Sydney Gregan: Die dag van rekenskap is hier!

“As ‘n vyandige mag daarop uit is om jou te oorwin, en al sy hulpbronne en kragte vir die doel inspan, verkeer hy in ‘n staat van oorlog met jou; en jy — tensy jy aan oorgawe dink — verkeer in oorlog met hom. Verder — tensy jy verraad bedink — sal jou doel, soos syne, wees om die oorwinning te behaal. Nie ‘vrede’ nie, maar oorwinning. — Barry Goldwater

Terwyl kommentaar instroom oor die “onverwagte” besluit in die parlement oor grondonteiening, en liberaliste hakkel, stotter en stamel met verskonings oor hulle held Ramaphosa wat hulle dan nou so liederlik in die steek gelaat het, moet een ding nou vir die Afrikaner baie duidelik wees: Die 1996-grondwet en die versekerings daar rondom was ‘n klug. Dit het nasionaliste van meet af geweet en gesê. Hulle is destyds uitgelag daaroor. Die euforie van die “wonderwerk” van 1994 is nou hopelik verby want dit staan nou soos ‘n paal bo water: Die voorgenome onteiening sonder vergoeding-besluit van die ANC en die EFF is ‘n oorlogsverklaring!

Terwyl die Afrikaner nog eiendomsreg gehad het, kon hy nog voortstu om ‘n bestaan te maak in ‘n land wat hom hoe later, hoe meer, vyandig geword het. Met ‘n titelakte in die hand kon baie dinge nog vermag word. Boonop het dit vir swart hordes voedsel in hulle borde gegee, alhoewel meeste gedink het hulle was in elk geval “geregtig” daarop. Dit het darem ook vir ‘n sekere mate van beleggersvertroue gesorg. Ook dit is nou in sy peetjie. Wat oorbly is vir die Anglo-Amerikaanse geldmagte om deur middel van Kommunisme nou vir eens en altyd beheer oor ons land en sy rykdomme te verkry.

Wat mense dalk nie besef nie is dat onteiening in elke Kommunistiese land plaasvind. Die leuen wat egter deur die Kommuniste verdoesel word is dat die land dan aan grondhonger massas gegee sal word. Dit sal nie gebeur nie. Die staat sal die grond besit en individue sal bloot ‘n tydelike verblyfreg op daardie grond hê wat hom of haar enige tyd ontneem kan word. Dis hoe sosialisme werk.

Richard Pipes skryf in Property and Freedom:

… the vast majority of today’s citizens have no inkling to what they owe their liberty and their prosperity, namely a long and successful struggle for rights of which the right to property is the most fundamental.

Eindomsreg spruit voort uit politieke vryheid. Die Afrikaner het sy politieke vryheid verloor in 1994 en om nou ook sy eiendomsreg te verloor, is ‘n noodwendige gevolg daarvan. Dus, die boer se titelakte was in elke geval in gedrang sedert 1994. Dit is die gevolg van die Nasionale Party van Meyer en De Klerk se papbroekigheid om te kruip voor die vyand. Deur nou ook sy eiendomsreg te ontneem, word nog ‘n deurslaggewnde slag teen die Afrikaner se vryheid geslaan.

Alexis de Tocqueville het reeds in Democracy in America gewaarsku teen die toedrag van sake wat gaan heers met die ontneming van die individu se vryheid:

The modern world faces dangers to liberty previously unknown… [Their rulers] will deprive their peoples of liberty by gratifying their desires and then exploit their dependence on such generosity…. The will of the man is not shattered, but softened, bent and guided; men are seldom forced by it to act, but they are constantly restrained from acting; such a power does not destroy but it prevents existence, it does not tyrannize but it compresses, enervates, extinguishes and stupefies a people, till each nation is reduced to be nothing better than a flock of timid and industrious animals, of which the government is the shepherd.

Dalk moet daar nog ‘n bietjie water in die see loop voor die Grondwet gewysig gaan word, alhoewel die tweederde meerderheid reeds daar is, maar intussen skep dit onder meer onsekerheid in die landbou- en eiendomsektor en veral die pryse van plase, word beleggersvertroue verder geskaad, word die massas verder tot wetteloosheid en die besetting van plase met gepaardgaande moord en rooftogte aangemoedig en veroorsaak dit ‘n mismoedigheid onder talle Blankes wat hulle hoop op (die media-geïnstigeerde leuen) van ‘n “beter lewe vir elkeen” geplaas het.

Wat staan ons dus te doen? Die Switserse filosoof Jean Lavater het gesê dat die lafaard nie kan insien dat sy grootste veiligheid in onverskrokkenheid lê nie. Enige party of organisasie wat nou nog, na al die leuens van die ANC (bestuur deur die magte van geld), steeds glo in onderhandeling met die vyand, moet finaal die rug gekeer word. Die ANC is stap vir stap besig om van die Afrikaner slawe te maak. Wil ons net ‘n beter vorm van slawerny beding as ons onderhandel? Die Blanke-hater Malema het klaar begin om die Blankes te paai, en eerder as om weerstand te bied, gaan baie Blankes daarin berus dat hy “darem nog ‘n huis sal hê om in te bly”. Dit sal fataal wees. Die skrif is tog duidelik aan die muur. Hoeveel keer is ons gewaarsku om agterdogtig te wees teen elke daad van betuiging van die vyand?

Ons sal ons rusbanke vir die strate moet verruil. Ons sal optogte moet hou en versetskrifte moet opstel. Ons lydelike verset moet nou momentum kry.

Ons moet besef dat eiendomsreg niks beteken sonder politieke vryheid nie. Daarom: volg dan daardie nasionalistiese leier wat nie wil onderhandel met die vyand oor ‘n volkstaat nie, want ‘n leier wat onderhandel met die vyand wat hom wil vernietig, bedink verraad en ontbreek aan moed en onverskrokkenheid. Ja vermy die vrede van dood wat in elke onderhandelaar se planne skuil en volg daardie leier wat bereid is om nou in die bresse te tree vir ons volk se vryheid.

Die vyand het nie respek vir die Afrikaner nie, omdat die Afrikaner nie meer bereid is om homself te betuig en so trou te wees aan sy roeping om homself te verwesenlik nie. Die Afrikaner se dag het aangebreek om homself te betuig, hy sal daardie dag nie langer kan uitstel nie. Want die “vrede” wat ons so graag wil “bewaak”, is helaas ‘n vrede van dood.

As ons dan eiendomsreg van grond wil hê, besef dan dat dit slegs gewaarborg is in ‘n vrye soewereine Afrikanerstaat!

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.