Afrikaners kleef, is Van der Westhuizen skynbaar tevrede.

Soos Jonathan Jansen ag sy Engelssprekende blankes beter as Afrikaanssprekende blankes. Hulle het “superiority” (27). Die Engelssprekende blankes, anders as Afrikaners, het die “privilege of unmarked whiteness” (56). Engelssprekende blankes is glo die norm waarna Afrikaners streef (25) omdat Afrikaners “the lesser whites … the Boers” is (26). Met behulp van aanhalings word die Boere beskryf as “an inferior or degraded class of colonist” (26) en as “savages with a thin white veneer” (27). Sou Van der Westhuizen dit waag om swartes of enige ander etniese groep “savages” te noem? “Before the South African War, the Boers lived ‘on the margins of respectability'” (32). Sy verwys selfs na “Dutch/Boer/Afrikaner backwardness” (60).

Albei die blanke groepe is egter in haar oë “settler groups” (5, ook 27). Blankes het dus as inwoners nie dieselfde status as die swartes nie. Dit is ‘n soort hiërargie wat vir Van der Westhuizen glad nie hinder nie. Afrikaners is glo “culturally similar [to] coloured people” (5). Afrikaners is in ‘n “intermediate position between black and white English-speaking South Africans” (32). “The uncertain edges of whiteness had to be assiduously protected” (35), want daar is “the uncomfortable proximity between ‘poor Afrikaners’ and black people … a threatening slippage between blackness-as poverty and ‘poor Afrikaners'” (37). In hierdie ingat of onbenydenswaardige situasie Afrikaners “manufactured the volkseie (6).

Soos die Britte verkies Van der Westhuizen die benaming South African War, dus nie Anglo-Boer War nie. Let op hierdie uiterste gemeenheid: “After the South African War, a discourse of moral panic arose about imagined [!] sexual violation of white women by black men” (34). Van der Westhuizen is ‘n militante feminis, maar sy minag Afrikaners skynbaar in so ‘n mate dat sy selfs met verkragte Boervroue geen simpatie het nie. Ook nie met die “feminised language (the ‘mother tongue’)” (106) as dit Afrikaans op die oog het nie. Van der Westhuizen verwys ook na “the myth of the Great Trek as showpiece of Afrikaner nationalist historiography” (110, ook 215).

Hélène Opperman Lewis het in haar boek, Apartheid: Britain’s bastard child (Wandsbeck: Reach Publishers, 2016, 772p, R350; Amazon Kindle $15,96), gesaghebbend oor die verkragting van Boervroue in die Anglo-Boere-oorlog geskryf. Ek het my destyds soos volg hieroor uitgelaat: “Die molestering en verkragting van Boervroue was nie beperk tot die blanke Britse soldate nie. Bruin en swart soldate en selfs [blanke] joiners/hanskakies het hulle hieraan skuldig gemaak (Kindle 6284). Arthur Conan Doyle (1859-1930) het teen sy beterwete alle sodanige voorvalle heftig ontken. ‘In 1902, he wrote: “Now no case of rape has actually occurred in the whole campaign. If one did, the offender would be instantly shot”‘ (6467, 7668) en later: ‘The soldiers … have behaved beautifully and been cruelly slandered’ (6474, 7668). Nadat ek die hoofstuk gelees het waarin beskryf word hoe die Britte plaasdiere vermink en gedood het, het ek nie kans gesien om dadelik die hoofstuk oor die behandeling van die Boervroue en -kinders te lees nie” (Praag 22.04.2017). Opperman, anders as Van der Westhuizen, staaf haar uiteensetting met verwysing na talle dokumentêre bronne. Nou weet ons nie net wat werklik in die Anglo-Boere-oorlog gebeur het nie, maar ook wat om van Van der Westhuizen te dink. Die polities byderwetse ideaal van “cultural blamelessness” (47) is blykbaar die motivering vir Van der Westhuizen se kruipsug.

