Leon Lemmer: Opwaartse mobiliteit in Amerika

Veral sedert Donald Trump se verkiesing as president in November 2016 is daar heelwat meer belangstelling as vroeër in die Amerikaanse middelklas en werkersklas; dus in die nie-elite, gewone Amerikaners, veral die blankes wat as kiesers steeds in die meerderheid is. Kyk byvoorbeeld Henry Olsen se boek, The working class Republican: Ronald Reagan and the return of blue-collar conservatism (Broadside, 2017, 368p; Amazon Kindle $11,39). Minderheidsgroepe is nie meer die enigstes wat tot vervelens toe in die hoofstroom-inligtingsmedia aandag kry nie. Die openbare beeld van wat ‘n Amerikaner is, word nie meer in dieselfde mate as voorheen deur die establishment in bv New York City en Washington DC bepaal nie. Dit is veral politici, joernaliste, akademici, filmsterre en ander vermaaklikheidskunstenaars – dus nie gewone Amerikaners nie – wat veral in die vóór-Trump-era deurslaggewend die openbare beeld van Amerika en Amerikaners geskep en onderhou het. Deesdae is daar ‘n bietjie meer balans vanweë hernude belangstelling in gewone mense, bv hoe hulle die werklikheid ervaar, wat hulle dink en hoe hulle leef.

In hierdie konteks gaan ek twee outobiografiese boeke, wat blitsverkopers is, bespreek. Die een het in 2016 verskyn en heelwat kommentaar tydens daardie jaar se presidentsverkiesing ontlok. Die ander boek is in Februarie vanjaar gepubliseer.

JD Vance

JD Vance (gebore in 1984 as James Donald Bowman maar ná 1990 James David* Hamel – Kindle 857) het in agterlike omstandighede grootgeword maar desnieteenstaande ‘n graad in die regte aan Yale University, die voorste Amerikaanse instansie vir regsopleiding, verwerf. Hy vertel sy verhaal in ‘n boek, Hillbilly elegy: A memoir of a family and culture in crisis (London: William Collins, 2016, 277p; Amazon Kindle $11,62). “I didn’t write this book because I’ve accomplished something extraordinary. I wrote this book because I’ve achieved something quite ordinary, which doesn’t happen to most kids who grow up like me” (Kindle 91). [* “[Re]named after Uncle David, Mamaw’s older, pot-smoking brother” (867). Die outeur het later sy ma se nooiensvan, Vance, aangeneem.]

Sy ma, Bev (gebore in 1961), was ‘n dwelmverslaafde (bv aan heroïen), selfmoord-geneig en in talle seksuele verhoudings. “She cycled through boyfriends, switching partners every few months. It was so bad that my best friend at the time commented on her ‘flavors of the month'” (1023). Later was sy by “husband number five … the future ex-Mr Mom” (2411). Vance verwys na “Mom’s revolving door of father figures” (2970).

Hy het grootliks in die sorg van sy oupa (“Papaw”) en veral ouma (“Mamaw”) in Jackson, in die steenkoolstreek in die suidooste van Kentucky, grootgeword. “Jackson taught me that ‘hill people’ and ‘poor people’ usually meant the same” (293). “Not all rich people were bad, but all bad people were rich” (524). Hierdie arm en versukkelde blankes van die Appalagiese streek word “hillbillies, rednecks or white trash” genoem (118).

In ondersoeke is bevind “working-class whites are the most pessimistic group in America” (128). In die Roesgordel (“Rust Belt”) is daar grootskaalse ekonomiese agteruitgang en stedelike verval omdat baie van die industrieë nie meer lonend bedryf kan word nie. Van die redes hiervoor is toenemende outomatisering en die invoer van goedkoper goedere van oorsee, veral uit die Ooste. “Manufacturing jobs have gone overseas and middle-class jobs are harder to come by for people without college degrees” (165). Vance skryf oor hierdie “culture that increasingly encourages social decay instead of counteracting it” (165). Daar is bv “too many young men immune to hard work” (165).

