Dan Roodt: Kultuurmarxisme tref Potch, of hoe intellektuele sifilis in ons land versprei

Ek moet sê, ek raak taamlik bevry van die hoofstroommedia. As ek nie iets in die alternatiewe media lees nie, weet ek nie daarvan nie. Dis nie dat ek nooit CNN kyk nie; ek het lankal opgehou TV kyk. Ek hou van Afrikaans, maar ek kan nie eens TV in Afrikaans uitstaan nie. Soms gebeur dit dat ek iewers op vakansie in ‘n verveelde oomblik die skerm op KykNET instel, maar binne minute begin ek gril. As iemand eers in ‘n sepie begin Engelse clichés gebruik, wil ek liewer in stilte verveeld wees of by die venster uitkyk. Die fauna en flora van ons mooi land is vir my oneindig interessanter as die hoofstroommedia of -TV.

Dus kom ek nou eers via Twitter agter dat daar ‘n ligte herrie sou wees omdat Steve Hofmeyr blykbaar ‘n week of wat gelede ‘n artikel in Rapport oor Jacob Zuma geskryf het, onder die titel “Die val van ‘n vout”. Dis nie vir my goeie Afrikaans nie, maar dit daargelaat.

As jy hou van swart humor, is Afrika ‘n goeie plek om te woon. En Robert Mugabe is ‘n progressiewe staatsman “wat sy land van kolonialisme bevry het”. Ek weet, ek weet, nou klink ek soos die BBC. Dis bloot ligte sarkasme.

Daar is iets sifilities aan woorde soos “progressief”, “bevryding”, “rassisties”, “gelykheid”, “blanke heerssug” en dergelike meer. Soos dit vir my lyk, ly die aanhoudende gebruik van sulke terme tot verrotting van die brein. Iewers in my verwarde jeug herinner ek my ‘n beskrywing wat die Franse skrywer Georges Bataille van sy vader, wat blykbaar aan sifilis gely het, verskaf het. Wanneer die bakterieë van dié geslagsiekte finaal van die brein besit neem, lei dit tot swaksinnigheid en blindheid.

Nietzsche het volgens sy biograwe ook dié siekte by Italiaanse prostitute opgedoen, en daarom aan die einde van sy lewe kranksinnig geraak. Maar selfs sulke verwysings laat dit te veel na ‘n intellektuele probleem klink waarmee ons te kampe het, terwyl ek bloot hier na ‘n gepaste metafoor soek om die “verrotting van die brein” in Afrika en veral Suid-Afrika te verklaar. Dink aan Idi Amin. Of Mobutu. Of Charles Taylor. Of selfs Julius Malema. Die herhaling van Oos-Europese, marxistiese gemeenplase is soos bakterieë wat uiteindelik tot swaksinniggheid lei. Die “voormalige Oos-Europa”, uiteraard. Want deesdae is Oos-Europa vinnig besig om die denksentrum van Europa te word, die laaste buitepos van nugterheid.

Dog die verbasende is hoe vatbaar sekere dom “voormalig Afrikaanse vrouens” vir breinverrotting is. Hoewel, enigiemand kan seker, letterlik of figuurlik, sifilis opdoen. Jy hoef net genoeg kere die woord “progressief” te herhaal. Richard Dawkins se oorspronklike begrip van die “meem” het iets daarvan gehad, as die verspreiding van ‘n gedragsvorm deur herhaling en nabootsing.

Eerder: na-apery. Want geen van die breinverrotte, erbarmlike, “linkse”, sifilitiese, swaksinnige, onbeholpe, vulgêre kritici van Rapport se besluit om ‘n artikel oor Zuma deur Steve Hofmeyr te publiseer, kan eintlik van menslike redenasievermoë verdink word nie. Hulle is reeds te ver heen. Hulle beskik oor die IK’s van bobbejane. Hoewel, soos Eugène Marais in sy Siel van die aap opgemerk het, is die bobbejaan ‘n slim dier en nie ver van die mens verwyder nie. Dus, indien ek Mia Swart of Elmien du Plessis of enige van die kultuurmarxistiese aapwyfies (wat lyk my in ‘n trop binne hul dieretuinhok amok wil maak) met bobbejane vergelyk, is dit nog veels te vriendelik en intellektueel vleiend. Want ‘n bobbejaan of sjimpansee wat ‘n mens na-aap is nog in ‘n mate oulik, terwyl daar niks ouliks of amusants aan dié soort biologiese masjiene is wat geprogrammeer is om oor en oor dieselfde sinnelose snert kwyt te raak nie.

‘n Mens kan daarvoor lag, maar dan net as jy in ‘n ietwat hovaardige of snobistiese bui is. Daar is iets erger as ‘n na-aper en dit is ‘n na-aper van ‘n na-aper. Toe ek destyds aan Wits gestudeer het, was ek reeds tot kotsens toe naar vir die na-apers van Engeland en veral natuurlik die Britse marxiste. Nooit kon ek destyds vemoed dat daar eendag, post-Mandela en die ramp van 1994, na-apers van na-apers van die Britse marxisme aan die Universiteite van Potchefstroom en die (voormalige) RAU sou wees nie. Destyds sou dit wetenskapfiksie gewees het, ‘n wrang grap uit ‘n Kurt Vonnegut-roman.

Professor Elmien du Plessis, asook ene Mia Swart wat haar voorstel as ‘n “visiting fellow at the Brookings Doha Centre and a research director at the HSRC” vaar teen Hofmeyr uit soos Nigeriese straatpredikers wat oor ‘n oop kanaal na die Allerhoogste toe beskik.

