Brief: Grondonteiening ons eie skuld?

Gister het die parlement ‘n EFF-mosie om die grondwet te verander ten einde blanke plase sonder vergoeding te onteien, met ‘n groot meerderheid aanvaar.

Dit is natuurlik ‘n logiese uitvloeisel van De Klerk se eerlose oorgawe.

Tydens die 70’s het Pik Botha in die VVO verklaar dat apartheid nie moreel verdedig kan word nie. Die meerderheid blankes het dit aanvaar deur volgehoue steun aan die NP.

In die laat 80’s verklaar Afrikaanse kerke apartheid tot sonde. Die meerderheid Afrikaners aanvaar dit sonder enige verset.

In die 90’s verklaar die ANC apartheid tot ‘n misdaad teen die mensdom. Geen haan kraai uit Afrikanergeledere om dit te betwis nie.

Dit beteken logies dat alles wat die Afrikaner besit (eiendom, geleerdheid, pensioen, ens.):

  • immoreel
  • sondig
  • misdadig
    bekom is.

Hierdie aanklagte is deur die meerderheid Afrikaners sedert die 70’s aanvaar soos elke verkiesing en referendum getuig.

Dat die skulderkenning egter tot ‘n vonnis sou lei, het nie by die Afrikaner opgekom nie.

Nou is dit net logies dat dít wat jy immoreel, sondig en misdadig bekom het, roep om restitusie, punt en klaar.

Ek is bevrees ons het al die skietgoed vir Julius en kie. in dié verband gegee deur slapgattigheid.

Iemand het gesê moenie soos ‘n vroumens tjank oor dít wat jy nie soos ‘n man wou verdedig nie.

— Jan Kruger

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.