Die pasboekstelsel word toegeskryf aan die “racist apartheid policy” (52). Van der Westhuizen ignoreer die feit dat pasboeke ingestel is heel aan die begin van die Britse bewind aan die Kaap. Sy kla oor “the pain, losses and actual deaths that apartheid movement control caused in black people’s lives” (52), maar die dood en verwoesting wat swart terroriste gesaai het en wat in “ons jong demokrasie” steeds gesaai word, bly onvermeld.

“Afrikaner identity is premised on the Afrikaans language, reworked by Afrikaner nationalism to be ‘the key cultural expression of a great volk‘ … Afrikaner identity is produced through its claim to speaking Afrikaans and the routine relinguishing of social space to English … Ceding social space allows appropriation of an element constitutive of English whiteness: politeness” (58-59). Afrikaans is inderdaad die kern van Afrikanerskap en dit stu steeds Afrikanernasionalisme. Die afstaan van ruimte aan Engels kom sedert 1994 in onrusbarende mate voor. Dit is enersyds te wyte aan polities byderwetse kruipsug en andersyds aan owerheidswraak. By egte Afrikaners is daar egter geen begeerte om Engelssprekende blankes na te boots soos Van der Westhuizen so graag te kenne gee nie. Sy verkeer in die waan dat wat tans gebeur die “displacement of one settler class by another” is (60). As Afrikaners deesdae weens ‘n wraaksugtige regering soms verplig word om Engels te gebruik, beteken dit geensins dat baie of die meeste van hulle daarna streef om soos Engelssprekende blankes te wees nie.

Van der Westhuizen het besluit dat die soort Afrikanervrou wat sy ondersoek deur die maandblad Sarie uitgebeeld word en dat daardie tydskriflesers ook sodanig sou wees. “Sarie’s ‘we’.. excludes black people and sexual and gender non-conforming others” (18), dus daardie groepe vir wie Van der Westhuizen by voorkeur skerm. “Black others are only allowed in Sarielese* to exonerate white selves and remove apartheid’s moral pollution” (100). “To constitute the ‘we’, Sarielese subjects black people to a blackout by excluding them from Sarie’s white world. Black others that are permitted to escape blackout in Sarielese are domesticated to exonerate Sarie subjects from apartheid culpability and to assume personal responsibility for apartheid privations, which are dehistoriced and decontextualised” (101). [* “Sarielese”: Na aanleiding van “journalese”, dus koerant- of populêre tydskriftaal.]

Sy het die 12 Sarie-uitgawes van 2009 ontleed (15). “The data is [are] gleaned from four categories of text: the front cover, the cover article, the editor’s letter and reader’s letters. Where relevant to the analysis, other articles were included” (67). Die klem val hier op Van der Westhuizen se begrip ordentlikheid en pogings to “renovate the volksmoeder … and a revamped father-husband masculinity [and] re-secure beleaguered Afrikaner whiteness through denialism-erasure and the re-inscription of nostalgia” (68). Die keurslyf waarin Van der Westhuizen die Sarie-inligting probeer dwing, is “aiming to refix a dislocated white femininity” (68).

Van der Westhuizen tipeer Sarie, myns insiens met ‘n groot skeut wensdenkery, as “a discursive instrument in the modernisation of Afrikaner whiteness, driven by an aspiration to achieve equal status with the hegemonic and globalised Anglo (bourgeois, heteromasculine) whiteness of the more successful settler class, ‘the English'” (61, ook 70). In hierdie konteks “whiteness seeks to draw on the newly acquired moral capital of blackness to re-upholster itself” (61). In werklikheid is daar (feitlik) geen rede waarom Afrikaners swartes as moreel meerderwaardig sou beskou nie. Dit druis in elk geval in teen die gelyk- en selfs eendersverklaring van almal. Waarna Afrikanervroue glo strewe is “rising to unmarked status, whiteness incognito” (61).

