Rekenaars wat aangelos word kos VSA $2,8 miljard per jaar

Deel op
Image“Ek gee toe, ek dink nie veel aan die saak nie. Ek los my skootrekenaar oornag aan omdat ek weet in die oggend neem dit omtrent 5 minute om alles aan die gang te kry, nie net die aanskakel nie, maar ook die verskeie toepassings wat moet oopmaak.”

“Ek begin die dag met die aflaai van my oornag e-pos, filter uit die gemorspos en begin om andersins reg te maak vir die dag,” het ‘n rekenaargebruiker gesê wat anoniem wil bly.

Maar al die vermorsde krag van rekenaars wat snags aan staan tel, en een studie het nou ten einde laaste probeer om dit te meet. Die totaal? ‘n Geskatte $2,8 miljard se vermorsde energie elke jaar in Amerika alleen.

Op die basis van CO2, is dit 20 miljoen ton koolstofdioksied, omtrent die hoeveelheid wat vervaardig word deur 4 miljoen karre op die pad.

купить детский гольф для мальчикаДанильченео

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.