Daar is ook baie gewelddadigheid. “Mamaw came from a family that would shoot at you rather than argue with you” (386). Sy sê: “There is nothing lower than the poor stealing from the poor” (263). Hierdie ore ondersteun mekaar. Daar is “hillbilly royalty” en “hillbilly justice” (283). Daar is ook “hillbilly loyalty,” wat tot vuisgevegte kan lei. In die geval van die outeur: “Each of these fights began after someone insulted my mother” (896). “Seeing people insult, scream, and sometimes physically fight was just a part of our life. After a while, you didn’t even notice it” (1004). In Suid-Afrika klink sommige van hierdie dinge bekend, soos ook: “You can take the boy out of Kentucky, but you can’t take Kentucky out of the boy” (375). “Identity is an odd thing, and I didn’t understand at the time why I felt such kindship with these strangers” (1081).

Die huise is vervalle. Hoenders en honde word op groot skaal op die werf aangehou. Daar word vroeg getrou en baie kinders gekry – nie noodwendig in daardie volgorde nie. Sy ma, Bev, het as swanger 18-jarige getrou, ‘n dogter Lindsay gekry “just two months after Mom graduated from high school” (1113) en het na ‘n jaar geskei. Skoolonderrig en geletterdheid is beperk. Buite die huise word aan voertuie gewerskaf. “With partying came alcohol, and with alcohol came alcohol abuse and even more bizarre behavior” (1033). Papaw was “a violent drunk … Mamaw … was a violent nondrunk” (600). Sy het haar man gewaarsku dat sy hom gaan vermoor as hy weer dronk by die huis aankom. Dit het weer gebeur en hy het op die rusbank aan die slaap geraak. Mamaw het petrol in die motorhuis gaan haal, dit oor hom uitgegooi en hom aan die brand gesteek. “Miraculously, Papaw survived the episode with only mild burns” (609). “Papaw quit drinking in 1983” (648). Die outeur het soms ook die breë weg bewandel. “Along with my abysmal school record came drug experimentation – nothing hard, just what alcohol I could get my hands on and a stash of weed … marijuana” (1679).

Outeurs soos Charles Murray* “authored compelling, well-research tracts demonstrating that upward mobility fell off in the 1970s and never really recovered” (185). Die aangewese opsie was om uit die steenkoolstreek van Kentucky te trek. “The best way up for the hillbilly was out” (444). Byvoorbeeld, Papaw en Mamaw het agter werk aan uit Jackson na Middletown, Ohio, getrek. Vir die outeur was dit nie genoeg nie. “To move up was to move on. That required going to college [university]” (775). “Mom … took me to the public library before I could read, got me a library card, showed me how to use it, and always made sure I had access to kid’s books at home. In other words, despite all the environmental pressures from my neighborhood and community, I received a different message at home. And that just might have saved me” (826). “Mom believed deeply in the promise of education” (886). [* “Charles Murray’s seminal Losing Ground, another book about black folks that could have been written about hillbillies – which addressed the way our government encouraged social decay through the welfare state” (1901).]

Die outeur is die kind van sy ma se tweede man, Don Bowman. “Mom and Dad married in 1983 and split up around the time I started walking. Mon remarried a couple of years after the divorce. Dad gave me up for adoption when I was six … Bob Hamel, my stepdad and eventual adoptive father, was a good guy in that he treated Lindsay and me kindly. Mamaw didn’t care much for him. ‘He’s a toothless fucking retard,’ she’d tell Mom, I suspect for reasons of class and culture: Mamaw had done everything in her power to be better than the circumstances of her birth. [“Mamaw never spent a day in high school” – 514).] Though she was hardly rich, she wanted her kids to get an education, obtain white-collar work, and marry well-groomed middle-class folks – people, in other words, who were nothing like Mamaw and Papaw. Bob, however, was a walking hillbilly stereotype” (847). Hierdie huwelik het ook nie lank gehou nie. “Mom had a lot of Mamaw’s fire, which meant that she never allowed herself to become a victim during domestic disputes” (956).

Nadat Vance diensplig in die vloot gedoen het, het hy in 2007 as student by Ohio State University in Columbus geregistreer en die graad BA verwerf. “I’d go to classes, do my homework, study at the library, and make it home in time to drink well past midnight with my buddies” (2363). Hy moes deeltyds werk om sy studiegeld te betaal. Vandaar is hy in 2010 na New Haven en Yale University, waar hy die driejaar-regsgraad suksesvol voltooi het, gevolg deur ‘n jaar lange klerkskap in Cincinnati. Hy het met Usha, ook ‘n regsgeleerde, getrou. Hulle het ‘n seun, Ewan. Die aanduidings is dat hy as ‘n Republikein die politiek sy loopbaan wil maak.

