Leon Lemmer: Michael Arnheim oor menseregte

Dr. Michael Arnheim in September 2016, afgeneem in 'n Amerikaanse boekwinkel, Die Tattered Cover Bookstore, Denver, Colorado. Foto: Wikipedia.

Michael Arnheim (gebore in 1944) se pa, ‘n mediese dokter, het in 1933 uit Duitsland na Suid-Afrika gevlug. As 16-jarige het Michael sy studie aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) begin. Hy het sy magistergraad op 21-jarige leeftyd met lof aan Wits behaal. Toe hy 25 jaar oud was het hy sy doktorsgraad aan die Universiteit Cambridge (St John’s College) voltooi. Sy proefskrif handel oor die aristokrasie in die laat Romeinse Ryk. Die teks is in 1972 deur Oxford University Press gepubliseer. Hierna het hy ook navorsing oor die aristokrasie in antieke Griekeland gedoen. ‘n Gevolgtrekking waartoe hy gekom het, is dat daar eintlik net twee regeringsvorme is: oligargie (‘n minderheid regeer) en diktatuur (‘n enkeling regeer).

Dit was reeds vroeg duidelik dat Arnheim intellektueel buitengewoon begaaf is. Ek het hom leer ken toe hy voor sy vertrek na Cambridge die Latynse klasse aangebied het van ‘n professor wat met studieverlof was. My kantoor was by die ingang van die kantoorblok. Arnheim was ‘n naguil. As hy saans kampus toe gekom het en hy sien dat die lig in my kantoor aan was, het hy graag kom gesels. Nie dat ek dit altyd verwelkom het nie, want ek was daar om akademiese werk te doen. Maar hy het interessant gesels en is ‘n mens met intellektuele dieptegang, breë belangstellings en besondere insig. Arnheim se moedertaal en nasionaliteit is Duits.

Op 31-jarige ouderdom is Arnheim as professor en hoof van die Departement Klassieke by Wits aangestel. Sy politiek het nie altyd in die smaak van die linkse dosente en studente geval nie. In 1979 het hy ‘n boek, South Africa after Vorster (Cape Town: Howard Timmins), gepubliseer. Daarin voorspel hy dat daar geen politieke magsdeling in Suid-Afrika gaan wees nie. ‘n Swart oligargie gaan die politieke mag ten koste van die blankes en gewone swartes oorneem. FW de Klerk en sy span onderhandelaars het waarskynlik nooit kennis van Arnheim se tydige waarskuwing en wysheid geneem nie. Deesdae is dit baie duidelik dat daar in 1994 geen politieke magsdeling was nie; net doodgewone magsoorgawe. Deesdae beïnvloed die blankes bv geensins wie die staatshoof is en of en wanneer hy herontplooi word nie.

In 1988 het Arnheim sy eie suksesvolle regspraktyk in Londen begin. Weer eens het hy buitengewone politieke insig getoon deur voor die swart magsoorname te emigreer. Daar is al dikwels beweer dat Jode weet wanneer om ‘n sinkende skip te verlaat. Hy het verskeie gesaghebbende boeke met voortreflike nuwe insigte oor die regspleging gepubliseer. “The Handbook of human rights law, published by Kogan Page in 2004, provided a whole new take on the subject, focusing particularly on the way human rights had been hijacked by special interest groups, made up notably of illegal immigrants, asylum seekers, terrorist suspects and even convicted killers. The theme was picked up in the booklet written at the invitation of the Civitas thinktank titled The problem with human rights law (2015), in which it was argued that the unduly ‘politically correct’ tenor of human rights court decisions in the United Kingdom were largely the fault not of the European Court of Human Rights as the British Government believed but of the domestic judiciary” (Wikipedia).

In Amazon se Kindle-katalogus word laasgenoemde pamflet (50 bladsye, $5,22) soos volg beskryf: “Human rights law has been hijacked in the UK by special interest groups seeking to advance their own rights above those of the rest of the population. The European convention has been repeatedly used in a way that weakens the government’s ability to defend the country from terrorism or to deal with illegal immigrants. But, while there has been a growing clamour for this abuse to be tackled, the real cause of the problem has been fundamentally misdiagnosed. In this forensic study, barrister Michael Arnheim shows how critics are too quick to blame the European Court of Human Rights for the unwarranted extension of the convention’s reach across UK law. In reality, it is Britain’s domestic courts that are largely responsible for this development, while successive governments have been too supine to prevent it happening. Given this misunderstanding of the problem, it is little surprise that current proposals to address it are misguided too. Dr Arnheim details how we have come to this pass and what must be done to address it.”

Onlangs het Arnheim in ‘n nuwe boek oor hierdie onderwerp uitgebrei: A practical guide to your human rights and civil liberties (Straightforward Publishing, 2017, 260p; Amazon Kindle $7,95). Vir blankes in Suid-Afrika is die belangrike gevolgtrekking dat ons skeptisisme oor menseregte nie noodwendig misplaas is nie. Vandaar my en ander Afrikaners se persepsie dat die Menseregtekommissie primêr, indien nie uitsluitlik nie, daarop ingestel is om swartes te bevoordeel en blankes te benadeel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.