Van die redes waarom Van der Westhuizen die tydskrif Sarie afkam, is omdat dit ‘n voortsetting van ‘n vorige tydskrif, Die Boerevrouw, is (62) en glo “a cog in the ‘apparatus of domination'” (63) deur blankes is. “Sarie projects itself as a refuge, an Afrikaans white space” (80), “as white refuge, a re-creation of a lost white world” (99). Die tydskrif vergestalt ‘n neo-nasionalisme (99) en is dus “a stand-in for a lost Afrikaner nation-state” (100). Die volk word in Sarie voorgestel as “equivalent to the country, as per the phantasm of the Afrikaner nation state” (72). “Culturally sanctioned knowledge” word glo aan die Sarie-lesers gebied (67), bv die “cookie-cutter mode of heterofemininity” (69). Ook word “apartheid!” erken as “‘valuable’ and ‘true'” (70). Apartheid was beskryf as “advancement of white people at the expense of black people” (72). In Sarie “processes of actualisation are carefully sanitised of the political to render these subjects without accountability” (71). “Apartheid as systematised oppression is … erased in Sarielese” (84, ook 197). “Sarie is read here as technology in the service of ordentlikheid” (70). Van der Westhuizen versink deurentyd in ‘n getob oor haar vooroordele.

“Women’s magazines … are a form of popular culture dependent on women still mostly being assigned the task of reproduction” (68); dus “compulsory heterosexuality” (bv 69, 76, 87), “to achieve homophobic othering” (87). Dit is glo ‘n geval van “render[ing] heterosexuality viable at the expense of homosexuality” (88). “Lesbian others are completely exiled” (101, ook 197). “Lesbianism is shrouded in silence” (87). Lesbiërs kan uiteraard nie volksmoeders wees nie. Vroue wat in staat is tot die wonder van geboorteskenk is in Afrikanergeledere, volgens Van der Westhuizen, “women whose bodies are used to fence the volk” (76). “Apartheid’s everyday politics of sexuality [is] … ‘something that you use in order to have children the day you married'” (131). “This sexuality is in service of the volk” (132). Soos Jonathan Jansen betreur Van der Westhuizen die feit dat Afrikaners ná 1994 steeds “feel themselves compelled to breed white” (142) – “an apartheid template of ‘birds of a feather flock together'” (146). Dit is per slot van sake ‘n voorbeeld van polities hooggeprese solidariteit. Wat in die boek as voortreflik voorgestel word, is egter wanneer ‘n Afrikaner “instead identifies as ‘a South African and an African'” (144).

Vir vroue (en mans) is daar “oppressive dimensions of heteronormativity” (91), bv “submitting to ‘love’ and handing over power to a man” (95-96); “a masculinity hooked into a signifying chain with father, protector, God, adviser, leader and knower” (96). Die “masculine sexual prerogative” is glo “implicit violence” (132). “An always-present threat of male sexual assault regulates gender relations” (101). Later: “The threat of male violence is always already present and works as a masculine right and women should be grateful when it is not exercised” (198). “Sarielese normalises male violence” (98). Hier het ons klaarblyklik ‘n outeur wat geen eerstehandse, deurleefde ervaring van en aanvoeling vir ‘n heteroseksuele huwelik het nie maar haar nogtans aanmatig om daaroor te skryf.

Vir ‘n vrou om te trou is glo ‘n “sign of having succumbed to male authority” (120). Vroue “are policed to fulfil the heterosexual imperative of attracting and pleasing men” wat “supplying unpaid home-based labour” insluit (126). “Daughters may be expected to act as substitute servants to their fathers when their mothers are unavailable” (128). Tersefdertyd is daar “male exemption from household labour” (128). “With service to men as the mark of femininity, its co-constitution is leisure as the preserve of men” (128). Dit is tipiese, veralgemenende, eensydige clichés wat in oorvloed by militante feministe aangetref word. Die Afrikanervrou maak haar glo skuldig aan “adopting a position of immaturity” (126), as “servant to the volk and therefore to the family, as the cornerstone of the volk ” (127). Dit is bekend dat kulturele marxiste Westerse volke wil vernietig deur hulle in hulle behoudende kern, die gesin, te vernietig. Ek vind dit moeilik, indien nie onmoontlik nie, om ‘n skewer voorstelling van seksualiteit en die huwelik te bedink as waarmee Van der Westhuizen vorendag kom.