Vance vertel van “my cousin Gail” (3114), “at heart a hillbilly, and I should have known that no hillbilly makes it to adulthood without a few screwups along the way” (3124). Teen haar ouers se wense het sy met ‘n swarte getrou. “Racial prejudice bubbled to the surface when she announced that a black baby was joining the family … Gail found herself without a family … ‘My mom [Gail’s] said she never wanted to hear my name again.’ Given her [teen]age and lack of family support, it’s hardly surprising that her marriage soon ended” (3124). Sy is later weer getroud. Die rede waarom Vance oor Gail geskryf het, is moontlik omdat hy met ‘n ander etnisiteit getrou het. Usha is ‘n Indiaan.

Tara Westover

Tara Westover (gebore in 1986) het die volgende boek gepubliseer: Educated (New York: Random House, 2018, 337p; Amazon Kindle $18,19). Die illustrasie op die voorkant toon ‘n skoollessenaar en -bank wat in die veld staan. Die teks bewys dat dit moontlik is om die hoogste akademiese kwalifikasie te behaal al moet jy in die veld of onder ‘n boom skoolgaan; selfs dat jy sonder enige skoolbywoning ‘n doktorsgraad kan verwerf. Die beslissende faktor is nie of daar elektrisiteit, lopende water, spoeltoilette en (bekwame) onderwysers is soos plaaslik geëis word nie. Selfopvoeding is moontlik. Akademiese sukses word deurslaggewend deur die gehalte van die leerling bepaal, bv intelligensie, motivering, toewyding en deursettingsvermoë.

Westover het in die berge in die suidooste van Idaho grootgeword. “There’s a sense of sovereignty that comes from life on a mountain, a perception of privacy and isolation, even of dominion” (Kindle 464). Haar pa, Gene, het skure gebou en ‘n skrootwerf bedryf. Sy sewe kinders, vyf seuns en twee dogters, met Tara as die jongste, was sy werkslui. “Dad joked I was as slow as molasses [or “tar” – 2668] running uphill” (1045). Gene se ideaal was om selfversorgend en so onafhanklik moontlik van die owerheid te wees. Hy word as “independent-minded” beskryf (454). Die jongste vier kinders se geboorte is nie geregistreer nie. Die kinders het tuisonderrig van hulle ma, Faye, ontvang omdat Gene hulle wou vrywaar van die regeringspropaganda in die openbare skole. “Homeschooling was a commandment from the Lord” (2483). Later het daar egter bitter min van tuisonderrig tereg gekom. Faye “used to say that we were kept at home so we could get a better education than other kids. But it was only Mother who said that, as Dad thought we should learn more practical skills” (740). “By the time I was eight … we’d settled into a routine that omitted school altogether” (759).

Faye het haar gesin medies versorg. Godsdiens, fanatieke Mormonisme, is grondliggend aan Gene se manies. Engele was veronderstel om hulle teen siektes en gevare te beskerm. “Doctors were Sons of Perdition” (2483). Daarom het hulle nie veiligheidsgordels gedra wanneer hulle per pad gereis het nie. By twee geleenthede het die gesin na ‘n vakansie deur die nag teruggereis. Albei kere het die voertuig die pad verlaat en het hulle beserings opgedoen. Die eerste keer was toe een van die seuns agter die stuurwiel aan die slaap geraak het. Die ander keer was toe Gene te vinnig tydens ‘n sneeustorm gery het. Kort voor hierdie ongeluk het hy gesê: “I’m not driving faster than our angels can fly” (1518). Hulle voertuie is nie geregistreer of verseker nie. Bestuurderslisensies is nie uitgeneem nie. Gene het slegs God as owerheid erken.

Hulle het in die Eindtye en in afwagting van die Oordeelsdag gelewe. Gene het in ‘n ondergrondse skuur voedsel vergaar. Hy wou genoeg vir 10 jaar ophoop. ‘n Duisend gellings brandstof is in ‘n ondergrondse tenk bewaar. Geld is in die vorm van silwer en goud bewaar. Hy het wapens en ammunisie opgegaar. Later is sy waanbeelde en gedrag, bv sy paranoia, aan bipolêre versteuring of skisofrenie toegeskryf. Selfs sy vrou het met hierdie diagnose saamgestem. “Why did you fight so hard against made-up monsters, but do nothing about the monsters in your own house?” (3341). “Children of bipolar parents are hit with double risk factors: first, because they are genetically predisposed to mood disorders and second, because of the stressful environment and poor parenting of parents with such disorders” (3331).

