Skryf ‘n brief en wen ‘n boekprys elke week!

Ons weet dat die hoofstroommedia in dié tye van sensuur en politieke korrektheid nie graag kritiese briewe plaas nie. Ons verwelkom egter briewe wat menings uitspreek of sommer net lekker lees as ‘n stukkie Afrikaanse letterkunde. Daarom het ons besluit om tot verdere kennisgewing elke week ‘n boekprys uit te loof vir die beste brief wat in daardie week op ons blad gepubliseer is!

E-pos u brief aan briewe[by]praag.co.za.

Die eerste boekprys sal ‘n eksemplaar van die Duitse Nobelpryswenner Günter Grass se roman, Kreeftegang, wees. Die wenbrief sal weekliks aangekondig word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.