Homoseksualiteit, daarenteen, word aanbeveel as vergestaltings van openheid en vryheid, bv “the greater social visibility of gay men” in die nuwe Suid-Afrika (89). Daar is “the egalitarian and liberating possibilities that the democratic subversion of race and gender brings” (102). Van der Westhuizen het dit teen “the hierarchical gender binary” (99, ook 153) van vrou en patriagale (19, 69) man omdat allerhande ander soorte geslagtelikheid en seksualiteit deesdae bevorder word. Daar is baie tradisionele “dichotomisations such as normalcy/abnormalcy, man/women, masculinity/femininity, heterosexual/homosexual and white/black, in which the second, lesser term degrades ‘the nation'” (33).

Let vervolgens op hoe vals die situasie van hierdie vroue in die nuwe Suid-Afrika voorgestel word. Die 1980’s word beskou as “the start of the end of white order, or more specifically, the white male order. It would be the decade when Afrikaner nationalism’s grip on its female subjects started to slip” (140). “Afrikaans-speaking white women’s domestic banishment only ended during the transition to democracy in the 1990s” (112). Hulle het nou glo “greater social opportunities than ever before” (79) terwyl daar in werklikheid groot druk deur die swartes uitgeoefen word sodat daar teen blanke vroue in dieselfde mate as teen blanke mans gediskrimineer moet word; dat hierdie vroue benadeel moet word omdat apartheid hulle glo onregmatig bevoordeel het. Blanke vroue geniet glo “formal human rights for the first time in the country’s history” (79) terwyl hulle in werklikheid vóór 1994 veel meer regte gehad het, bv stemreg wat deurslaggewend in verkiesings kon wees en aanstellings en bevorderings op meriete. Die ou Suid-Afrika was ook ‘n baie veiliger plek om in te woon en te werk, ens.

Van der Westhuizen bespeur “the continued embeddedness of Sarie in a neo-nationalist imaginary. The manufacturing of the ‘Sarie family’ resonates with the nationalist conception of the nation as the family writ large” (81). Daar is “nostalgia for white days gone by … reliving of white days” (81). Van der Westhuizen se ideaal is klaarblyklik dat blankes/Afrikaners eerder die huidige “swart dae” moet omarm. Dit maak blykbaar nie saak hoe ons sulke dae tans eerstehands ervaar nie. Maar Van der Westhuizen erken dat Sarie darem met verloop van ses dekades aanpassings/modernisering ondergaan het. “The magazine seems purposely styled in correspondence with the neo-liberal and postfeminist dictum of individualised self-investment” (81).

“The volksmoeder … forms the pivot of the Afrikaner identity’s sex-gender system” (103). Sarie gives the volksmoeder a facelift” (102). Grondliggend is daar ‘n deurtrapte anti-Afrikaner-mislikheid in wat Van der Westhuizen skryf. Iemand wat werklik as ‘n volksmoeder kwalifiseer, soos MER[othmann] (1875-1975, Praag 5.08.2017), word ‘n “cultural entrepreneur” genoem (35). Wat Van der Westhuizen teen MER het, is die voortreflike werk wat sy ter verligting van die nood van armblankes gedoen het: “Middle-class Afrikaner nationalist women were heavily involved in racialised welfare activities uplifting poor white people” (107). Die polities oorverligte Van der Westhuizen verkies eerder iemand soos Winnie Madikizela-Mandela as ‘n volksmoeder” (118). Nelson Mandela word beskryf as “the globally revered anti-apartheid icon” (203), ook bekend as “‘Madiba’, which references ‘father of the nation'” (173).