Gene was ook behep met die Illiminati, wat bygelowe beveg het en teen die misbruik van owerheidsgesag gekant was. Hy het allerhande voorbereiding getref en voorspellings gemaak oor wat aan die begin van die jaar 2000 sou gebeur. Toe niks gebeur nie “he seemed smaller to me than he had that morning. The disappointment in his features was so childlike, for a moment I wondered how God could deny him this” (1494).

Faye het aanvanklik as assistent vir ‘n vroedvrou opgetree en mettertyd die taak op haar eie uitgevoer. Sy het ook kruie en ander natuurlike middels gebruik om mense gesond te probeer maak. Gene het gesê: “Herbalism was a spiritual doctrine that separated the wheat from the tares, the faithful from the faithless” (558) en “People don’t know it, but the sun is the most powerful medicine we have” (1432). Veral met die bemarking van allerhande homeopatiese olies het hulle later finansieel hoogs welvarend geword. “Dad was on track to become the best-funded lunatic in the Mountain West” (4070). Ingevolge Oosterse gelowe het Faye ook “spiertoetsing” en “energiewerk” gedoen om kwale te genees. “Nutrition, exercise and the careful study of herbal properties, that’s all there is … healing was spiritual and limitless. Muscle testing … was a kind of prayer, a divine supplication. An act of faith in which God spoke through her fingers” (986). Die motivering vir hierdie bedrywighede is nie net om geld te maak nie, maar om geloof in die natuur en per slot van sake religieuse geloof te bevorder en die owerheid se gesondheidsorg te ondermyn.

Op die skrootwerf is talle meganiese hulpmiddels gebruik. Om daaroor te lees, was vir my ‘n angsvolle ervaring. Byvoorbeeld, oor Tara: “On the last turn, the bucket swung with such force that a spike of iron was flung towards me. It pierced the inside of my leg” (1065). Haar broer, Luke, het petrol op sy broek gemors. Dit het gou droog geword en hy het daarvan vergeet. Toe hy met ‘n blaasvlam werk, het sy broek aan die brand geslaan en het hy erge brandwonde opgedoen. Later het hy met ‘n gevaarlike masjien gewerk wat skrootmetaal gesny het. “Luke’s arm was gashed to the bone and he was running toward the house, blood spurting” (2235). Tara is daarna deur haar pa verplig om met dieselfde masjien te werk. By geleentheid het haar pa haar gelas om iets te gaan haal deur van dwarsbalk tot dwarsbalk van ‘n onvoltooide dak te spring terwyl hulle 30 voet bo die grond was, “not wearing harnesses because we never wore them” (2788). “Dad always put faith before safety. Because he believed himself always right” (3331). Later: “His faith was no longer a faith, he said, but a perfect knowledge” (4691). Aan Tara is mettertyd enige taak opgedra. “If the boys were working on-site, sometimes I’d go along to drive the loader or forklift or crane” (2700).

Haar broer, Shawn, het kop eerste van ‘n skuurkonstruksie geval en ernstige breinskade opgedoen. “The doctors told Mother that Shawn’s injury might have altered his personality – that in the hospital, he had shown tendencies toward volatility, even violence” (2106). Later is sy brein in ‘n motorfietsongeluk nogeens beskadig. Tara is soms uiters hardhandig deur Shawn behandel en selfs beseer. Dit het gelyk asof hy plesier uit wreedheid put. Hy het gedreig om haar en sy vrou dood te maak. “My humiliation was the cause of that pleasure” (3106). Haar pa het later ernstige brandwonde opgedoen toe petrol ontplof het. Hy het geweier om na ‘n dokter of ‘n hospitaal te gaan. “Father condemned doctors as minions of Satan” (4080). Sy vrou en kinders het hom maande lank tuis verpleeg. Hy het oorleef, maar nie sonder om letsels oor te hou nie. “It was a miracle, everyone said, so that was the new name they gave Mother’s recipe: after Dad’s burns it was known as Miracle Salve” (3632).

Tara het nooit van Sondagskool gehou nie, maar as kind het sy in redelike mate haar ouers se geloof aangehang, hoewel sy al hoe meer skepties geword het. Twee van haar broers, Tyler en Richard, het uit die skrootwerfbestaan weggebreek op soek na ‘n ander soort lewe en universiteit bygewoon: “brainwashed by socialists and Illuminati spies” (699), volgens Gene. “‘There’s two kinds of them college professors,’ Dad said. ‘Those who know they’re lying, and those who think they’re telling the truth'” (688).

