Brief: Hoe kan ons ‘dinamies optree’ sonder politieke mag?

Boeremag-aangeklaagdes Dirk Hanekom, dr Johan Pretorius, Wilhelm Pretorius, Rudi Gouws en Tom Vorster... 'nie "kreatief" genoeg nie?' vra Elma Potgieter

“Terug by die opskrif van hierdie rubriek. Ons moet onsself eerlik afvra: Wat het geword van die kreatiewe, dinamiese ondernemingsgees wat so kenmerkend van die Afrikanervolk was? Apatie gaan ons nie uit die gat bekend as die nuwe Suid-Afrika kry nie.”

Ek gaan ‘n verwoede, woedende klip in die bos gooi.

Die beste gedeelte van Leon Lemmer se bydrae: Die kreatiewe, dinamiese ondernemingsgees van Europeërs is die pragkunswerk van Carlo Maratta – Die ontvoering van Europa.

Elma Potgieter

En daarmee probeer ek nie afbreuk doen aan Leon Lemmer se rubriek as onderrigting nie. Ek het dit teen bogaande gevolgtrekking waarmee hy afsluit. Vandag, 24 Februarie 2018, ná die oorgawe van politieke mag van die “Afrikanervolk” sonder slag of stoot, hoewel gepaardgaande met daaglikse deurlopende foltering en bloedvergieting, sonder ‘n formele oorlogsverklaring, kom dit neer op ‘n sinnelose beskuldiging.

Vir die eerste keer in die geskiedenis van die mensdom, my kennis daarvan, is die politieke mag deur die “leier van ‘n volk” oorhandig aan ‘n losse “drie-party-alliansie” bestaande uit ‘n konglomeraat van entiteite. Uiteraard verwys ek na 1993. Ek het daarteen gestem, so ook vele ander van my volksgenote.

Wys my asseblief, Leon, hoe is dit moontlik om “dinamies” op te tree sonder politieke mag om ‘n drastiese verandering teweeg te bring? Bepleit jy ‘n rebellie teen ‘n nou “wettige” regering? Ek erken, dit sou “dinamies” wees… Maar onder omstandighede…?

Daar is van my volksgenote wat tans in die tronk sit – die lede van die Boeremag. Ek skat jy is een van die lede van die “Afrikanervolk” wat sal praat van die “sogenaamde Boeremag”.

Hulle het “dinamies” opgetree. Wil jy te kenne gee hulle was nie “kreatief” genoeg nie?

Dit is deel van die probleem – die “Afrikanervolk” wat na my wete nog nooit in ‘n bona fide oorlog gevoer het vir vryheid nie. My twee oupas, Pieter Andries Goosen en Pieter Jacobus Potgieter het albei aan die Anglo-Boereoorlog deelgeneem. Potgieter was ‘n Boererebel uit die Oos-Kaap en Goosen was ‘n plaasboer-Boer van die Wes-Transvaal wat saam met Cronjé by Paardeberg gevange geneem en na St. Helena verban is.

Die Boere het geveg vir vryheid – ongelukkig die Tweede Vryheidsoorlog verloor en van toe af was ons nog nooit weer vry nie.

Ek het my Boerevoorouers leer ken as individualistiese denkers (van ateïste tot diepgelowiges) en geen haters van enigiemand nie, maar as jou gekose leiers jou uitverkoop vir 30 silwerstukke of ‘n bord lensiesop dompel dit jou in ‘n “staatlose toestand” en so leef ons tans in ons kreatiewe koppe dog staatloos – darem nog nie op straat nie…

— Elma Potgieter – aktrise, skrywer, vertaler.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.