Elmien du Plessis van Potchefstroom het darem aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer, daar waar breinverrotting kennelik die graad van ‘n zombie-apokalips bereik het. Wat my vir ‘n sekond of twee geamuseer het aangaande haar tipe graad-agt-opstelletjie in The Citizen, wat blykbaar vanaf ‘n hele linkse eggokamer genaamd The Conversation afkomstig is, is dat haar angsvallige, kinderlike histerie oor Hofmeyr in die naam van “onverdraagsaamheid teenoor die onverdraagsames” nêrens enige verwysing na Marcuse bevat nie. Wat natuurlik in die dwelmbenewelde sestigerjare dié “begrip” – indien mens dit so kan noem – in sy stuk “A critique of pure tolerance” – gemunt het. Karl Marx of Sartre of wie ook al, het mos gesê dat die eerste wêreld hom as klug in die derde herhaal. Wel, hier het ons die derdewêreldse pseudoprofessor wat ‘n gek van haar maak in die “perdekoerant”, soos oorle Chris Louw na The Citizen verwys het.

Ek dink Grace Mugabe met haar twee-maande-Ph.D. van die Universiteit van Zimbabwe is veel slimmer en belesener as Elmien du Plessis, met haar tipe Raka-agtige paringsdans daar vanuit haar beige-en-bruin sitkamer in een van daardie siersteenhuise uit die dae nog voor argitektoniese standaarde gegeld het.

Al slaan Grace Mugabe nou hoeveel gekleurde skoonhede met elektriese kabels, en verteenwoordig dié voormalige “eerste dame” ‘n lagwekkende vlak van vulgariteit en swak smaak, beskik Grace naas ‘n skepsel soos Elmien du Plessis oor die verfyndheid en keurige smaak van ‘n agtiende-eeuse Franse adellike dame, iemand met ‘n salon vol skrywers en kunstenaars waar die gamba-viole weerklink.

Elmien du Plessis is net ‘n soort gatkruiper. Sy het iewers ‘n klok gehoor lui, en weet nie waar die bel hang nie, om nou my oorlede vader se gunstelingspreekwoord aan te haal. Sy is ‘n Marcusiaanse hippie wat nie haar rekenaar behoorlik aangeskakel kon kry nie, omdat sy nooit Rekenaartoepassingstegnologie op skool kon slaag nie. Haar muis kon nie verder as die tien gebooie van politieke korrektheid klik nie, wat sy op so ‘n onbeholpe, vulgêre wyse napraat.

Van Wyk Louw het mos ‘n gedig oor die Spaanse Inkwisisie geskryf met die titel “Die hond van God” waarin hy met fyn nuanse die geestestoestand van so ‘n vervolger beskryf. Ek weet nie wat om Mia Swart te noem nie, en niemand gaan ‘n gedig oor haar skryf nie. Maar moontlik “tender” sy om die titel “Teef van die PK godsdiens”, want sy skryf, verwysende na Steve Hofmeyr:

Whereas apartheid denial has not been criminalised in South Africa, there have been calls from different quarters that actions and statements denying Apartheid should be a matter for the criminal courts. The wisdom of this proposal can be debated but the fact that Holocaust denial is a crime in several countries further indicates that previous public statements made by Hofmeyr (for example that the Sharpeville massacre was not a human rights transgression) could have serious legal repercussions.

Met ander woorde, Steve moet nou vir sy spraakoortredings aangaande die heilige Apartheid (met ‘n hoofletter, let wel) tronk toe gestuur word.

Miskien moet alle Afrikaners sommer net weer in konsentrasiekampe ingebondel word deur al dié vurige “Engelse” (waarvan sommige Afrikaanse vanne het) sodat die Sowjetunie oplaas weer kan herrys, dog dié keer sonder die USSR-simfonieorkes of die Bolsjoi-ballet of ‘n ruimteprogram, en meer soos Mugaap se Zimbabwe.

Dis nogal absurd, maar by implikasie meen Mia Swart dat alle vorme van “konserwatisme” verbied behoort te word. Sy sê, betreffende Steve se artikel:

“Although the content of his article was not explicitly racist, it was certainly conservative to the bone.”

In haar heelal, sal besoekende parlementariërs van die Brise Konserwatiewe Party seker summier by die lughawe in hegtenis geneem word, want “konserwatisme” is taboe.

Ek is al amper so moeg vir links-totalitêre magsfantasieë soos dié van Mia Swart en Elmien du Plessis soos vir TV. Moontlik moet die universiteite in ateljees vir realiteitstelevisie omskep word, ‘n soort dieretuin vir verstandelik vertraagde aapmense. ‘n Paar rekwisiete uit die Sterkfonteingrotte sal seker vanpas wees.

Ook in Rapport het Antjie Krog, alias mevrou Samuel soos ek haar noem, in dieselfde uitgawe as Steve Hofmeyr, een en ander teen witmense kwytgeraak. Dis die hoogtepunt van “progressiwiteit”, as jy soos Julius Malema of Andile Mngxitama die wit ras kwets of dreig. Mevrou Samuel is natuurlik ‘n ekshibisionis wat enigiets sal sê of doen om aandag te trek.

Sy bepleit insgelyks ‘n Sowjetunie wat sy op haar kinderlike manier tipeer as ‘n land waar “witmense baie gee”. Sy kon dit net sowel Zimbabwe 2.0 genoem het, waar politieke korrektheid en linkse gemeenplase in die Engelse taal die omgewing sal definieer.

Solank Steve gesensureer word, glo die “progressiewe dames” dat die werklikheid gemaklik ontken mag word. Al gaan daar binnekort baie nulle op die randnote pryk.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.