As tiener het Tara mooi in die kerk gesing. Gene “said I sang like one of God’s own angels” (1357). Sy het toneel gespeel, maar Gene het van die teater gesê: “It’s probably a den of adulterers and fornicators” (1422). Hy het gedink Tara moet voortgaan om in die skrootwerf te werk en haar ma by te staan. “A woman’s place was in the home, that I should be learning about herbs – ‘God’s pharmacy'” (2014). Later: “Mother was marketing her products as a spiritual alternative to Obamacare” (4977).

Tara het Brigham Young University se toelatingseksamen met haar tweede poging geslaag. Die studentekorps is 99% Mormone. Haar broer, Tyler, het haar aangemoedig omdat hy reeds daar op universiteit was. Oor hulle ouerhuis het hy gesê: “I think this is the worst possible place for you … There’s a world out there, Tara” (1939). Sy was onseker oor wat om te doen: “The door was blocked – by loyalty, by obedience. By her father” (2123). Haar pa het haar ontmoedig om universiteit toe te gaan: “‘The Lord has called me to testify,’ he said. ‘He is displeased. You have cast aside His blessings to whore after man’s knowledge'” (2143). “He began a lecture about liberal professors” (2154). Haar ma het ‘n ander mening gelug: “Of all my children, you [Tara] were the one I thought would burst out of here in a blaze. I didn’t expect it from Tyler – that was a surprise – but you. Don’t you stay. Go. Don’t let anything stop you from going” (2143).

Uiteindelik besluit Tara: “No future could hold them; no destiny could tolerate him [Gene] and her” (2132). “A fork had come along in the road, and I’d gone one way and he the other” (2379). “I resolved to never again work for my father” (2389). Sy beskryf haar pa as “a hard man” (3520), maar sy wek die indruk van hardkoppigheid en erken dit ook: “For years my father and I had been locked in conflict, an endless battle of wills” (3487). Om universiteit toe te gaan, was die begin van haar “heavy swing into adulthood” (669). Sy het besluit om eerder op haar instinkte as haar ouers se uitsprake te vertrou. “All my life those instincts had been instructing me in this single doctrine – that the odds are better if you rely only on yourself” (1656).

Sy het by Brigham Young University vir die graad BA ingeskryf. Daar was groot gapings in haar kennis. “I had no idea what the teacher meant by the ‘essay form'” (2513). “I thought Europe was a country” (2553). Sy het niks van bv Shakespeare, Napoleon en die Holocaust geweet nie. Daar was baie “black-hole words” (2492) in die klasse en in die voorgeskrewe boeke. Dit was “the shock of learning about my own ignorance” (2503).

Tara het die universitêre leefwêreld as ‘n kultuurskok ervaar. Na die stilte in die berge het sy dit moeilik gevind om by die geraas in die stad aan te pas. Haar klere was anders as dié van die ander studente. “I worried that I might be growing into the wrong sort of woman” (1834). “Dad said a righteous woman never shows anything above her ankle” (1287). Die studente het koffie, Coke en alkoholiese drank gedrink en op Sondae inkopies gedoen, rolprente gekyk en gestudeer; dinge wat sy aanvanklik as sonde beskou en verbode geag het. Sy het begin om medisyne te gebruik en wanneer nodig ‘n geneesheer besoek. “Mother always said that medical drugs are a special kind of poison” (2893). Later verwerp sy poligamie, wat ingevolge Mormonisme toelaatbaar is. “I would never be a plural wife” (3881).

Na haar eerste studiejaar het sy op grond van haar akademiese prestasie ‘n beurs vir die helfte van die tweede jaar se studiegeld ontvang. “Dad said I was becoming ‘uppity'” (2777). Soms moes sy deeltyds werk om haar studie te finansier. Sy was selfs verplig om haar perd te verkoop. Wanneer oor haar familie navraag gedoen is, het sy die inligting verswyg. “I had already betrayed them by failing to love them as I should; the least I could do was stay silent” (3128). Later het sy sover gekom om prontuit die waarheid oor haar kinderjare en familie te vertel. “I decided to experiment with normality” (3351). “I thought I was finally being honest about the life I’d had before” (4263).