Na “purposive sampling” is groepsonderhoude in 2011 en 2012 in Johannesburg en Durbanville met 25 respondente gevoer. Dit is opgevolg met in-diepte onderhoude met 6 van hierdie respondente (15). Die respondente se “identity mode finds new leases on life in reworkings of the old props of silence, service and sexuality purposed for white reproduction, here called ‘white sex’ … I find that postfeminism and neo-liberalism provide succout [“bystand”] to these mainstays of the volksmoeder” (18). Wat Sarie glo doen, is “policing [the] limits and thus the borders of the volksmoeder” (96).

Die teks is in groot mate ‘n toonbeeld van selfbeheptheid. Dit ontaard in ‘n gemaal om en herhaling van dieselfde vooroordele. In hoofstuk 4 betree Van der Westhuizen ‘n terrein waarvan sy selfs minder as moederskap verstaan, naamlik manlikheid as “manhood” en onvermydelik ook volksvader, “the overall keeper of the mores and traditions of the volk” (150). Voorspelbaar gaan dit om neo-nasionalisme, heteromanlikheid en patriargie (19), bv “machinations are overseen by a hegemonic masculinity, a conflation of God-father-husband-man” (101). Sy vul hierdie lys aan met “protector”, “adviser” “leader” en “the one who knows” (150). Byvoorbeeld, Afrikanermans as beskermers, as “violent enforcers of apartheid,” maak hulle ook skuldig aan “enforcing patriarchal domination within the white family, under the guise of ‘protection'” (163). “Compulsory male sexual access is co-produced with female sexual submission” (164). Vanwaar hierdie manlike oorheersing? “In my research, narratives emerge of woman’s reverence for manhood as godly” (173).

Die Afrikanerman met sy “settler masculinity” (152) is glo “the patriarchal overseer of the volksmoeder” (151). “The achievement of ordentlikheid hinges on the restoration of white Afrikaans manhood” (151, ook 168). “A network of Afrikaans white spaces, with the family as touchstone, becomes the locus for the re-installation of ‘true’ Afrikaner masculinity” (170). Die voorafgaande gee haar rede om te kla oor “the unequal co-construction … of masculinity and femininity” (150). “In Afrikaner nationalism the most revered form of the nation is masculine” (154). “Key to apartheid was the entrenchment of white entitlement through the regulation of everybody’s life” (152). “Afrikaner nationalist men ‘herded’ women ‘into the new laager of nationalism'” (154). “The family and the household become primary sites for the refurbishment of ordentlikheid” (175). “During apartheid, conscription militarised Afrikaner masculinity … Dads transmit the culture of violence to their sons” (165). Dit lyk asof Van der Westhuizen tot in die oneindige kan voortgaan om variasies op haar enkele temas te improviseer.

Hoofstuk 5 handel oor “Afrikaner neo-nationalist enclaves” (176). “What are the aims of the refurbishments of Afrikaner identity, using ordentlikheid and the volksmoeder? (19). “I argue that a neo-nationalist political form has developed to recuperate ‘the Afrikaner’ and retain power and privilege. In what I call Afrikaner enclave neo-nationalism, Blank Suid-Afrika is privatised and recreated on microcosmic scale in white, Afrikaans enclaves. The home – specifically an ethnoracial, heteronormative domesticity – forms the heart of the enclave” (20). Dan vervolg Van der Westhuizen as kultuurmarxis: “The ‘new’ prominence of the family … was previously also a feature of colonial racisms” (191). Maar wat dan van die Amerikaanse beklemtoning van en eerbied vir “home” and “family” as bolwerk teen die kommunisme?