Haar pa was nie (heeltemal) verkeerd oor die liberalistiese dosente nie. Tara skryf: “I’d only ever seen one black person, a little girl, the adoptive daughter of a family at church” (2819). In geskiedenis leer sy onvermydelik en tot vervelens toe van slawerny, burgerrregte, Rosa Parks, Emmett Till, Martin Luther King, ens. In haar eerste jaar as student het sy in haar kamer ‘n plakkaat met ‘n afbeelding van King aangebring. Toe haar ouers haar daar besoek, vra haar pa: “Is that Martin Luther King? Don’t you know he had ties to communism?” (3920). In haar dagboek skryf sy toe: “The whole world was wrong; only Dad was right” (3920). Later as student in Engeland verwys sy na “the textile wall hanging a friend from Zimbabwe had brought from his village” (4691).

Sy was uiteraard ontvanklik en gretig vir nuwe kennis, maar weens gebrek aan perspektief pas sy dit soms windskeef toe. Haar broer, Shawn, het die gewoonte gehad om haar as handlanger te gebruik en haar dan as “Nigger” aan te spreek. Gewapen met haar geskiedeniskennis ervaar sy hierdie spotnaam nou as iets vreesliks. “I had started on a path of awareness, had perceived something elemental about my brother, my father, myself. I had discerned the ways in which we had been sculpted by a tradition given to us by others, a tradition of which we were either willfully or accidentally ignorant. I had begun to understand that we had lent our voices to a discourse whose sole purpose was to dehumanize and brutalize others” (2869). Tuisonderrig sien sy nie meer as beskerming teen die liberalisme in die openbare skole nie, maar as ‘n onderskrywing van “white supremacy” (3311). Sy noem “the Holocaust and the civil rights movement” in dieselfde asem (3743). Later word sy ook deur feminisme beïnvloed (4029).

Tara het die graad BA in 2008 voltooi. By die gradeplegtigheid “I was to receive the ‘most outstanding undergraduate’ award from the history department” (3941). Hierna is Tara, danksy ‘n studiebeurs met “full funding” (3843), na Trinity College, Cambridge. Wat haar daar beïndruk het, was die Jamaikaanse rastafariër, Bob Marley (1945-1981), se liedjie: “Emancipate yourselves from mental slavery / None but ourselves can free our mind” (4007). Sy glo en bewys eintlik “life is not a thing unalterable” (4457). Sy het ‘n ver pad gekom van “an ignorant girl who’d crawled out of a scrap heap” (4574) tot in Cambridge. Daar het sy in 2009 ‘n magistergraad voltooi en voortgegaan met doktorale studie.

“There were days when the more I doubted my own sanity, the more violently I defended my own memories, my own ‘truth,’ as the only truth possible” (4594). Tara se ouers, veral haar pa, wou haar steeds tot hulle geloof bekeer. “You have been taken by Lucifer” (4691). “I came to offer you a priesthood blessing” (4711). “I heard myself say no” (4711). “My mother shared my father’s dark vision, that she believed the devil had a hold of me” (4795). “I had come to believe that the ability to evaluate many ideas, many histories, many points of view, was at the heart of what it means to self-create. If I yielded now, I would lose more than an argument. I would lose custody of my own mind” (4742). Sy kry ‘n senu-ineenstorting. “Having sacrificed my family to my education, I might lose that, also” (4774). Sy het by die universiteit om sielkundige berading aangeklop.

Sy het haar doktorale proefskrif oor “family obligation” geskryf: “The family, morality, and social science in Anglo-American cooperative thought, 1813-1890” (4933). Op haar 27ste verjaardag het sy hierdie teks ter verwerwing van ‘n doktorsgraad ingelewer. In 2014 is die graad aan haar toegeken. “My parents had begun telling the extended family that I was possessed” (4966). “I realized that all my siblings, except Richard and Tyler, were economically dependent on my parents. My family was splitting down the middle – the three who had left the mountain, and the four who had stayed. The three with doctorates, and the four without high school diplomas” (5047).