Orania en Kleinfontein word as sodanige enklaves genoem (177). Van ‘n uitgestrekte tuisland vir Afrikaners, soos wat die blanke politieke bewind aan swartes gegun het, is daar nie sprake nie, want sê nou maar net die Afrikaners, anders as die swartes, maak ‘n reuse sukses daarvan? Selfs ‘n enklave soos ‘n universiteitskampus word nie aan Afrikaners gegun nie. Die outoritêre demografiese voorskrif vir alles is 80-9-9-2. ‘n “Imagined community (the volk)” (177) hoef glo nie ‘n eie tuisland te hê nie. Die waarheid en vorige konkrete werklikheid van swart tuislande word deur Van der Westhuizen misken. Sy verkondig eerder: “Afrikaner nationalists laid claim to the whole of the country, ‘their’ nation-state” (189). Ek dink nie dit was ooit die geval tydens die blanke bewind nie, want die tuislande vir swartes is voorafgegaan deur die Britse protektorate en reservate vir swartes.

Die Afrikaner se “minority nationalism” (178) of “banal nationalism” (181) se voorland is eerder “inward migration” (178). Die faktore wat Afrikaners op selfbeskikking en ‘n eie tuisland laat aandring, soos etnisiteit en kultuur, word deur Van der Westhuizen as Trojaanse perde voorgestel (181). “Culture, ethnicity and class are deployed as Trojan horses to continually whiten spaces and reinforce racial hierarchies” (191). Kultuur word glo as kamoeflering vir ras gebruik (181). Dit gaan glo steeds om “white surpremacy” (183). Dan volg hierdie gemeenheid: “Ethnicity and culture are thin veils masking the entrenchment of a micro-apartheid, using methods of ethnic cleasing to whiten space” (184). ‘n “Fantasy space” (184) word so in ‘n “homely [space]” (186) omskep – “ethnoracial … laagers” (186) en “die taal is central” (187).

In haar boek distansieer Van der Westhuizen haar deurgaans van Afrikaners. In die konteks van die onderhoude wat sy gevoer het, beskryf sy haarself as “a white Afrikaans-speaking woman” (135), dus nie as ‘n Afrikaner nie en ook nie as bv “just-about-white” (18) nie. Sy het geen lof vir Afrikaners nie. Sy kan Afrikaners kwalik meer slegsê as wat sy reeds gedoen het. Dus, wat kan sy in die laaste hoofstuk doen om Afrikaners, “occupying a suspect position of lesser whiteness” (193), nog meer die moer in te maak? Sy kan vir hulle vertel wat hulle moet doen om te verbeter.

“Shame presents the most opportunities for transformation” (206). “White subject’s shame before the eyes of black subjects opens the possibility of restoring and creating social ties in ways that breach apartheid categorisations. With shame as affective practice, dissident white subjects work against the psychosocial degradation of whiteness to overturn colonial denial of humanity to black people. This could contribute to the dismanteling of the ‘apartheid Afrikaner’. However, unacknowledge shame involves subjects clinging to and retreating into normative defensive whiteness, thereby foreclosing the possibility of mutual rehumanisation that shame as recognition of the other holds … White Afrikaans-speaking women and men must adopt an active position of directed dissidence to turn ordentlikheid into a truly ethical position, aligned with values of humanisation, as opposed to the values of dehumanisation of apartheid and colonialism ” (20). ‘n Mens kan natuurlik vra in hoeverre Van der Westhuizen medemenslikheid teenoor Afrikaners in hierdie boek asook in haar ander geskrifte openbaar.

Skaamte (“shame”) op die sosiale vlak en skuldgevoelens (“guilt”) op die persoonlike vlak is die rehabilitasiemiddele wat Van der Westhuizen vir Afrikaners aanbeveel (206). Van die swartes moet vergiffenis gevra word (207). “Shame opens the door to the recognition of the black other and thus to overcoming apartheid whiteness and introducing the self into a new sosial bond of expansive humanness” (207). Die vlieg in die salf van haar voorgestelde Afrikaner-rehabilitasieskema is glo die plaaslike regses: “a locally rising white, masculinist hubris, egged on by New Right discourses from ‘big men’ in the global North” (20). Dit is die keuse waarvoor ons gestel word: Gaan ons die weg van skaamte en skuld bewandel of liewer die regses navolg?

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.