Dit is haar promotor in Cambridge wat Tara aangemoedig het om hierdie boek te skryf. Sy het dit tydens haar verblyf in Londen en in die suide van Frankryk gedoen. Sy assosieer tans net met haar twee broers en met familielede wat nie in die berge woon nie. Met haar ouers, suster en drie van haar ander broers het sy betrekkinge verbreek, maar sluit die moontlikheid van versoening nie heeltemal uit nie. Vir die mense wat uit haar lewe gesluit is, gebruik sy skuilname in die boek. Myns insiens word hulle identiteit daarmee nie afdoende beskerm nie. Ek het ook die indruk dat Tara gebeure soms aangedik het; dat haar boek ‘n vorm van wraakneming kan wees.

Edmund Gosse

Tara se boek laat my dink aan Edmund Gosse (1849-1928) se klassieke boek oor ‘n slegte vader-kind-verhouding; in sy geval ook vanweë godsdienstige indoktrinasie: Father and son: A study of two temperaments (Start Publishing, 1907/2012, 198p; Amazon Kindle $2,27). Edmund se pa, Henry, het aan ‘n christelike sekte, die Plymouth Brethren, behoort en gehoop dat sy seun hom sou opvolg. Soos die Westover-kinders het Edmund tuisonderrig ontvang. Later het hy skool bygewoon en toe ook die eerste keer van Shakespeare gehoor. Die uitbeelding van sy verhouding met sy pa was vir Edmund so pynlik en van so ‘n intiem persoonlike aard dat die boek aanvanklik anoniem gepubliseer is. Die eerste sin van die eerste hoofstuk lui: “This book is the record of a struggle between two temperaments” (Kindle 20), soortgelyk aan wat Tara geskryf het. Hy betreur die “absence of humanity” in sy opvoeding (139). Soos Gene Westover het Henry vas bly glo dat die Wederkoms tydens sy leeftyd sou plaasvind. “Who knows? We may meet next in the air, with all the cohorts of God’s saints!” (2751). Edmund het as volwassene alle betrekkinge met sy pa verbreek. Hy het iemand soos Tara geword “who earns his own living en lives his own life” (2953).

Iedere volwassene is ‘n kind wat grootgeword het. ‘n Mens besef nie altyd watter volwassenes, toe hulle klein en jonk en sag was, deur die harde kante van godsdiens (eintlik mense) gekneus is nie. In hierdie opsig bring die boeke van Westover en Gosse dieselfde boodskap. Hulle boeke en dié van Vance toon dat ‘n mens se jeug permanente sielkundige letsels kan laat; dat jy kwalik jou agtergrond heeltemal kan ontgroei.

Slot

Een van die maniere waarop opwaartse mobiliteit bewerkstellig kan word, is deur universitêre onderrig. Soos in so baie ander opsigte is die ANC-regering se benadering ook in hierdie geval foutief. Die beste manier vir ‘n kind om beter as sy ouers te presteer en meer welvarend as hulle te word, is nie om, soos in kommunistiese lande, gratis (dus staatsgesubsidieerde) universitêre studie aan te bied nie. Wat nodig is, is skoolonderrig van hoë gehalte sodat studente akademies goed toegerus is wanneer hulle universitêre studie aanpak.

Vir diegene wat nie die finansiële middele het om voltyds ‘n residensiële universiteit by te woon nie, moet daar ‘n Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) soos vanouds wees, waar op enige plek in die land vol- of deeltyds studeer kan word. Unisa het voorheen ‘n enkele kampus in Pretoria gehad. Geen residensiële geriewe is verskaf nie. Slegs afstandsonderrig is voorsien. Iedere student was op homself aangewese om suksesvol te studeer. Allerhande duur maatreëls is later ingevoer (soos streekkantore en studiegeriewe en hulp aan hulpbehoewende studente wat akademies nie op standaard is nie). Wat nodig is, is ‘n toelatingseksamen om diegene te weier wat nie suksesvol kan studeer nie.

Afstandsonderrig kan deesdae, danksy rekenaars en die internet, baie doeltreffender as in die vorige eeu verskaf word. Anders as voorheen kan daar deesdae glad nie meer op die posdiens peil getrek word nie. Die hergetransformeerde Unisa sal ‘n e-universiteit moet wees wat kostedoeltreffend bestuur word, sodat die studiegeld, soos voorheen, billik en (maklik) bekostigbaar kan wees. Soos voorheen sal die dosente op akademiese gronde aangestel en bevorder moet word en nie ingevolge polities gemotiveerde ras- en geslagsvoorkeure nie. ‘n Akademies respektabele Unisa waar onderrig ‘n winskoop is, sal in groot mate die druk op residensiële universiteite om gratis onderrig te verskaf, verlig.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.